“Ondanks ons verskil in agtergrond, kultuur of oortuigings, kom mense van verskillende groepe bymekaar omdat Bela gesien word as ’n stryd wat gemeenskaplik gepak moet word.”
Soekresultate vir: Bela-wet
Bela-wet is ‘skoolkaping; bewys van ANC se paniek’ – kritici
Kritici is dit eens dat die ANC nou na elke moontlike strooihalm gryp om steun vir die verkiesing te werf – selfs al is dit ten koste van die land se onderwysstelsel.
Nasionale Vergadering keur Bela goed
Die omstrede wetsontwerp is met 223 stemme ten gunste daarvan, teenoor 78 stemme daarteen, aanvaar. Dit benodig nou nog net pres. Cyril Ramaphosa se handtekening om dit as wet te bekragtig.
‘Net Kaapse onafhanklikheid kan skole, hospitale red’
“Ons provinsiale regering moet meer doen om die mense wat hulle verkies het, te beskerm,” het die Referendum Party Woensdag gesê nadat pres. Cyril Ramaphosa die omstrede NGV-wetsontwerp bekragtig het.
Bela bedreig taal, maar ook kinders se toekoms
Hofstukke is reeds opgestel om op die regering te beteken, sou omstrede wysigings aan die Skolewet deurgevoer word.
Bela-wet deur NRP aanvaar
“Die ANC is angstig om wetgewing deur te druk. Hulle is onseker oor hul mag en wil nou alles deurdruk voor die verkiesing. Dis totaal onvanpas.”
Petisie teen Bela by parlement ingedien
“Ons sien Bela as ʼn daad van aggressie teen die Afrikaanse gemeenskap,” sê Hermann.
Ope brief aan Afrikaanse ouers en onderwysers
Die onderwysowerhede wil met Bela ʼn nuwe regsbasis skep wat die onderwyshoof se besluitnemingsmagte versterk om teenstrydig met die besluite van beheerliggame op te tree om Afrikaanse skole sodoende te teiken.
Terugslag met Bela-wetsontwerp gee opponente nog kans
Die wetsontwerp moet nou eers behoorlik in die ATC gepubliseer word voordat die NRP dit kan goedkeur.
Die onderploeging van die Afrikaner
Louw het op drie gevare vir die Afrikanervolk gewys. Die eerste is in hierdie bespreking ter sprake terwyl die ander twee in die volgende twee besprekings aan die beurt kom.
Ultimatum aan regering: ‘Help met Bela voor ons met dienste help’
Solidariteit en AfriForum het in ʼn gesamentlike skrywe aan adj.pres. Paul Mashatile gesê dat gesprekke met die regering oor samewerking oor dienslewering opgeskort word tot die dispuut oor Bela opgelos is.
SOS gekant teen Bela-wetsontwerp
Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) het sy stem by die koor van besorgdes gevoeg in teenkanting van die wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela).
Bela: DA sal hom op president beroep óf hof toe
“Ons beplan om die president formeel te versoek om die wetsontwerp terug te verwys na die parlement vir heroorweging of, indien nodig, na die Konstitusionele Hof.”
Bela is ‘poging tot kulturele etniese suiwering’
“Dit sal die vernietiging van ’n taal- en kultuurgemeenskap se skole moontlik maak, om sodoende die groep se kulturele voorbestaan in gedrang te bring.”
Bela ‘finale breuk tussen regering, Afrikaanse gemeenskap’
“Ons beskou dit as ʼn daad van aggressie en sal dit so hanteer.”
Hoekom onderwys?
ʼn Enorme vrag take, klasse, toetse, kennis en moeite. Waarvoor?
Wes-Kaap verwerp eenparig Bela-wetsontwerp
“Alhoewel die NRP dit goedgedink het om geringe wysigings aan die wetsontwerp te maak, is die komitee van mening dat Bela steeds ʼn ernstige gevaar inhou vir die regte van ouers, onderwysers en leerders.”
Wysigings aan Bela-konsepwet positiewe wending
“Die SAOU se deelname in die mobilisering van gemeenskappe tot kommentaar op nasionale en provinsiale vlak het aan die openbaredeelnameproses bepaalde legitimiteit verleen, wat ongetwyfeld die gewenste uitwerking gehad het.”
ʼn Werkliheidsvreemde orde?
In plaas daarvan dat die heersende orde betekenisvolle magte (en nie net seremoniële magte nie) aan die veelheid van kultuurgemeenskappe en gebiede toeken, word ʼn kunsmatige eenheid deur nuwe elites van onbekwames van bo-af op die werklikheid afgedwing.
Afrikaans in skole bly in gedrang ondanks Bela-aanpassings
“Wat beteken die selfstandige opstel van beleid dan hoegenaamd as ʼn regeringsamptenaar dit na eie goeddunke kan verander of ongedaan maak?”