“Dit is ʼn voorreg om jou dop te hou; baie geluk Leo,” het Roger Federer op sosiale media geskryf.
Alles deur die skrywer Johann Gresse
Wees geduldig met kolwers, pleit Kagiso
“ʼn Mens moet dus geduldig wees, maar terselfdertyd kan jy nie ʼn voorstander vir swak vertonings wees nie.”
Argentinië is sokkerkonings!
Vandag brand die vreugdevure hoog in Argentinië – van Buenos Aires en Mendoza tot in Cordoba en Lionel Messi se tuisstad van Rosario.
Scarlets bêre Cheetahs reeds vóór rustyd
Toegegee, die Vrystaters se vertoning in die tweede helfte het ʼn mens ʼn bietjie hoop vir die res van hul veldtog gegee, maar daardie eerste helfte was inderdaad ʼn baie slordige affêre gewees.
Selfs Aussies krap kop oor vurige blad
“Suid-Afrika en Australië beskik oor uitstekende snelboulers en hulle het nie gunstige toestande nodig om hul stempel op ʼn toets af te druk nie.”
ʼn Katastrofe binne twee dae
“As ons 60 lopies meer op die telbord gehad het, kon dinge dalk anders uitgedraai het.”
Chiefs reken tjoef-tjaf met Bulls af
Jake White het weliswaar sonder van sy blinkste sterre na Engeland gereis, maar goeiste: Selfs die gootste Bulls-ondersteuner moes oor dié vertoning gefrons het.
Sharks glimlag ná Bordeaux-sege
“Om weg van die huis te wen – veral in Frankryk – is ʼn reuseprestasie vir ons.”
Kolf-treurmare duur voort in Brisbane
Oudergewoonte is daar na die boulers gekyk om sake te beredder en Kagiso Rabada het vir die beste begin moontlik gesorg toe hy David Warner met die eerste aflewering van die Aussie-kolfbeurt uitgehaal het.
Merkwaardige Rebecca tem nóg ʼn uitdaging
“Unstoppable: The Rebecca Nagel Story” word môre op M-Net uitgesaai. Die inspirerende jong vrou se lewensverhaal het nóg ’n uitstekende hoofstuk bygekry toe sy ’n velddrafroete van 21 km suksesvol aangepak het.
ʼn Afrikaanse opslagbal sal Marnus nie ontsenu
“Ek was in gr. 1, 2 en 3 in ʼn Afrikaanse skool in Potchefstroom; dus het ek nog so ʼn bietjie Afrikaanse kennis.”
Spanhoofde se F1-stoeledans
Vergeet maar vir eers van daardie uitskakelspeletjie wat senuweeagtige deelnemers, ʼn paar stoele en musiek behels; dit is veel interessanter om die avonture van Formule Een se spanbase dop te hou.
Rugby vind weer sy stem op die draadloos
Johan Pretorius en Simon Riekert is twee kunstenaars wat die rugbybeeld in die fynste detail vir hul luisteraars kan skets. En boonop word dit in Afrikaans gedoen.
Barnes wou fluitjie wegbêre ná Marseille-toets
“ʼn Mens doen baie ervaring op wanneer jy aan die stuur van 100 wedstryde was, maar niks kan jou hierop voorberei nie.”
Tugkomitee skors Nché, Creevy
Agustin Creevy was vroeër vanjaar ook in die sop omdat hy Eben Etzebeth se hare getrek het.
Flintoff in hospitaal ná ‘Top Gear’-botsing
Britse mediaberigte het intussen bevestig dat die voormalige krieketster se beserings nie as lewensgevaarlik beskou word nie.
Malherbe of Kolisi; Stonehouse of Nienaber?
SA Rugby het sy lys van benoemdes vir die jaarlikse toekennings bekendgemaak.
Fred moet nou Ferrari se vuur stook
As die nuwe spanhoof het Fred Vasseur gʼn maklike taak wat op hom wag nie: Hy sal moet toesien dat Red Bull se vlerkies geknip word en dat die perd van Ferrari weer op die groot verhoog pronk.
Eddie gaan BaaBaas op Twickers brei
“Ek sien daarna uit om na Twickenham terug te keer – ek het immers baie goeie herinneringe van hierdie stadion.”
Pluimpie vir Du Plessis
Dricus du Plessis se tweestryd met Darren Till in Las Vegas is as die beste geveg van UFC282 aangewys.