Haar skryfstem is gesaghebbend én gemaklik, en maak dat die leser die kosbare inhoud toeganklik vind, dit begryp en daarmee identifiseer. Ek het die boek persoonlik van waarde gevind en beveel dit heelhartig aan.
Alles deur die skrywer Louise Viljoen
Vyf leersame aktiwiteitsboeke vir die jongspan
Wat is nou lekkerder as om speel-speel te leer?! Kinders sal dol wees oor dié interessante aktiwiteitsboeke propvol kleurvolle illustrasies wat die verbeelding aangryp.
Boekresensie: Landbou Boerekos van die plaas na die tafel
Die heerlike resepte is alfabeties ingedeel volgens plaasprodukte: van aarbeie tot wortels – alledaagse, gesonde bestanddele wat geredelik beskikbaar is.
Liefdesverhale vir jou boekrak
Skaf gerus dié liefdesverhale aan om die komende vakansie te lees. ’n Mooi liefdesverhaal waar die held en heldin ná vele struikelblokke wel by mekaar uitkom, laat die leser gelukkig en tevrede voel – so asof jy deel is van ’n sprokie.
Boekresensie: Daar is ’n engel in my koskas
Willie Strauss se “feestelike kos-memoir” met “plat-op-die-aarde bestanddele” verdien applous. Dit help die ywerige kok om ’n “verskeidenheid watertandetes blitsvinnig op te tower.
Boekresensie: Kinnes
Skielik is die Kaapse Vlakte nie meer net die naam van ’n plek wat jy soms op die nuus hoor as daar bendegeweld uitbreek nie. Jy besef ná die lees van hierdie boek dat daar ménse bly. Gewone mense in buitengewone omstandighede. En jou hart breek, want deur Rhys se oë raak jy lief vir hierdie mense wat hy so lewensgroot uitbeeld.
Boekresensie: Retoer Pretoria – Provence
Dié boek beloof om die leser behoorlik te trakteer op leesstof wat jou laat skater, verlang, dink en soms ook ’n traan laat afvee. Sy neem jou sak en pak saam op ’n nostalgiese reis deur haar kleurvolle lewe en deel haar herinnerings en ervaringe gulhartig.
Tienerfiksie wat sprankel
Tieners wat lief is vir lees kan nou al kliphard begin skimp om die volgende boeke present te kry om die komende luilekker Desembervakansie te lees.
Kinderfiksie te kies en te keur
Jong boekwurms kan na hartelus kies en keur tussen die wye verskeidenheid nuwe titels wat tans beskikbaar is.
Boekresensie: Raaiselklip
Dis ’n anderste avontuurverhaal vir jong lesers (seuns en meisies van 12 – 14 jaar) wat hou van stories wat hulle uitdaag om uit die gemaksone van ’n bekende milieu te beweeg. Dis ’n Gotiese spanningsverhaal wat in die 1800’s in Kaapstad afspeel, ’n kreatiewe fantasieverhaal én spookstorie wat die drade van gister en nou behendig saamknoop.
Boekresensie: Beatrix sê: Raak Tunisiese hekel baas
“Beatrix sê: Raak Tunisiese hekel baas” is ’n móét vir elke hekel-entoesias of jy nou ’n ywerige beginner of ’n bedrewe kundige is. Dit is ’n allesomvattende verwysingsgids en perfekte naslaanbron wat jou leer hoe om dié gewilde hekeltegniek baas te raak.
Boekresensie: Doodsake op Karibib
“Ek beveel hierdie boek aan vir lesers wat veel meer in ’n spanningsroman soek as net bloed en derms. Die spanning bou fluks op, maar die menslikheid bly nie agterweë nie.”
Boekresensie: Laat die potte prut
Potjiekosliefhebbers se monde sal water by die aanskoue van hierdie versameling lipleklekker resepte.
Boekresensie: Meisies kan enige iets doen
Die wonderlike boodskap van die boek is dat meisies absoluut fantasties is en net mooi enige iets kan doen wat hulle wil.
Boekresensie: Sizwe spring
Sizwe het swemlesse gehad en hy het ook sy swemtoets geslaag. Al uitdaging wat nou oorbly, is om van die hoë duikplank af te spring soos al die ander kinders doen…
Boekresensie: Kop in die wolke in Kromkieriefontein
Dis ’n heerlike anderste storie – een wat die jong leser uitdaag om nie net op die alledaagse en die hier en nou te fokus nie, maar om ook te waag om te droom.
Boekresensie: Hoe om ’n haas te vang
Louise Viljoen beveel die topverkoperskrywer Claire Freedman se skreeusnaakse boek, “Hoe om ‘n haas te vang” aan vir oud en jonk al word dit verkoop as kleuterfiksie vir kinders drie jaar en ouer.
Boekresensie: Helde van Suid-Afrika 1
Die boek handel oor ses van die heel dapperste Suid-Afrikaanse helde.
Boekresensie: Steinhoff en die Stellenbosse Boys
Steinhoff en die Stellenbosse Boys neem op 7 Julie die eerste plek in op Suid-Afrika se Nielsen-boekdatalys. Die boek is ook in die eerste posisie op die algehele niefiksielys en en die lys van Suid-Afrikaansvervaardigde boeke.
Boekresensie: Dis MY boek
Dis MY boek is ideaal vir saamlees en geskik vir jong lesertjies van drie jaar en ouer.