Op een dag het ‘n paar uiteenlopende sake die wêreldnuus in wese oorheers – Iran wat ‘n ooreenkoms aangegaan het dat sy kernaanlegte weer geïnspekteer kan word, en dat die eerste privaat ruimtetuig suksesvol na die internasionale ruimtestasie gelanseer is.
Alles deur die skrywer Herman Toerien
Nuuskommentaar: Tien redes waarom SA kan slaag?
Kan daar tien realistiese redes gelys word oor of Suid-Afrika kan slaag? Daar kan baie maklik ‘n lysie veel langer as net tien pluspunte gemaak word, maar die woordjie “maar” gaan telkens die pluspunt kwalifiseer.
Nuuskommentaar: Vryheid van uitdrukking versus die reg op waardigheid
Leke bied dikwels spraakvryheid as ‘n onbeperkte reg in Suid-Afrika uit, maar die reg op uitdrukking, ook spraak- en mediavryheid, word soos alle ander regte in Suid-Afrika beperk.
Die beste bedoelings in die wêreld versus verterende pyn
Herman Toerien plaas rubriekskrywers se kommentaar oor uitlatings wat FW de Klerk onlangs op CNN gemaak het in die soeklig.
Nuuskommentaar: Kroonjuwele ʼn lae hou
ʼn Skildery wat president Jacob Zuma in ʼn tipiese Lenin-houding uitbeeld, en waarin sy kroonjuwele nie op hok is nie, is pas vir R136 000 aan ʼn koper van Europa wat van die straat ingestap het, verkoop.
Nuuskommentaar: Mdluligate Zuma se Watergate?
Indien pres. Jacob Zuma aan die einde van die jaar ge-Polokwane word, sal die ontleedmesse reeds ver gevorder wees om te probeer bepaal watter Zumagate het nou eintlik die meeste tot sy val bygedra…
Nuuskommentaar: Die slag van Braamfontein – Wie die eerste klip of komkommer optel…
Die slag van Braamfontein is gelewer, en hoewel die DA-optoggangers volgens die beeldmateriaal voet in die wind geslaan het, is die Suid-Afrikaanse demokrasie die groot verloorders.
Nuuskommentaar: Bril na die verlede is teleskoop na die toekoms
“As jy wit Suid-Afrikaners mal wil maak, praat oor die verlede. As jy swart Suid-Afrikaners mal wil maak, praat daaroor soos F.W. de Klerk op CNN gedoen het,” – Jonathan Jansen, rektor van die UV.
Nuuskommentaar: Twiet-twiet, in die voet geskiet
Presies hoe laakbaar die kubervitrioel kan daal blyk daaruit as ʼn “debat” in die kuberruim losbars waarin mense wat hulself Christene noem oor geloofskwessies mekaar so bydam dat die eertydse Inkwisisiedrywers sou kon kom les neem.
Nuuskommentaar: Minderheidsregte en die ANC – en die getwiet van modelle
Minderheidsregte, per definisie, kan nie die regte van meerderhede bedreig nie. Minderheidsregte bestaan juis om die minderhede teen ʼn diktatuur van die meerderheid te beskerm.
Mdluli en die statutêre staatsgreep
Dit is nog gans te gou om afleidings te maak uit waarnemers se gewaarwording dat pres. Jacob Zuma die afgelope week hom skynbaar meer teruggetrek het, en wanneer hy wél sy verskyning maak en optree, soos by die begrafnisdiens van minister Roy Padayachie, hy lyk en klink soos iemand wat ‘n paar harde houe op die ken weg het.
Nuuskommentaar: Sondaars, e-tollenaars en die sondebok
Alli, as Sanral uitvoerende hoof, het op die oog af alles in sy vermoë gedoen om die deksel op die skynbare heksebrousel te hou. En dit lei nou tot ʼn reeks vrae…
Nuuskommentaar: Grondwetregters aangekla
Luisteraars na RSG se aktualiteitsprogram, Kommentaar, het waarskynlik onthuts regop gaan sit toe een van die deelnemers, dr. Piet Croucamp, gesê het dit is geen uitgemaakte saak dat die grondwetlike hof die omstrede inligtingswetsontwerp as ongrondwetlik sal verwerp nie.
Nuuskommentaar: Naamsveranderinge – Kan transformasie en versoening bedmaats wees?
Kan daar gelyktydig transformasie en versoening wees? Die vraag is nou relevant na die minister van kuns en kultuur, Paul Mashatile, tydens ʼn sake-ontbyt gesê het naamsveranderinge speel ’n kritieke rol in die regering se “transformasie-agenda”. Is hy onbewus van die nasionale akkoord waarop die nuwe grondwet gebou is, of is hy moedswillig?
Nuuskommentaar: Klimaatverantwoordelikheid teenoor die natuur
ʼn Groot debat word gevoer oor hoe groot die mens se rol is om klimaatverandering teweeg te bring. Oor of die klimaat aan die verander is, ongeag die redes, is die debat nie so groot nie, en word nou meer gefokus op studies oor hoé klimaatverandering die omgewing verander, en hoe dit die mens en ander lewensvorme gaan affekteer.
Nuuskommentaar: Nuus wat ‘n mens laat goed voel
ʼn Braaivleisrekord en ʼn motorfietsryer se manewales wat ‘n mens laat giggel – nie alle nuus galbitter nie. Daar is niks mee verkeerd vir die Afrikaner om sy kultuur te leef en te vier, en die grondwetlike regte en regte deur die internasionale reg bepaal op te eis nie. Die werklikheid daarbuite is egter dikwels nie so mooi nie…
Nuuskommentaar: Straatname en die nasionale akkoord
Die hofuitspraak in AfriForum se dringende aansoek oor die verandering van straatname in Pretoria, het ‘n paar belangrike kwessies op die tafel geplaas.
Nuuskommentaar: Werkersdag en die e-tol
Dat Werkersdag en die voorlopige sneuweling van e-tol byna saamgeval het, is toevallig maar nie simbolies onbelangrik nie. Werkers en werkkersorganisasies was sentraal in die verset teen die instelling van e-tol.
Nuuskommentaar: Waarde van die Solidariteit Beweging
Al die ekonomiese en politieke faktore is in Suid-Afrika teenwoordig sodat meer en meer inisiatiewe die lig sien om ander maniere te soek om die land, of ‘n sektor van die bevolking, se sake reg te ruk…
Nuuskommentaar: Vryheidsdag: Wie het die vryheid gesteel?
Herman Toerien laat hom uit oor Vryheidsdag.