Hier is Maroela Media se Top 20 vir die week.
Alles vir die maand Mei 2016
Man jaag glo meer as 240 km/h met kinders in kar
ʼn 38-jarige man sal na verwagting Maandag in die landdroshof verskyn nadat hy glo 245 km/h met ʼn Maserati op die R21-snelweg tussen Pretoria en Johannesburg gejaag het.
Talana doen nou haar eie ding
Talana is gereed om die verlede agter haar te laat en vorentoe te kyk. Sy was van die begin af vasberade om ’n sukses van haar sangloopbaan te maak, en as ’n mens kyk na wat sy tot dusver vermag het, is daar genoeg rede om te glo dat sy nog baie ver sal kom.
Zephany Nurse-saak: Beskuldigde binnekort gevonnis
Die vonnisverrigtinge van die 51-jarige vrou van Lavender Hill in die Wes-Kaap, wat skuldig bevind is dat sy Zephany Nurse 19 jaar gelede ontvoer het, sal na verwagting vandag in die provinsiale hooggeregshof begin.
Die pad na finansiële selfstandigheid vir skole
Afrikaanse skole is baie versigtig om hul kapasiteit uit te brei deur klasse aan te bou, maak nie saak hoe nodig dit is nie. Dit is opvallend hoeveel skole van tydelike klaskamers gebruik maak, maar verkies om eerder beskikbare fondse te beste om hul sportfasiliteite drasties op te gradeer.
Nuuskommentaar: Hoe werk die regering met inligting?
Ons weet van sekere uitsaaivoorskrifte van die SAUK wat dié openbare uitsaaier self bekend maak. Hoeveel voorskrifte en opdragte word egter uitgevaardig maar nie aan die publiek bekend gemaak nie? Op die oog af lyk dit of inligting gesmoor word waar die staat se intelligensiedienste misgetas het om broeiplekke vir ontevredenheid uit te lig.
Kurt Darren laat die dansvoete jeuk met nuwe CD
Die afgelope paar jaar kon liefhebbers van Afrikaanse musiek een ding as vanselfsprekend aanvaar, naamlik dat Kurt Darren teen die einde van die jaar ’n nuwe CD sou vrystel.
Luiperdsliga: koedoe bring stryd tot stilstand
Die wedstryd tussen Rustenburg Warriors en Koster in die Jaap Steynliga Saterdag op Koster is tot stilstand gebring toe `n jong koedoe skielik sy verskyning op die veld gemaak het.
Zuma ‘ingelig’ deur minister wat Burundese vrou na SA bring
Pres. Jacob Zuma is deur die minister van verdediging ingelig oor die omstandighede rondom die bewering dat sy ʼn jong Burundese vrou onwettig die land “ingesmokkel” het.
Vrou vas oor dwelms in rugsak
Volgens Memela is wit poeier in ʼn spesiale kompartement van die rugsak gevind en het dit positief getoets vir kokaïen.
Drie sterf in Vrystaat-botsing
Drie mense, onder wie ʼn kind, is dood en vyf beseer in ʼn botsing op die R30 tussen Virginia en Theunissen in die Vrystaat.
Gedagte vir die dag: Alles ten goede
‘Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg.’ (Matteus 5:11–12)
WP-liga: Hammies skrik groot; Belhar verras
Die Westelike Provinsie (WP) se Superliga A het Saterdag twee eersteklas verrassings opgelewer voor die vyftienmanspel `n wyle vir die sewessiklus moet plek maak.
Griekwasliga: Victoria-Wes-span daag Prieska
`n Nie te groot nie sege van Victoria-Wes se Western Force Saterdag oor Rivertons besorg hom ewe veel (10) op die punteleer as die voorloper Prieska-Dorp.
Sandveldliga: vier deurslaggewende stryde wag
Groot afwagting heers in die Griffons se Sandveldstreek waar vier wedstryde Donderdag bepalend sal wees in die aanloop tot die uitspeelwedstryde.
BBRU-liga: Tukkies begin sake deurmekaar krap
Die opwinding in die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se Carltonliga A duur voort en dit lyk of die Tukkies sake in die tweede helfte wil deurmekaar krap.
Goue Beker: vegter verteenwoordig Zimbabwe
Die span wat Zimbabwe later vanjaar in die oop klubs se eerste internasionale reeks om die Goue Beker verteenwoordig, moes Saterdag groot veggees aan die dag lê om `n vurige teenstander onder te sit.
‘Rassistiesste advertensie nóg’
ʼn Maatskappy wat waspoeier vervaardig in Sjanghai, China, moes die week bontstaan nadat sy jongste advertensie beskryf is as die “rassistiesste advertensie nóg”.
Presidensie vaar uit teen berigte oor Zuma-vliegtuig
Die presidensie het uitgevaar “teen nog ʼn misleidende berig in Naspers-titels” oor pres. Jacob Zuma se vliegtuig en vlugte.
Steve Hofmeyr praat in buiteland oor Afrikaners
Die sanger Steve Hofmeyr sal dié week op uitnodiging onder meer toesprake lewer in Den Haag en Antwerpen in Nederland oor die toekoms van Afrikaners in Suid-Afrika.