“Dit het glad nie vir my saak gemaak dat ek reeds vir die halfeindstryd gekwalifiseer het nie. Hierdie wedstryd teen een van my taaiste teenstanders is een wat ek bitter graag wou wen.”
Alles deur die skrywer Johann Gresse
Rafa kan nie wag vir 2023
“Ek gaan na die beste van my vermoë voorberei sodat ek sommer vanuit die staanspoor op ʼn goeie en mededingende vlak kan speel.”
Bristol laat SA bloedrooi bloos
Dankie tog die SA A-span se Europese avontuur is iets van die verlede. Want as dinge só aangehou het, sou hulle waarskynlik ook teen Zebre klippe gekou het.
Tugkomitee skors Pieter-Steph vir drie weke
Die Springbok-losvoorspeler sal die toetse teen Italië en Engeland misloop.
Moenie Italië onderskat nie, waarsku Kwagga
“Italië se ouderdomsgroepspanne is die afgelope paar jaar ʼn krag waarmee daar rekening gehou moet word en daardie einste talent het nou na die nasionale span deurgesyfer.”
Janneman verdien ’n toetskrieketkans
“Ons kan nie wegkruip van die feit dat ons kolwers nie op alle suiers vuur nie. Ons soek na daadwerklike oplossings sodat ons meer gereeld 400 lopies in ons eerste beurt kan aanteken.”
Haas en Mick se paadjies skei
“Mick het gereeld in sy vennootskap met Haas bewys dat hy oor die nodige potensiaal beskik, maar dit het nie eintlik saak gemaak wat hy doen nie; die span en Guenther Steiner was net nooit tevrede nie.”
Novak bespreek plek in halfeindstryd
“Dit was een van my beste wedstryde van die jaar.”
Duisende toeskouers by SA A-wedstryd verwag
“Hierdie is ’n baie talentvolle groep spelers en hulle het nou langer tyd gehad om gewoond te raak aan mekaar se spel. Ons glo dat hierdie verstandhouding ook op die speelveld gesien sal word.”
IPL-spanne het vertroue in dié SA’ners
Van David Miller en Dewald Brevis tot Anrich Nortjé en Kagiso Rabada sal volgende jaar weer vir hul onderskeie spanne in die Indiese Premierliga speel.
Rassie-twiets laat Owens, Gatland frons
“Ek sien nie dat enige ander direkteur van rugby of afrigter iets soortgelyk doen nie en, as ek eerlik moet wees, dink ek dat dit ʼn bietjie teleurstellend is.”
Turyn-gordyn sak vir Rafa
Die 19-jarige Carlos Alcaraz is nou die jongste speler nóg om die jaar as die wêreldno. 1-speler op die ATP-ranglys af te sluit.
Jasper terug, Eben op plaasvervangersbank
“Ons glo ons is op die regte koers, nadat ons amper die knoop teen Ierland en Frankryk deurgehak het.”
Max en Sergio sorg vir renbaansepie
“Dink net – die wêreldkampioen wat vir sy spanmaat opsy staan sodat hy ʼn beter kans het om tweede op die punteleer te eindig. Het Red Bull dinge vooraf bespreek soos wat Max aangevoer het?”
Kolflys lyk broos vir Aussie-toer
In 2008 kon die Proteas met die kolftalent van Graeme Smith, Hashim Amla, Jacques Kallis en AB de Villiers in Australië spog. Die jongste Suid-Afrikaanse kolfgroep boesem nie noodwendig dieselfde vrees in nie.
Niks Grieks vir Novak in Turyn
Novak Djokovic het in sy eerste wedstryd van die ATP-eindtoernooi in Italië korte mette met Stefanos Tsitsipas gemaak.
Anrich kan darem met bestes saamgesels
Anrich Nortjé was die Proteas se beste speler in Australië en die 28-jarige snelbouler is in die span van die toernooi opgeneem.
Russell glimlag breed in Brasilië
Sy Mercedes-spanmaat, Lewis Hamilton, het tweede oor die wenstreep gejaag en die span is nou binne trefafstand van Ferrari op die vervaardigerspunteleer.
All Blacks breek Skotte se harte
Dit was so hittete of die doedelsak-weergawe van Danie Botha se ‘Wenners’-treffer het oor Murrayfield se luidsprekers weergalm.
‘Hierdie een maak seer’ – Nienaber
Die Springbok-afrigter is tevrede met die veggees en deursettingsvermoë wat sy span teen die Fransmanne gewys het.