ʼn Video van ʼn buffelstormloop in die Krugerwildtuin waartydens ‘n motor van die pad af gedruk word, het kykers laat bespiegel wat die stormloop kon veroorsaak het.
Alles deur die skrywer Maroela-redaksie
Tweede verdagte vas vir Winnie Rust-moord
ʼn Tweede verdagte is Sondagaand in Montagu in die Wes-Kaap in hegtenis geneem vir die moord op die bekende skrywer, Winnie Rust (77).
Maroela Media se nuwe e-winkel: wys jou hart klop Afrikaans
In Die Koöperasie, Maroela se splinternuwe e-winkel, verkoop ons alles waarvan jy (en jou ouma, meisie, oom, ouboet en juffrou) hou!
[Foto’s] Hier is die ATKV mediaveertjie-wenners
Die beste presteerders in die Afrikaanse mediawêreld is op 13 Mei by Vodacom World in Midrand met ’n Mediaveertjie deur die ATKV bekroon.
[Foto’s] Kô, lat ons sing, blaf, bulk en blaas
Honde, perde, ponies, marmotte en katte het onlangs by die kapel van die Felsted Preparatory School in Engeland saamgedrom vir dié privaat skool se spesiale Troeteldierdiens.
[Luister] Majozi stel debuutalbum bekend
Die sanger Majozi sê musiek is die enigste ding waarmee hy wérklik goed is. Daarom stort hy hart en siel in sy musiek uit.
‘Uitvlucht’ – die grootste van als bly die liefde
Volgens Regardt van den Bergh, skrywer, vervaardiger en regisseur van die rolprent, is Uitvlucht losweg gegrond op hom en Clara van den Bergh se verliefraak.
Vermiste gesin veilig gevind
ʼn Ma en haar drie kinders wat op 17 April uit hul huis in Meyerton, Gauteng verdwyn het, is veilig opgespoor.
Karlien sing vir kankerlyertjie
Karlien van Jaarsveld gaan ʼn konsert hou om fondse in te samel vir Hendrik Stopforth, ʼn negejarige kankerlyertjie van Brits in Noordwes, nadat hy vir die tweede keer met bloedkanker gediagnoseer is.
[Video] Só sê Ghoema-wenners
Verskeie kunstenaars het die “bloutapyt” betree in die mooiste rokke en aandpakke, maar dit was Elvis Blue en Francois van Coke wat die kollig gesteel het.
Elvis Blue en Van Coke maak skoonskip by Ghoemas
Die Ghoema-toekennings, wat die room van Suid-Afrikaanse musikante vereer, is Maandag tydens ʼn glansgeleentheid by die Johannesburg Teater gehou.
Jy sterk verslaafdes in hul kwaad, wys dokumentêr
In “Bedwelmd” word met verslaafdes en gerehabiliteerde verslaafdes gesels om te hoor hoe hulle in dié web beland het. Elkeen vertel dat hulle hul verslawing aan die gang gehou het met die geld wat hulle van mense gekry het.
Rugby-bakleiery: Studente aangekla
Verskeie studente aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) het Dinsdagmiddag ʼn brief van die universiteit ontvang waarin hulle voor ʼn dissiplinêre komitee gedaag word rakende die voorval vroeër vanjaar toe betogers tydens ʼn rugbywedstryd op Shimlapark op die veld gestorm het.
‘Getroud met Rugby’-akteur gaan pa word
“Ons is so opgewonde en dankbaar.”
[Video] ‘Verskietende ster’: ʼn rolprent oor vergifnis
Die première van Verskietende ster was Donderdag by Nu Metro Hyde Park in Johannesburg, waar verskeie rolspelers van die film die opening gevier het.
Reik na die sterre – letterlik
Prof. Stephen Hawking en die Russiese miljardêr, Yuri Milner, het Dinsdag ʼn $100 miljoen-projek aangekondig om ʼn ruimtetuig na Alpha Centauri te stuur.
Mangat-moord: Vierde verdagte gee homself oor
ʼn Man, in sy 40’s, het homself Dinsdag by die Villieria-polisiestasie oorgegee in verband met die moord op Danie Dreyer (64).
Zuma se verjaardagwens
Pres. Jacob Zuma het Dinsdag met die viering van sy verjaardag sy wens vir Suid-Afrika bekend gemaak.
Stygende kospryse: Rek jou rand só
Stygende kospryse weens die droogte beïnvloed reeds ons sak, en kenners reken dat ons vir minstens 18 maande heelwat meer vir kos gaan betaal. Volg dié wenke om jou inkopierande te rek.
ATKV kondig benoemdes vir Mediaveertjies aan
Die ATKV het pas die lys van benoemdes vir vanjaar se Mediaveertjies bekendgemaak.