Miljoene hektaar private en staatsgrond word tans deur plakkers in Kaapstad beset.
Alles vir Donderdag 28 Oktober 2021
‘Nag van hel’ langs N3, voor onverwagse redding
“Ons het ons op die ergste voorberei,” sê ʼn Durbanse vrou ná sy en ʼn vriendin deur ʼn blouligbende gekaap is.
Modack, familielede van miljoene se bedrog verkla
Dié berugte onderwêreldfiguur verskyn hierdie keer saam met onder meer sy ma, jonger broer en ’n beampte van die inkomstediens in die beskuldigdebank.
Assistent-regisseur dalk nalatig in Baldwin-skietvoorval
“Ek het geweet ek moes alles nagegaan het, maar ek het nie.”
De Kock: ‘Ek is nie ’n rassis’
“Ek is al baie dinge op die krieketveld genoem. Selfsugtig. Onvolwasse. Daardie woorde het my glad nie gepla nie. Maar om as ’n rassis uitgekryt te word maak wel baie seer; nie net vir my nie, maak ook vir my gesin en my swanger vrou.”
Verkiesing: ‘Daar sal krag wees’
Eskom het glo verskeie planne gereed om te verseker dat die plaaslike verkiesing vlot verloop.
Storm los derduisende sonder krag
Dosyne skole in die VSA moes noodgedwonge sluit en die brandweer het binne 12 ure op 90 noodgevalle gereageer.
Vox-kamerkoor sing in parkade
Die vertoning getiteld “Vuurbees” word bestempel as ʼn skeppende verkenningstog en pleit-item vir omgewingsbewaring.
Namibië tans bo Indië op punteleer
Ruben Trumpelmann, ’n oudleerling van die Afrikaanse Hoër Seunskool, het drie paaltjies binne die bestek van vier aflewerings geneem.
Musiekvideo: William Wolf is gereed vir somerpret
“Ek dink ons het vandag, meer as ooit tevore, nodig om te vergeet van alles wat sleg is in die wêreld.”
Kies om veilig te wees
Die feit dat jy dalk net ‘n paar honderd meter van jou naaste stemlokaal woon, beteken nie dat jy minder paraat oor jou eie veiligheid en díé van jou besittings te wees nie
Ingrypings om trokdrywers se griewe te pak
Die regering sê hy is deeglik bewus van die ontwrigtende uitwerking van die optrede.
Duisende soldate gaan verkiesing help beveilig
Die jongste ontplooiing sal Saterdag begin en vyf dae lank duur.
Covid-19-statistieke: Nou styg getalle weer
Hier is die jongste koronavirussyfers.
Twee mense dood, ses kinders kritiek toe skoolbus bots
Die bestuurders van albei voertuie is op die toneel reeds dood verklaar.
Gedagte vir die dag: Die kruis as ’n liefdesdaad
Werklike liefde is dít: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes. (1 Johannes 4:10)