“Ek beskik ongetwyfeld nog oor die nodige honger en dryfkrag.”
Alles deur die skrywer Johann Gresse
Bandprobleme kniehalter Giniel
“Vanjaar is die geluk blykbaar maar net nie aan ons kant nie en ons sukkel met bestendigheid.”
Warriors wen punte-skietgeveg teen Stormers
ʼn Briljante steekskoppie en Sebastian Cancelliere se raakvat spoed in gietende reën het gesorg dat die Glasgow Warriors die Stormers in die doodsnikke van hul wedstryd kon klop.
Novak in Adelaide ook baas van die plaas
Sebastian Korda het op die randjie gestaan om die toernooi te wen, maar Novak Djokovic het oudergewoonte terugbaklei en weer eens vir almal gewys dat hy ʼn tennismeester is.
Munster vry ook glo na Marx
In ʼn neutedop is Malcolm Marx betroubaar, talentvol, hy skroom nie om vuur met vuur te beveg nie en hy doen op die veld wat hy beloof het.
Kolwers bly darem staande vir onbesliste uitslag
“Dit is nooit maklik om in Australië te speel nie, maar dit is goed om die toer só af te sluit,” het Dean Elgar gesê. Die Australiërs het egter steeds die reeks op ’n drafstap gewen.
‘Julle lyk moeg, afgemat en sonder planne’
ʼn Franse krieketklub het die sukkelende Proteas op sosiale media genooi om saam met hulle te kom oefen. Dalk kry die Suid-Afrikaners net weer hul passie terug op ʼn plek waar hulle dit die minste verwag.
Alles loop grootliks reg vir Toyota in Dakar-tydren
“Daar is nou ʼn paar Toyotas onder die topvyf en dit wys jou net hoe betroubaar die voertuig is.”
Bulls kom weer op die wenpad teen Dragons
Die Pretorianers het vóór gister se kragmeting drie wedstryde op ʼn streep – teen Exeter, die Stormers en die Sharks – verloor en hul ondersteuners het darem weer ʼn rede om te glimlag.
Roux doen ná 12 jaar afstand van toprugbypos
“Ek het nog nooit oor sy toewyding getwyfel nie. Hierdie besluit was hoegenaamd nie ʼn maklike een vir enigiemand wat al langer as ʼn dekade saam met hom gewerk het nie – plaaslik óf oorsee,” het Mark Alexander gesê.
Karla terug in Protea-groep
Die Proteas se voorbereiding vir later vanjaar se Wêreldbeker-toernooi begin in alle erns wanneer hulle vanaf 21 Januarie aan ʼn vierhoekige reeks teen Nieu-Seeland, Australië en Engeland deelneem.
Nasser glimlag tussen die duine
Nasser Al-Attiyah het in sy Suid-Afrikaans geboude Toyota die vyfde skof van die Dakar-tydren gewen.
Dankie tog vir reën in Sydney
Hoewel ʼn onbesliste uitslag nou ʼn definitiewe moontlikheid is, is daar steeds twee dae se spel en amper 200 boulbeurte oor. Oorgenoeg tyd om die Proteas twee keer uit te boul.
Raducanu verlaat baan in trane
Met die Australiese Ope skaars 11 dae ver het die beseringspook weer eens sy verskyning by Emma Raducanu gemaak.
Stormers sien uit na stryd teen Franco se Skotte
Die vaardighede van Manie Libbok, Leolin Zas, Dan du Plessis en Damian Willemse beteken dat die Kapenaars gereeld ʼn juweeldrie uit hul rugbyhoed kan pluk.
Khawaja, Smith slaan Proteas fyn en flenters
Australië het reeds meer lopies in dié beurt as wat die Proteas deesdae in drie kolfbeurte aanteken.
Loeb skop Dakar-stof op
“Met die einde in sig het ons met kragstuurprobleme gesukkel en ons moes noodgedwonge die skof teen ʼn slakkepas voltooi.”
Novak deur na kwarteindstryd in Adelaide
ʼn Nuwe jaar, maar dieselfde Novak Djokovic.
‘Goed, beter, Max,’ sê Horner
Volwassenheid saam met waagmoed en bewese bestuursvernuf sorg vir ʼn gevaarlike kombinasie agter die stuur van ʼn Red Bull-vuurwa.
Bokke, All Blacks kruis swaarde vóór WB
Die Springbokke sal in die aanloop tot vanjaar se Wêreldbeker-toernooi in Frankryk hulself twee keer vir die haka moet staal.