“Dit gaan ʼn heerlike boek word vir soveel mense daar buite, en veral dan ook die alumnae van Affies-meisies.”
Alles vir Donderdag 2 Desember 2021
Elandré, Riana Nel maak skoonskip by Aitsas
“Ek is dankbaar vir iemand wat my jare gelede raakgesien het toe ek by ʼn Kerspartytjie die mikrofoon gegryp het en dat [my] ouma toe vir my gesê het: ‘Miskien is hierdie wat jy met jou lewe moet doen’.”
Pretorius reeds van skooldae ’n rugbykrag
Soos een plattelandse oom tereg langs die veld opgemerk het: “ ʼn Mens kry skoolrugbyspelers, en dán kry jy vir JC Pretorius.”
Boewe probeer sonpanele op plaas steel
Twee van die verdagtes is kort daarna in die gebied vasgetrek.
Pta-inwoners sonder krag ná substasie brand
’n Werknemer is tydens die uitbreek van die brand beseer.
Leon van Nierop se resensie: Time is Up
Die twee sterre sinspeel daarop dat volwassenes vinnig deur hierdie spookasem romantiese drama sal sien, maar tieners sal hulle verlustig in elke liewe cliché wat al ooit vir romantiese dramas geskep is.
Omikron: WGO kap ‘inentingapatie’; eerste geval in VSA
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het ʼn streng waarskuwing gerig oor die gevare van inentingapatie terwyl die Europese Unie dit oorweeg om inentings verpligtend te maak te midde van die verspreiding van die nuwe Omikron-variant.
Pasverkose burgemeester sterf tydens sitting
Die pasverkose burgemeester van die Sarah Baartman-distriksmunisipaliteit in die Oos-Kaap is dood nadat hy Woensdag tydens die eerste sitting van die nuwe burgemeesterskomitee inmekaargesak het.
Leon van Nierop se resensie: My Son
Niemand weet wat gaan gebeur nie, veral nie McAvoy nie, en die gebeure laat jou verbysterd en verstom. Gooi ook nie die beeldskone natuur weg nie.
Kommer oor veiligheid in myne
Die vakbond Uasa het sy kommer uitgespreek oor die veiligheid in myne nadat drie werkers in ʼn skag van Impala Platinum (Implats) by Rustenburg dood is.
Martelize Brink se Duitse eenpotgereg
Martelize gesels met die teaterveteraan Antoinette Kellerman oor haar Duitse herkoms en sit vir haar eintopf voor.
Sitole gekap oor MRK-getuienis
“Suid-Afrika het nie een gekwalifiseerde nasionale polisiekommissaris in die afgelope 20 jaar gehad nie. Ons land kan nie meer politieke aanstellings bekostig nie.”
Só lyk jongste Covid-19-statistieke
Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (72%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (7%) en KwaZulu-Natal (6%).
Gedagte vir die dag: Sy vrede is ín jou
Ek laat vir julle vrede na; my vrede deel Ek met julle. Ek gee nie soos die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld of beangs word nie. (Johannes 14:27)