Boerpampoen, groenpampoen, groot, lelik, uniek – skryf hulle in vir die Goliat van Gat-pampoengroeikompetisie en staan ʼn kans om ʼn kontantprys wen.
Alles vir Maandag 7 November 2016
Julius Malema gaan Wet in hof daag
Julius Malema, leier van die EFF, het Maandag in die Newcastle-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn.
Heeltyd speeltyd met nuwe Ducati Scrambler
Ons wat oud genoeg is, sal sekerlik vir Kerrie en Borrie onthou, die twee gifappeltjies wat deur die Geel Heks gestuur is om die silwer roos uit Blommeland te steel. En ou Liewe Heksie wat heeltyd onwetend hul planne in die wiele gery het. Die Ducati Scrambler wat ek onder hande gehad het, is net soos die gifappeltjies: helder geel en baie ondeund.
Twee wat verdrink was UJ-studente
Die twee studente, wat die afgelope naweek by ʼn lodge buite Pretoria verdrink het, was op ʼn spanbou-uitstappie saam met ʼn daghuis van die Universiteit van Johannesburg (UJ).
UJ student glo deur veiligheidswag doodgeskiet
Die bestuur van Universiteit van Johannesburg het reeds met die familie vergader om hul opregte medelye uit te spreek.
Clive Derby-Lewis dan begrawe
Clive Derby-Lewis word vandeesweek begrawe nadat hy verlede week in die ouderdom van 80 oorlede is.
Waterreserwes gebruik om Gauteng se waternood te verlig
Die departement van water en sanitasie het gesê waterreserwes van die Vrystaat se Sterkfonteindam sal Maandag beskikbaar gestel word vir die Vaaldam, wat byna leeg is.
Drie Pta-kitskosrestaurante gelyktydig beroof
Drie kitskoskosrestaurante is Sondagaand in die noorde van Pretoria gelyktydig beroof, kort voor sluitingstyd.
Nuuskommentaar: Probeer nét aan Pravin te vat!
Die oproepe op die publiek om druk op die Nasionale Vervolgingsgesag te plaas om sy vervolging van minister Gordhan te staak, het min of meer…
Aardbewing weens ‘skaliegasontginning’ rig groot skade aan
ʼn Aardbewing het groot skade in Cushing, in die Amerikaanse deelstaat Oklahoma, aangerig.
Twee sterf in liefdesdriehoek
ʼn Man (42) is die naweek in Kroonstad in die Vrystaat in hegtenis geneem in verband met die moord op sy vrou en haar vermeende minnaar.
Julius Malema in hof
“Ons is ten volle bewus daarvan dat die aanklagte [teen Malema] ʼn politieke besluit van ʼn gekaapte regering is, wat ongetwyfeld besig is om ʼn outoritêre regime te word en enigiets moontlik sal doen om sy korrupte winste te verdedig.”
Oorsee? Kom huis toe met Cell C: Stem nou vir die wenner
Maroela Media, Cell C en gemeenskapsradiostasies moet nou ʼn waardige wenner kies van gesinne wie se geliefdes oorsee woon om ʼn Suid-Afrikaanse Kersfees te wen ter waarde van R200 000. Stem nou!
Sou Breyton Paulse dié Fidjiaan kon keer?
Sergeal Peterson moet by Breyton Paulse gaan kers opsteek .
‘Molefe moet onder eed getuig’
“Molefe het gerieflikheidsonthalwe probeer om die verdoemende onthullings in die openbare beskermer se staatskaping-verslag tydens mediakonferensies weg te verduidelik.”
Man vas na hy glo regter se handtekening vervals
ʼn Beweerde bedrieër, wat sedert 2012 voortvlugtend is, is deur die Valke in hegtenis geneem.
Vier kinders sterf in botsing
Vier kinders is dood in ʼn botsing tussen ʼn bakkie en ʼn motor op die N14, buite Kuruman in die Noord-Kaap.
Oom Herrie se kerrie: Gaan Mars teen Aarde oorlog maak?
“Ons intelligensie dui daarop dat dit onnodig is. Daar is iemand in bevel wat alles baie vinniger vernietig as wat ons met die Superlaser kan regkry. Hulle noem daardie man Jacob.”
Gedagte vir die dag: Belê in hemelse dinge
Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare, want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare vir altyd. (2 Korintiërs 4:18)