Dit wat jy deur die loop van die dag doen, kan ʼn groot invloed hê op hoe jy daardie aand gaan slaap. ʼn Vakansie is die ideale tyd om te toets watter slaaproetine die beste vir jou werk.
Alles vir Dinsdag 18 Desember 2018
Wat lê vir Tamaryn Green voor in 2019?
Green kom nie met leë hande huis toe ná afloop van die Mej. Heelal-kompetisie nie.
Ouers erg getraumatiseer ná 7-jarige se onverwagte dood
“Dit het eers gelyk asof Danny nie besef wat gebeur het nie, maar hy begin darem nou al vrae vra. Daar is ʼn bietjie vordering.”
Nuuskommentaar: Die Nugent-verslag en wysheid en insig
Maroela Media het besluit om dié feesseisoen vir lesers minder negatiewe nuus aan te bied. In hierdie nuuskommentaar word nou wel nie goeie nuus gebring nie, maar daar is probeer om die swaarmoedigheid te verlig deur dit in te kleur met wyshede, dikwels tong-in-die-kies bedoel, van afgestorwe wyses uit ’n verskeidenheid tydvakke van die geskiedenis.
Talle jaagduiwels op paaie aan Oos-Rand vasgetrek
Die spoedvrate het ʼn verskeidenheid verskonings vir hul spoedoortredings aangebied, van ʼn passasier wat glo asma het tot een wat beweer het dat hy deur ʼn verdagte voertuig agtervolg is.
Vrou steeds in koma ná Modimolle-skietery
Chrisna se man, Botes van der Merwe (46), is drie keer in sy bors en maag geskiet in die voorval verlede Dinsdag in hul huis op die landgoed Koro Creek.
Luister: Wiele2Wiele se hoogtepunte vir 2018
In die laaste aflewering vir die jaar gesels Wiele2Wiele oor die hoogtepunte van 2018.
ANC verwelkom erfenisstatus vir Bo-Kaap
“Ons is bly oor dié aankondiging, want dit gee inwoners van die Bo-Kaap die versekering dat die ANC-regering by hulle staan.”
Varsgebekkig: Iemand weet nie waar sy/haar vierkantswortel sit nie
Die Varsgebekkig- uitdrukking van die week is “iemand weet nie waar sy/haar vierkantswortel sit nie”
Taaltoffie: “free-range”
Wat maak ons met “free-range” in Afrikaans? Taaltoffie stel ondersoek in
Arbeiders se leier wil Theresa May tot ʼn val bring
Corbyn het ʼn beroep op LP’s gedoen om te verklaar dat hulle “geen vertroue in die eerste minister het nie”.
Byna 1 000 dié langnaweek in Gauteng aangekeer
Wetstoepassers in Gauteng het die naweek amper 1 000 mense tydens verskeie padblokkades en klopjagte in talle dele van die provinsie in hegtenis geneem. “Die [sowat]…
Herbert: ‘Ek onthou die nag in Sydney asof dit gister was’
Llewellyn Herbert was een van SA se top-atlete en deesdae is hy ’n kommersiële agent vir Outsurance.
Só staan sake vir SA se ekonomie in 2019
Die afgelope jaar was bitter, taai en uitdagend. Nog van dieselfde word volgende jaar verwag in die aanloop tot die algemene verkiesing voor die mark en ekonomiese omstandighede hul kop sal lig.
Oud-Prasa-hoof sê hy is hieroor afgedank
Letsoalo het Maandag tydens ʼn mediakonferensie in Pretoria sy stilte verbreek ná sy afdanking in Februarie verlede jaar nadat hy daarvan beskuldig is dat hy sy salaris met 350% verhoog het van R1,3 miljoen tot R5,9 miljoen.
Vandag se sportnuus
Die eerste toets tussen Suid-Afrika en Pakistan begin aanstaande Woensdag in Centurion.
83 stakende mynwerkers vas
Volgens die polisie is daar tydens die inhegtenisnemings op 92 gevaarlike wapens beslag gelê,
Wes-Kaapse ANC veroordeel plaasmoorde
Die ANC in die Wes-Kaap het gesê elke plaasaanval is ʼn aanval op die land, sy mense en voedselsekerheid.
Gedagte vir die dag: God se Vreugde-Kind is hier
Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir almal in wie Hy ’n welbehae het. (Lukas 2:14)