“Drie jaar gelede het my vrou en kollegas nog vir my oorlewing gebid, en toe ek 19 dae later uit die hospitaal stap, het ons dit as ʼn wonderwerk van God beskou.”
Alles deur die skrywer Cyril Blackburn
Trump en Kim Kardashian vergader
Die Amerikaanse televisiepersoonlikheid Kim Kardashian en pres. Donald Trump het Woensdag vergader. Kyk hier waaroor het hulle gesels:
Steve Hofmeyr: ‘Wonderwerk dat ek leef’
ʼn Besoek aan die dokter het waarskynlik Woensdagoggend die sanger Steve Hofmeyr se lewe gered.
Onnie in hof oor verkragting
Die 43-jarige hoërskoolonderwyser is op borgtog vrygelaat.
‘Ons harte is gebreek,’ sê Mienke se ouers na nóg ʼn terugslag
“Die Here ken my hart, so ek los [my bekommernisse] by Hom. Hy weet wat die beste is, en ek weet Hy sal vir my ʼn antwoord gee.”
Video: Stefan en sy Anelle se beloftes aan mekaar
“Jy is vir my mooier as die Namib, die see in my drome; jy is vir my mooier as ʼn mens,” koer Stefan in sy belofte.
Luister: Watter gevare hou droë oë in?
Ooggesondheid is iets wat in die meeste gevalle agterweë gelaat word omdat die simptome van oogsiektes waarskynlik nie so hard vir aandag jil soos ʼn seer keel of ʼn lam arm nie. Maar selfs ʼn toestand soos droë oë, iets wat die meeste mense as algemeen aanvaar, kan tot permanente skade lei.
Gewapende roof: Jong man in koma ná terugslae
“Ons het die laaste tyd op ons knieë deurgebring. Alles staan op die oomblik stil – ons werk en ʼn mens se lewe. Ons pendel elke dag tussen Pretoria en Johannesburg in die hoop om hierdie nare ding agter ons te sit.”
Juanita, Bobby én vele ander by Jacaranda-opskop
“Jacaranda Day is ʼn massiewe musiekontploffing vir die hele gesin, en ʼn plek waar jy al die gunstelingtreffers uit volle bors kan saamsing.”
‘Kwêla’: Hier is die ‘Dorp van die Jaar’-finaliste
In die verlede het Hentiesbaai, Graaff-Reinet, De Rust, Sabie, Fouriesburg en Middelburg uitgetroon as die dorp van die jaar. Vanjaar het die kykNET-joernaalprogram Kwêla nóg stemme nodig om ʼn nuwe dorp van die jaar aan te wys.
‘Groot skok’ ná onderwyser skielik sterf
“Net verlede week het sy gepraat van haar nalatenskap [en oor] wat sy wil nalaat by die hoërskool. So beskeie was sy dat sy nie geweet het hoe groot haar nalatenskap reeds is nie. Hoe sal ons die Mariëtte met die klein hartjie van suiwer goud kan vergeet?”
ʼn Meer intieme blik op Harry, Meghan én hul troue
Prins Harry en Meghan Markle vertel hul sprokiesagtige liefdesverhaal in hul eie woorde. Jy kry ook ʼn intieme blik op die egpaar se kinderdae – syne in Engeland, hare in Kalifornië, VSA – tot hul eerste ontmoeting en uiteindelik hul verlowing.
Drie in hof ná hul vrou met kitsbankslenter beroof
Die polisie sê voorvalle soos dié behoort ʼn waarskuwing aan die publiek te wees om nié sommer vreemdelinge te vertrou nie en waaksaam te wees wanneer jy geld by ʼn kitsbank onttrek.
Moord op polisiebeampte: ‘Dís hoekom ons haar vermoor het’
Die polisiebeampte het langer as 30 jaar in die polisie gedien en was van 2009 die stasiebevelvoerder van Elliotdale.
Oor die seer en swaarkry weerskante van die N1
As jy wíl sien en dán kyk, sien jy haar aan weerskante van die hoofweg genestel: Sy is die tuiste van armoede wat jou aan die hart kom ruk. Die plek waar verdriet soos ʼn donker gees in meeste van die huise ingetrek het. Die voorstad waar hoop en drome aan skerwe lê. Vlaktes waar moed lánk nie meer bestaan nie.
Eerste kykie: Grensoorlog-fliek vertel oor oorlewing
“Hoewel die fliek binne die milieu van die Grensoorlog afspeel en oor die jong soldate se uitdagings in die oorlog vertel, het The Recce nie ʼn politieke agenda nie. Die fliek vertel van oorlewing en wat dit verg om te oorleef wanneer alles rondom jou inmekaar tuimel.”
Video: Klein Gidion se brandweerman-droom bewaarheid
Al byna een dekade lank veg die negejarige Gidion du Toit dapper en verbete teen ʼn seldsame genetiese siektetoestand wat jaar ná jaar sy drome laat wankel. Nou is dié jong seun se gróótste droom, om eendag ʼn brandweerman te word, vir ʼn enkele dag bewaarheid.
Hier is 10 digitale gewoontes vir beter ooggesondheid
Digitale toestelle vorm vandag ʼn inherente, onlosmaaklike deel van handel, sosiale wisselwerking en ontspanning. Hoewel dié tegnologiese vordering sorg vir vooruitgang, hou baie van dié toestelle ook groot gevare vir jou gesondheid in.
Video: Wat jy nié van Juanita geweet het nie
Juanita du Plessis verklap heelwat dinge wat aanhangers nié van haar weet nie: Wat maak haar bang? Waarvoor lag sy uit haar maag? En wat is daardie een gróót flater op die verhoog wat haar áltyd sal bybly?
SA Express-vlugte opgeskort ‘weens wanbestuur, onbevoegdheid’
“Die finansiële krisis van SA Express wat direk tot die swak toestand van hul vliegtuie gelei het, is veroorsaak deur jarelange swak bestuur.”