Hierdie grondboontjiebotter-versnapering is ʼn ideale oplossing wanneer jou soettand begin roep.
Alles vir Vrydag 23 Februarie 2024
Chaos op Upington waar Bela-wet bespreek word
Inwoners wat dié vergadering in die Noord-Kaap bygewoon het, is van die geleentheid ontneem om vir of teen die omstrede wetgewing te stem. Plaaslike politieke partye glo dis omdat die meerderheid nie ten gunste van die wet is nie.
Luna Paige steeds agter die klawers ná twee dekades
“Ek het agtergekom as ek in Afrikaans skryf, is dit asof daar ʼn ander tipe liedjie gebore word en daar is vir my iets spesiaals daaraan.”
Tien familielede saam in hof oor bedrogklagte
Die beskuldigde het egter betalings aan die krediteure oorgeslaan en groot oorplasings vanaf die maatskappy se Nedbank-sakerekening na haar familielede se persoonlike bankrekeninge begin doen.
Studiedrome word bewaar danksy Mej. SA-beurs
“Danksy die geleentheid wat Natasha my gebied het, hoop ek om vir jong vroue te wys dat dit moontlik is om jou lewe te verander en jou drome te bereik.”
Weermag verwerp bewerings oor DRK-ontplooiing
Een van die bewerings wat gemaak word, is dat die weermag nog “nooit in die DRK was om Kongolese te beskerm of negatiewe gewapende groepe te beveg nie” en ontplooi word om myne te beskerm sodat dit geplunder kan word.
Gewilde YouTube-ma tronk toe oor kindermishandeling
Ruby Franke (42) van Utah in die VSA het gereeld ouerskapswenke en raad aan haar volgelinge op sosiale media uitgedeel. Min het hulle geweet waardeur Franke se eie ses kinders gaan.
Charlie Woods wankel in pa Tiger se voetspore
Arme jong Charlie se ganse vertoning is deur verskeie TV-spanne en tientalle gholfjoernaliste gevolg. Meer as ʼn miljoen kykers het binne ʼn uur op sosiale media na beeldmateriaal van sy aankoms by die baan gekyk. En toe volg ʼn sukkelvertoning.
Oplossings vir platteland moontlik danksy gewone SA’ners
“Wat egter tekenend van die platteland is, is dat gemeenskappe hier mekaar ken, saamwerk en net doodeenvoudig weier om te gaan lê. Dit is ʼn nasionale bate.”
Reto vat voor by Sun City
Ná ʼn sukkelbegin in die tweede ronde van die SuperSport-uitdaagtoernooi op die Lost City-baan, het die 33-jarige Paula Reto die stange vasgevat en die voëltjies ingeryg om uiteindelik die dag as die gesamentlike voorloper af te sluit.
Taalgebruik: skrei, skry
Wat is die verskil tussen “skrei” en “skry”? Taaltoffie stel ondersoek in.
Fliekresensie: Skreeusnaakse avontuur wag saam met Frankie, Felipé
Dis spontaan, die humor het spiere, waarmee bedoel word al is die storie voorspelbaar, is dit die reis tot by die wenstreep wat die moeite werd is.
Afrikaanse onderrig – wil jy of moet jy?
Met die gebruik van moedertaal op soveel terreine as wat moontlik is, sal Afrikaanssprekendes dit hopelik wil doen, omdat feite onteenseglik bewys dat ons dit moet doen.
Waar trek jy die streep?
Oorwegend Afrikaanssprekende geleenthede word dikwels gedwing om ter wille van die teenwoordigheid van ʼn handvol nie-Afrikaanssprekendes die voertaal van die geleentheid Engels te moet maak. In die belang van samehorigheid, reg?
Oorlog en konflikte by veiligheidskonferensie bespreek
Die groot onderwerp by vanjaar se konferensie was steeds die oorlog tussen Rusland en Oekraïne.
Brief aan tannie Yvette Montalbano
In Tannie se video dra Tannie ʼn rooi keppie. Tannie praat met Tannie se vinger en vertel vir my hoe ek moet stem en daarby ook vir wie ek moet stem.
Ons hou van regte kaas
Ons wyn staan tog terug vir niemand nie, so hoekom moet ons kaas?
Bobi verloor sy titel as oudste hond
Bobi is in Oktober dood en daar is toe gesê hy was 31 jaar en 165 dae oud.
‘Pasop vir tweepot-aftrede’
Die voorgestelde tweepot-pensioenfondsstelsel lyk dalk aanloklik vir verbruikers wat toenemend sukkel om die pot aan die kook te hou, maar ekonome waarsku dit kan uiteindelik al meer mense van die regering se aalmoese afhanklik maak.
Kaderontplooiing: ‘DA wil transformasie onwettig maak,’ sê ANC
Volgens die ANC het hy nog nooit ʼn geheim daarvan gemaak dat dit sy primêre doelwit is om alle vorme van kolonialisme, patriargie en apartheid uit te roei en diegene wat uitgesluit en uitgebuit is, te bemagtig nie.