“Dit is nie te sê die pandemie het nie sosiale en sielkundige angs en ekonomiese teëspoed veroorsaak nie.”
Alles vir Dinsdag 14 Junie 2022
Kyalami se F1-terugkeer kry momentum
Volgens berigte het Stefano Domenicali (F1 se uitvoerende hoof) ná die Azerbeidjan-wedren na Suid-Afrika gevlieg.
Twee ontvoerde studente teruggevind
Die studentevlieëniers se voertuig is verlate langs die R59 in Gauteng gevind.
Skrywer lewenslank tronk toe vir moord
Die Amerikaanse romanskrywer wat ʼn blog getiteld ‘How to kill your husband’ geskryf het, is Maandag lewenslank tronk toe gestuur en dít vir die moord op haar man.
Nóg ʼn week van Top-20 glorie vir Droomsindroom
Dié groep se lied ‘Hey Sonneblom’ is tans ook nommer 9 op Apple Music se treffersparade.
R7 miljard-lening vir SA se Covid-program
Die laekoste-lening vorm deel van lenings wat vroeër ook by die New Development Bank en die Internasionale Monetêre Fonds aangegaan is.
Uitdrukking: Krokodiltrane huil
Wanneer iemand krokodiltrane huil, is hy nie werklik opreg hartseer nie. Lees vandag se Taaltoffie om seker te maak jy trap nie klei nie.
Resep: Klapper-en-gemmerroompies
Jou koekblik sal maar vaal wees sonder dié smaaklike koekies.
Kevin Spacey in hof oor seksuele klagte
Die Oscar-bekroonde akteur staan nou op vier aanklagtes van seksuele aanranding teenoor drie mans tereg.
Proteas jag nóg ’n reeksoorwinning teen Indië
Die Suid-Afrikaners het 13 van hul afgelope 14 T20-wedstryd gewen terwyl hulle die drukkokersituasie van ’n lopiejaagtog ook baie beter hanteer.
‘Squid Game’ beslis terug vir tweede ronde
“Dit het 12 jaar gevat om die eerste seisoen van Squid Game die lig te laat sien. Dit het egter net 12 dae gevat daarvoor om die gewildste Netflix-reeks ooit te word.”
Pad dalk na Joost van der Westhuizen vernoem
Dit is maar net een van verskeie naamsveranderinge wat die Gautengse departement van paaie en vervoer vir sy provinsiale paaie beplan.
Boek: ‘Toe als groen was’ – An-Mari do Carmo
“Normaal. Daai woord, daai ding wat ek nooit sal wees nie.”
Voormalige krieketspeler gevonnis vir wedstrydknoeiery
Die bouler is deel van die groep krieketspelers wat destyds deur die Internasionale Krieketraad (IRK) vir tussen sewe en twaalf jaar verban is.
Parlement gaan nie na Ramaphosa oor dollar-diefstal kyk
Die parlement het versoeke van die UDM en die ATM ontvang om die president se gedrag ná die diefstal van miljoene dollar, te ondersoek.
Medvedev die beste ter wêreld
Dit is die eerste keer sedert 2003 dat nie Novak Djokovic óf Rafael Nadal óf Roger Federer se naam langs die twee boonste plekke op die ATP-ranglys staan nie.
Ma vergiftig kinders ná sy glo geld verloor
Die vrou kon glo nie meer vir haar kinders sorg of hul skoolgeld betaal nie.
Fliekresensie: ‘Lightyear’ – tot oneindigheid en verder
Een ding is seker, en ek dink die meeste jong kinders sal met my saamstem, “Lightyear” was beslis nie verniet Andy se gunstelingfliek nie.
Nog oorstromings op Kaapse paaie
Enkele huise het oorstroom terwyl dakke van tydelike strukture ook ineengestort het.
Aanklaer se diefstalverhoor begin
Jeanette Neveling word daarvan beskuldig dat sy kos en klere by ʼn winkel in The Crossing-winkelsentrum in Mmabatho gesteel het.