ʼn Verrassing op losskakel, en hul twee vernaamste spelers wat fiks is vir Saterdag se toets teen Suid-Afrika, is die kenmerk van die Wallabies-span wat Donderdag deur hul afrigter Michael Cheika aangekondig is.
Alles vir Donderdag 6 September 2018
‘Rentekoersverhogings op die kaarte’
Suid-Afrikaanse ondernemingseienaars moet hul ondernemings posisioneer vir die moontlikheid op rentekoersverhogings deur die sentrale bank oor die volgende twee jaar.
Boer met graaf aangeval: ‘Dis ʼn wekroep vir die Noord-Kaap’
“ʼn Man van 81 jaar oud wat steeds vroeg opstaan om sy boerderytaak aan te pak, is ʼn voorbeeld in ʼn land waar werkloosheid epidemiese afmetings aanneem. Pleks dat hy gevier en waardeer word, is hy op só ʼn wrede manier aangeval.”
Taalgebruik: Baan of laan?
Ry jy in ʼn baan of in ʼn laan? Taaltoffie stel ondersoek in.
Aptekersraad bekommerd oor misbruik van medisyne
Tydens die studie het 2% van respondente aangedui dat hulle medisyne wat kodeïne bevat gebruik vir die “die ervaring of gevoel eerder as die medisinale effek”.
MotoGP: Ducati wil momentum behou
Die aandag verskuif dié week na die San Marino MotoGP.
Tekenprent: Laat hulle koek eet!
Die tekenprentkunstenaar Jerm meen die politici word klaarblyklik nie geraak deur die veiligheidskwessies, resessie en enige ander probleme wat die gewone mens op straat beleef nie.
2 van 3 moordbeskuldigdes weer vas oor nóg ʼn moord
Die moontlikheid word ondersoek dat die beskuldigdes met tot ses moorde verbind kan word.
Vandag se sportnuus
Die Springbokspan wat Saterdag in die Rugbykampioenskap teen Australië speel toon verskeie veranderinge. Daar is ʼn nuwe voorry, geskommelde lostrio asook nuwe losskakel- en senterkombinasie.
Boek: Waar’s Willie? In Hollywood
Meer as 70 miljoen eksemplare van hierdie soekboek is al verkoop en die Waar’s Willie-reeks is beskikbaar in 31 tale.
Rassie verras toe (wel) met Bongi en Elton
Dit was toe nie net spoke wat opgejaag is nie. Die Springbokke pak die Wallabies Saterdag in Brisbane sonde hul enigste baljagter, Malcolm Marx, en Elton Jantjies het die jawoord bo Handré Pollard op losskakel gekry.
RDM beloof ‘volgehoue ondersteuning’ aan gesinne ná ontploffing
Norbert Schulze, uitvoerende hoof van RDM, het gesê daar is nou niks belangriker as om ondersteuning en sorg aan die gesinne betrokke in “dié hartverskeurende voorval” te bied nie.
‘K-woord-kaptein’ ontken skuld
Kapt. James Henrico, verbonde aan die Pretoria-Sentraal-polisiestasie, word daarvan beskuldig dat hy van so ver terug as 2016 rasgelaaide opmerkings teenoor sy kollegas maak en hul verbaal teister.
Man jaag met Downsindroom-kind (34) weg toe pa in winkel is
Ryan Meyer (34) het vir sy pa in die motor gewag terwyl hy in die winkel besig was.
Vonke spat by grondverhore
Die spanning onderliggend aan die gronddebat en die konsep van onteiening sonder vergoeding het Woensdag in die parlement na die oppervlak geborrel toe mense twee keer hul humeure verloor het.
Die VSA, hommeltuie en militêre basisse in Afrika
O ja, en dan het ons nog nie eens van kernbomme gepraat nie. Onthou, Amerika is nog die enigste land wat dit al gebruik het, en teen burgerlikes nogal!
Podlitiek: Steve sê nee, SA se BBP, Theresa May verleë
In die nuutste episode van Podlitiek raak die span, soos altyd, handgemeen met onsekerheid, onkunde en onwaarheid – maar nou ook in ʼn video!
Gedagte vir die dag: Gebed is die antwoord
Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses. (Psalm 34:19)