Al ooit gehoor van Du’Plessis Kirifi?
Alles deur die skrywer Pieter Kruger
Rassie se waagstuk, of is dit vooraf se kopspeletjies?
ʼn Mens weet nie hoe betroubaar en in die kol die bespiegelings vanuit Australië is oor die Springbokspan wat Saterdag in Brisbane in die Rugbykampioenskap teen die Wallabies speel nie
Kan Ackers die beste uit Cipriani haal?
Die oud-Lions-afrigter Johan Ackermann het goud raakgeboor toe hy die Gloucester-base oortuig het om die reddingsboei na die omstrede Engelse losskakel Danny Cipriani uit te gooi.
Dit werk (nog) nie om in Noord én Suid rugby te speel
Dit gaan baie meer as net ʼn kopskuif verg om terselfdertyd in die Suidelike en Noordelike Halfrond rugby te speel.
SA rugbybase tussen twee vure
Die rugbybase beskou dit as ʼn reddingsboei vir Suid-Afrikaanse rugby, maar die planne om nóg twee Suid-Afrikaanse spanne van 2019/’20 af in ʼn vergrote Pro14-reeks te laat speel, kan verreikende gevolge vir Springbokrugby inhou.
Saru moet snoei, en sal behóórlik moet snoei om te oorleef
Daar wag ʼn groot ontnugtering op 530 van ons land se heeltydse rugbyspelers.
Ai, waar is Naas, Monty en Morné tog?
Dit was oor die jare heen nog altyd een van die Springbokke se grootste bates: ’n dodelike stelskopper.
Wie gaan gepos word om vir Duane plek te maak?
ʼn Volgende balanseertoertjie wag nou op die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, wanneer die agtsteman Duane Vermeulen hom binnekort weer by die Springbokspan sal aansluit.
Rassie se Pollie-probleem
Een van die groot raaisels in die Springbok-rugbykamp is hoekom Handré Pollard sy selfvertroue verloor het en hoe en deur wie dit reggestel kan word.
Die gety draai steeds teen die Bokke
Dis beslis nie die regte leesstof op ʼn nugter maag op ʼn Sondagoggend nie: Ses toetswedstryde tot dusver in 2018 gespeel, drie gewen en drie verloor. Sewende op Wêreldrugby se ranglys wat Maandag vrygestel word en die twee sterkste spanne in die Rugbykampioenskap, die All Blacks en Wallabies, lê voor.
Bokke steeds op hul kreeftegang
Dit help nie om doekies om te draai nie, Springbokrugby is steeds in die maalgat van agteruitgang.
Springbokke, pasop vir ’n piesangskil in Mendoza
Wanneer jy 24 van die 27 toetswedstryde (’n wenpersentasie van 88,88%) teen jou teenstander gewen het, verwag jy ’n amperse losmaker in jou 28ste toetswedstryd.
Rassie waag niks vir Poemas in Mendoza
Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, het Sondag gesê dat hy vier of selfs vyf veranderings aan die groep oorweeg wat die Argentynse Poemas in Durban in die Rugbykampioenskap geklop het, maar hy het daarteen besluit.
Só lyk Thinus Delport se beste Sanzaar-Springbokspan
Wanneer die kole aangesteek word, is een van die lekkerste tydverdrywe om die beste en swakste Springbokspanne van alle tye te kies.
Wie is die Bokke se beste senterpaar?
Die legkaart is voorlangs byna voltooi, maar agterlangs wag daar nog baie kopkrap op die Springbokafrigter, Rassie Erasmus.
Springbok- én All Blacks-slotte wat spandeure oop- en toesluit
Suid-Afrika was nog altyd ʼn slotfabriek; só ook Nieu-Seeland.
Is daar lig in die Springboktonnel?
Daar is twee vrae op almal se lippe ná die eerste ronde van vanjaar se Rugbykampioenskap.
Bokke klop Poemas, maar daar bly kommer
Dit was een van daardie vertonings waaroor ʼn mens nie te lank opgewonde sal wees en te lank oor gaan gesels nie.
Wallabies-sege teen All Blacks is net ʼn droom
Die Nieu-Seelanders sal glad nie daarmee saamstem nie, maar dis in belang van wêreldrugby dat die All Blacks in vanjaar se Rugbykampioenskap vasval.
Hansen hou by ou wenresep, Cheika waag
Daar is sekere dinge in rugby wat afrigters en keurders nooit moet verander nie, soos om spelers op peil te kies en die regte kombinasies in te span.