Vragmotors is aan die brand gesteek en motoriste is met klippe bestook.
Alles vir Dinsdag 1 Oktober 2019
Video: Hawelose vrou met die stem van ʼn engel
ʼn Video van ʼn hawelose vrou wat opera sing het sosiale media gaande en gebruikers meen sy moet eerder op ʼn verhoog verskyn.
Dawie Roodt: Rommelstatus is beslis, maar daar is pluspunte
Hy sê dat die plaaslike finansiële sektor uiters goed gereguleer is, dat dit likied en gesofistikeerd is. “Dit bied aantreklike opbrengste op ons staatseffektemark, wat beleggers weer na Suid-Afrika kan lok.”
Nuuskommentaar: Nuwe Vlaamse regeerakkoord ʼn ‘handboek’ vir SA?
Die akkoord van 300 bladsye kan in ’n sekere sin as ’n klein Kodesa beskou word, en Suid-Afrika kan heelwat leer uit die proses.
Resep: Geroosterde pampoen met dukkah
Vandag is Wêreld Vegetariese Dag en Armand Aucamp bederf ons met ’n heerlike vegetariese resep uit sy kookboek Armand kook kaal.
Transnet-werkers ‘byt spit af weens staatskaping, vandalisme, diefstal’
Die vervoervakbond Untu het gesê hy verwelkom die vordering wat die afgelope ruk by Transnet gemaak is, maar dat gewone werkers steeds boet vir besluite op topbestuursvlak waarin hul geen aandeel gehad het nie.
AB gaan die krane in Australië oopdraai
Sterkolwer teken kontrak met Brisbane Heat.
Vandag se sportnuus
Bongi begin bó Malcolm op haker en g’n plek vir S’bu.
Uitdrukking: ʼn Paar kruisies agter die rug hê
Hoekom verwys “‘n paar kruisies agter die rug” na iemand wat al bejaard is en wat het dit met ‘n koei te doen? Taaltoffie stel ondersoek in
Trauma met telebemarkers
Ek kry minstens drie keer per week oproepe van vreemdelinge wat die een of ander produk aan my wil verkoop – meestal selfoonprodukte of versekering. (Die gemiddelde Suid-Afrikaner ontvang blykbaar 15 van hierdie ongevraagde én onwelkome oproepe per maand.)
Jan Taks in Oktober ook Saterdae oop
Belastingbetalers is ook weer herinner aan die sperdatums vir die indien van persoonlike belastingopgawes.
Ramaphosa se nuusbrief: ‘Verandering vat tyd’
Die president sal voortaan elke week ʼn nuusbrief, getiteld “From the Desk of the President”, uitreik waarin hy van die kwessies wat vir Suid-Afrikaners van belang is en hulle bekommerd maak, sal hanteer.
Nuwe regulasies gou in plek ná listeriose-uitbreking
Nuwe regulasies om die Suid-Afrikaanse verbruiker te beskerm teen die gesondheid- en veiligheidsrisiko’s wat die produksie van verwerkte vleisprodukte inhou, tree vandeesmaand in werking.
Gedagte vir die dag: “Maak soos ek …”
En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen … (Filipense 4:9)