Eskom en City Power het ʼn ooreenkoms aangegaan oor die “moontlike oordrag” van kragverspreiding in Johannesburg.
Alles vir Vrydag 15 Oktober 2021
Polisiemanne tronk toe vir moord
Die polisiemanne het Phikolomzi Tsatsi erg aangerand en toe ure lank met hom in die vangwa rondgery voordat hy na ʼn hospitaal geneem is.
Lara dink AB moet die trekpas kry
“Waarom wil jy vir AB de Villiers behou as hy nie lopies slaan of jonger word nie?”
Podlitiek: Lesufi van lotjie getik en De Ruyter en Eskom-terugblik
In dié week se episode gesels die Podlitiek-span oor Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, se jongste uitlatings oor Orania, en word die situasie by Eskom en André de Ruyter se prestasie onder die loep geneem.
Afrikanerkultuur veel meer as braaivleis, rugby en sonneskyn
Braaivleis, rugby en lekker musiek is sekerlik ook deel van die Afrikaner se kultuur, maar kultuur is veel meer. Dis ’n leefwyse; dit is wie en wat ’n groep is en waaraan hulle as vanselfsprekend glo.
Die beste 911 in die reeks?
Dit is bitter maklik om die GTS op te som. Dit is waarskynlik die beste 911 in die reeks, en nog ʼn treetjie vooruit vir 911.
‘Motordiewe’ loop hulle vas by winkelsentrum
Lede van Fidelity ADT het die boewe op heterdaad betrap en ʼn jaagtog het gevolg.
Hollywood: Banksy-kunswerk haal miljoene; eiendomsmagnaat (78) lewenslank gevonnis vir moord
Durst het getuig dat hy nie een van die twee vroue vermoor het nie, maar tydens kruisverhoor het hy gesê hy sou lieg as hy moes.
Opgee van vryhede sal dekades by ons spook
Die grense wat vandag afgebreek word kan nie sonder meer herleef wanneer ons tevrede is dat Covid-19 onder beheer is nie.
Tieners kan van volgende week ingeënt word
Tieners het boonop nié die toestemming van hul ouers nodig om die entstof te ontvang nie.
Hamilton nie van plan dat Russell sy kollig steel
“Ek weet dat hy vinnig gaan wees en dat daar wel kere sal wees waar hy die voortou sal neem. Ek gaan net harder werk om toe te sien dat dit nie gebeur nie.”
Video: Skoolhoof op spesiale verlof ná aanranding
Die video wys hoe ʼn personeellid ʼn leerder teen die muur vasdruk, om die nek gryp en met geweld op die grond neergooi.
Agt marathonne in agt dae vir honger kinders
“My uitdaging was ʼn kniebesering wat veroorsaak het dat ek skaars ʼn honderd meter ver kon hardloop. Teen die einde van verlede jaar het ek besluit om hierdie terugslag te trotseer deur myself uit te daag om dié pelgrimstog – om agt marathonne in agt dae te voltooi – aan te pak.”
Ma pleit onskuldig ná dood van kinders in NZ
Lauren Dickason word steeds in ʼn psigiatriese eenheid in Christchurch aangehou.
Wes-Kaap waarsku oor voëlgriep
Die Wes-Kaapse rampbestuursentrum doen tans ʼn assessering om te bepaal of die uitbreking ʼn rampsituasie is.
Gedig: Varkleerbaadjie en klinknaelbroek
Boerneef se gedig “Varkleerbaadjie en klinknaelbroek” rol sommer so van jou tong af.
Temba wil kolfwerk saam met Quinton open
Dit beteken dat daar elders plek vir Aiden Markram en Reeza Hendricks gemaak moet word.
Resep-video: Mikrogolf-tunatert
Geen spesiale bestanddele vir dié maklike resep nie. Grawe net in jou koskas en jy sal regkom!
Hittegolf laat noorde van land sweet
Temperature van tussen 33 °C en 40 °C kan in Mpumalanga en Limpopo verwag word.
Christene in Sirië: Gebed is kragtig
Bid asseblief dringend, want gebed is kragtig en beteken grensloos baie vir die Christene.