Inligting uit die gemeenskap het tot die inhegtenisneming van ʼn verdagte gelei.
Alles vir Woensdag 21 Oktober 2020
Kaapstad: Waterbeperkings opgehef; tariewe verlaag
Danksy die stad se bestuur het hy gegaan van een van die ergste droogtes wat die stad in jare geteister het, na vol damme en geen beperkings nie.
Chaos breek uit in Lagos midde betogings
Betogings oor polisiebrutaliteit duur al 12 dae lank in Lagos, Nigerië.
Rowers wat kerk probeer beroof vinnig vasgetrek
“Toe ek my hand uitsteek om ʼn papier te kry om die kerk se e-posadres neer te skryf, het die een ʼn vuurwapen uitgepluk en op my gerig.”
Coca-Cola groet TaB na amper 60 jaar
Nadat Suid-Afrikaners reeds getraumatiseerd was deur die aankondiging vroeër vanjaar dat Nestlé Chocolate Log van die mark af gaan haal, moet ons nou aanvaar dat die gewilde dieetdrankie TaB ook nie meer beskikbaar gaan wees nie.
Vandag se sportnuus
Karla Pretorius is vir die derde agtereenvolgende jaar as die Aussie-span se beste aangewys.
Luister: Studenteprojek word volwaardige rolprent met ‘Die Parkie Storie’
Bekendes soos Chris Chameleon, Angelique Potgieter, Robbie Wessels en Riaan Cruywagen verskyn ook in kameerolle.
Solidariteit gaan reusenetwerk van gildes vestig
“Die vestiging van die gildes gaan een van die grootste groeifases nóg vir Solidariteit inlui. Ons gaan beroepe organiseer wat nie tradisioneel deur Solidariteit georganiseer was nie.”
Oorweeg ʼn detoks vir jou psigiese welstand
As jy jou emosionele en sielkundige welstand vandag moes beoordeel, watter punt uit tien sal jy vir jouself wou gee?
Landdros vervolg ná private vervolgingseenheid ingryp
Die organisasie sê die saak is ook deur die “gebruiklike probleme van onvoldoende terugvoer aan klaers en ’n verlore saakdossier belemmer”.
Tsakani Maluleke as nuwe OG voorgestel
Haar voorganger, Kimi Makwetu, is wyd gerespekteer.
Covid-19: Twee derdes van staat se besteding dalk korrup
Wetstoepassingsagentskappe se terugvoer oor ondersoeke na besteding van die staat se Covid-19-noodfondse skets ʼn donker prentjie van korrupsie.
Covid-19-statistieke: 164 nuwe sterftes
Altesaam 1 050 nuwe gevalle is teen Dinsdagaand bevestig.
Gedagte vir die dag: Donkerwerk
Laat ons dan ophou met die werke van die duisternis … (Romeine 13:12)