Indien jy nog nie na die finale episode gekyk het nie, moet jy eerder nie hierdie berig lees nie, anders gaan jy sien wie gewen het.
Lees meerAlles vir Donderdag 16 Augustus 2018
Peuter se liggaam 2 weke later uit rivier gehaal
Die seuntjie het laatmiddag met sy maatjies gespeel toe hy glo in die rivier ingestamp is.
Video: Mense op dak vasgekeer toe brand uitbreek
Vier brandweerwaens en talle polisievoertuie het na die toneel gehaas waar ʼn oënskynlik residensiële gebou in ligte laaie was.
3 dood, 15 beseer toe taxi en bus bots
“Die moontlikheid van verdere sterftes is nie deur die nooddienste uitgeskakel nie.”
Aretha Franklin se oorsaak van dood bekend
“In een van die donkerste oomblikke van ons lewe het ons nie die gepaste woorde om die pyn in ons harte te beskryf nie. Ons het die matriarg en rots van ons familie verloor.”
‘Bendelid’ voor leerders aan die brand gesteek
Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, sal Vrydag ʼn hoërskool aan die Oos-Rand besoek waar ʼn vermeende bendelid vandeesweek ten aanskoue van leerders aan die brand gesteek is.
Mooinooi-saak: Aanklagte teen 3 beskuldigdes teruggetrek
Drie van die agt mense wat aangekla is van die ontvoering en moord op Anisha (30) en Joey (32) van Niekerk van Mooinooi in Noordwes, kon Vrydag vry uit die Brits-landdroshof stap nadat al die aanklagte teen hulle teruggetrek is.
ToekomsVenster: Aanhouer wen
Vertrou Hom en bly bid en waak. Dis ook ’n vorm van geloof.
Man met vals bom laat vaar borgtog
ʼn Man wat in hegtenis geneem is in verband met ʼn toestel wat soos ʼn bom gelyk het, het Donderdag sy borgtog-aansoek laat vaar. Die bom is vroeër vandeesmaand by die Taqwa-moskee in Vereeniging, Gauteng, geplant.
Aretha Franklin oorlede
Die Amerikaanse sangeres Aretha Franklin (76) is Donderdag by haar huis in Detroit in die VSA oorlede. Daar is vroeër die week berig Franklin is…
‘Springs-monster’ het vrou én kinders gemartel
ʼn Volgepakte hof het Donderdag die gru-dade aangehoor wat ʼn ma en vyf kinders moes verduur aan die hand van die sogenaamde Springs-monster, ʼn 39-jarige voormalige sakeman aan die Oos-Rand.
Die wêreld in foto’s – 16 Augustus 2018
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Poemas breek óók eie reël, kies oorsese kragman
Die All Blacks se diepte maak dit onnodig om sulke voorskrifte te maak, maar hul drie vennote in Sanzaar se Rugbykampioenskap het nou almal hul selfgeskrewe spankiesreëls verbreek.
Maatskaplike werker molesteer glo ook kinders
Die man is na ʼn skool gestuur om bewerings van seksuele aanranding te ondersoek en het na bewering toe ook kinders seksueel aangerand.
Boer wat plaaswerker vermoor hoor oor appèl
Hy is daaraan skuldig bevind dat hy ‘n plaaswerker in 2015 met ʼn graaf geslaan en toe agter ʼn kwadfiets aangesleep het.
Talle nuwe gesigte vir ‘Suidooster’
Aanhangers van die kykNET-sepie Suidooster kan in die volgende paar weke uitsien na ʼn paar nuwe gesigte in Ruiterbosch.
Tel jou woorde – Watter soort blink is jou medalje?
Is dit nou ʼn “silwermedalje” of ʼn “silwer medalje”? En wat maak ʼn mens met die kinders wat iets gouds gekry het? Is dit ʼn “goudmedalje”, ʼn “gouemedalje” of ʼn “goue medalje”? Woordeboeke se raad is nie eenvormig nie, en die verwarring kring wyd. Sophia Kapp neem die kwessie onder die loep.
Transnet-hoof, 2 ander ontvang skorsingsbriewe
Dié besluit kom ná verslae van Werksmans Attorneys en forensiese ondersoekers “verskeie gevalle van moontlike wangedrag teen die drie werknemers” aan die lig gebring het.
Nuwe wet sal ‘afskuwelike porno maklik toeganklik maak’
Die wysigingswetsontwerp word deur verskeie organisasies verwelkom wat ten gunste van vryheid van spraak en teen sensuur is, maar terselfdertyd veroordeel deur verskeie organisasies wat teen toegang tot pornografie gekant is.
Bokke: Gedugte pak en opwindende jong driekwarte gekies
ʼn Goeie en ervare pak met vier terugkerendes, ʼn “groentjie”-agterlyn en ʼn bank gelaai met opwindende spelers.