ʼn Man is Vrydag by sy huis in Pretoria in hegtenis geneem, nadat hy ʼn gewapende man doodgeskiet het wat by sy huis wou inbreek.
Alles vir Vrydag 15 Julie 2016
[Entrepreneurskap] Hoe om ʼn sakenetwerk op te bou
Karen Metz is die uitvoerende direkteur van die BNI-Tshwane-streek. BNI (Business Network International) is die grootste sakeverwysingsnetwerkgroep in die wêreld. Sy het in 2015 sowat 300 sake-eienaars gehelp om meer as 64 miljoen rand se besigheid onder mekaar te verwys.
Oningeligte publiek verloor lewenskragtigheid
Nou is daar ʼn groot kwelvraag. Wat gebeur as die SAUK die uitdruklike bevinding van Okosa ignoreer?
Video: Eerste kykie na ‘Vir die voëls’
Die lusmakerlokprent vir die Afrikaanse fliek, Vir die Voëls, is Donderdag amptelik bekendgestel.
[Video] DKD-werknemers moet bevorder word, terugwerkend vergoed word
Die konstitusionele hof in Braamfontein het vandag beslis sewe werknemers van die departement van korrektiewe dienste (DKD) moet bevorder en terugwerkend vergoed word.
Leer hoe om self kaas, jenewer en whiskey te maak by ‘Finery Fair’-fees
Werkswinkels, soos hoe om kaas, jenewer en whiskey self by die huis te maak en die kuns van fermentasie, word aangebied by die Finery Fair-fees wat in September in Pretoria aangebied word.
McGregor bloei, maar vergroot voorsprong
Selfs ʼn oorhangende tak, wat hom ʼn lelike sny aan sy gesig besorg het, kon die voorloper en tienmalige kampioen van die Bergrivier-kanomarathon, Hank McGregor, nie verhoed om sy voorsprong na Donderdag se tweede skof na Bridgetown te vergroot nie.
Curiosity weer vlot
Nasa se robottuig op Mars, Curiosity, is weer ten volle funksioneel nadat sy rekenaar byna ʼn week gelede na veilige modus oorgeskakel het en die tuig feitlik alle funksies gestaak het.
Woord: kollega
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord “kollega”
Twee sterf in Suidkus-botsing
Twee mense is Vrydagoggend dood, nadat drie voertuie op die N2-snelweg buite Hibberdene in KwaZulu-Natal gebots het.
365 dae na die dood van ʼn kind
365 dae gelede moes ons afskeid neem van ons blommekind. Drie honderd vyf en sestig dae. Sonder haar liefde, haar omgee, haar passie en aansteeklike lag. Hoe oorleef ʼn ouer die seer as die dood jou kind van jou kom wegruk? Hoe keer mens dat jou huwelik nie ook sneuwel nie? Hoe funksioneer ʼn gesin wanneer een gesinslid kort?
Wat is my rol in die verkiesing?
Dit is weer verkiesingstyd in ons land. Op 3 Augustus 2016 word van jou verwag om jou stem uit te bring ten opsigte van jou eie leefruimte. Jou stem tel beslis en daarom is dit noodsaaklik om te gaan stem.
[Resep] Karamel en grondboontjie-yskastert
So ietsie soets vir die naweek doen mos nie skade nie, of hoe?
ToekomsVenster: Spreek lewe, maar leef dan wat jy spreek
Inderdaad. Spreek lewe, maar leef dan wat jy spreek. Bou verhoudings. Nooi ander in jou lewensruimte in. Stel mense aan Jesus voor. Wees op jou knieë. Soek God in hierdie dae.
Kettingwinkel in Bethlehem beroof
Die polisie in Bethlehem in die Vrystaat is op soek na vier verdagtes in verband met ʼn rooftog by ʼn gewilde kettingwinkel op die dorp.
Nuuskommentaar: Zuma se rasbenepenheid ontbloot verwysingsraamwerk
Skaars terug uit Frankryk, waar die SAUK hom o tog so presidensieël laat lyk het en hy selfs vir die Franse ekonomiese advies gegee het, het pres. Jacob Zuma weer sy voet in ʼn besigheid gesit wat kon gebly het, veral so kort voor ʼn verkiesing. Met ʼn ligte plofslaggie is die presidensiële beeld net poef!, weg.
[Video] Dans, pappa, dans!
ʼn Video van ʼn groep mense wat by ʼn vulstasie dans, versprei soos ʼn veldbrand op Facebook.
Kroegbaas vas vir omkopery
ʼn 46-jarige eienaar van ʼn Kaapstadse kroeg is in hegtenis geneem nadat hy glo probeer het om die polisie om te koop.
Minstens 80 dood in ‘terreuraanval’ in Frankryk
Die noodtoestand wat sedert November in Frankryk van plek is, is verleng na ʼn dodelike aanval in Nice, waarin minstens 80 mense dood is.
Vrou vas oor tik op lughawe
ʼn 34-jarige vrou is by die Kaapstad Internasionale-lughawe in hegtenis geneem.