Net sodra jy dink jy kan nie meer nie, dan kan jy nog so ‘n bietjie. Susan Lombaard praat jou bietjie moed in. Al ooit gewonder hoe lyk dit in Maroela se Pretoria-kantoor? Loer gerus na die paar foto’s onderaan die brief.
Alles deur die skrywer Susan Lombaard
Redakteursbrief: Hoe groet mens ʼn mens?
Gewoonlik is ʼn afskeid ʼn hartseer gedoente en ons almal vermy dit sover ons kan. Tensy ons toeskouers is en ons nie die persoon van wie afskeid geneem word, persoonlik ken nie, skryf Susan Lombaard.
Redakteursbrief: Afrikaans – die taal waarin jou hart grootword
Susan Lombaard deel die mooiste Afrikaans – spesiaal vir Taaldag wat Donderdag gevier is – en vertel ook van die oomblik toe sy besef ʼn 17-jarige het haar taalkennis ore aangesit.
Tydkapsule met Afrikaanse boodskappe vir nageslag beplan
ʼn Unieke projek, gemik daarop om jongmense se Afrikaanse boodskappe vir die nageslag te bewaar, is Donderdag, op Afrikaanse Taaldag, bekendgestel.
18-jarige en ander gee op Taaldag nuwe hoop vir Afrikaans
“Ons taal se woorde sing. Hulle duikel en slaan bollemakiesie. Hulle rondomtalie; wieg; bekoor. Jy kan hulle wegblaas in die wind, of naderhark om ʼn storm los te praat.” Só sê die 18-jarige Jan-Anton Theron, onderhoofseun van die Afrikaans Hoër Seunskool. Theron het gepraat by Taaldagvieringe wat Donderdag by die Afrikaans Hoër Seunskool in Pretoria gehou is.
Redakteursbrief: Is daar nog goeie nuus?
Gister publiseer ons die mooiste storie op Maroela Media: Oor ʼn Indonesiese meisietjie wat met haar familie herenig is nadat sy 10 jaar gelede, as vierjarige dogtertjie, deur ʼn tsunami meegesleur is.
Redakteursbrief: Maroela Media, drie jaar later: “Hier bly drake”
Maroela Media is drie jaar oud! Susan Lombaard deel so bietjie van die hart van dié jong mediahuis: waar hy vandaan kom, en waarheen hy op pad is.
Redakteursbrief: Hoe lyk jou gemmerbroodmannetjie?
Susan gesels oor Jordan Pelser se gemmerbroodmannetjie en bloedskenk.
Redakteursbrief: Skop jy al jou skoene uit?
Maroela se redakteur nooi jou uit om saam te kom kuier: dis loshande die lekkerste kuierplek op die internet
Puk wil klag teen Beeld terugtrek, sê Kgwadi
Die Noordwes-Universiteit wil nie voortgaan met klagtes wat by die Persombudsman ingedien is teen Beeld se berigte oor studente wat ‘n sogenaamde Nazi-saluut op die Puk-kampus uitvoer nie, ten spyte van die bevinding dat daar geen Nazi-praktyke op die kampus gebruik is nie.
Puk-transformasie: Só moet dit mos lyk
Ek sit en kyk na die “transformasie” wat om my gebeur het. Baie dinge is nog dieselfde. Die Sanlam-ouditorium lyk nog presies dieselfde. Die studente is raserig en maak kliphard onvanpaste grappe op die verkeerde plekke, net soos in my eie studentejare. Maar baie dinge het verander, skryf Susan Lombaard oor transformasie by die Puk.
Blankes moet ontslaan word en eie besighede begin – Cosatu
As die ANC met die algemene verkiesing op die 7de Mei in die Wes-Kaap wen, gaan Cosatu versoek dat meer as die helfte van die wit staatsdiensamptenare in die provinsie uit hul poste ontslaan word, het die Cape Argus Donderdag berig.
Vermiste luislang in Benoni-winkel gevind
ʼn 3.8m-lange Burmese luislang is buite haar hok gevind nadat haar verdwyning gister groot konsternasie veroorsaak het.
Puk: Engels moet gelyk met Afrikaans, sê verslag
Die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Unversiteit moet sy taalbeleid aanpas om Engels op gelyke voet met Afrikaans te stel.
Drukkoker vol konfetti ontwrig Boston bom-herdenking
Die straat waar ʼn bomontploffing ʼn jaar gelede chaos veroorsaak het by die eindstreep van die Boston-marathon, moes weens ʼn moontlike ploftoestel op die toneel ontruim word tydens die eerste herdenking van dié ontploffing.
Resensie: Droomkind – oortuigende Bybelstorie in die hart van die Karoo
Die meeste teaterliefhebbers lig ʼn wenkbrou as hulle hoor dat Bobby van Jaarsveld die rol van die Bybelfiguur Josef in die nuwe teaterproduksie “Droomkind – die verhaal van Josef” vertolk. Maar die prentjie verander as ʼn mens agterkom die Bybelverhaal is vertaal na ʼn hedendaagse, Suid-Afrikaanse konteks waar Bobby die rol speel van Josef Wolmarans, die twaalfde en gunstelingseun van ʼn skaapboer in die Karoo.
Foto’s: “Enigiets vir liefde”-video 4.6 miljoen keer gekyk; Gerdi kry goeie nuus
Die video wat wys hoe Gerdi McKenna van Pretoria se vriendinne hul hare afskeer om haar te ondersteun in haar stryd teen borskanker, is reeds meer as 4.6 miljoen keer regoor die wêreld gekyk. Dit is ʼn rekord vir Afrikaanse video’s op die internet.
Internasionale Vrouedag: Kongolese mans stig feministegroep
24 mans in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) het ʼn groep gestig wat ten doel het om te veg vir die regte van vroue in dié streek.
Vloede in JHB laat honderde dakloos
Vloede in verskeie gebiede in Johannesburg het Vrydag chaos veroorsaak; talle plakkers dakloos gelaat.
Polisieman vang niksvermoedende wiel-dief
ʼn Polisieman wat nie aan diens was nie, het Donderdag ʼn man in hegtenis geneem wat na bewering ʼn motorwiel en –band gesteel het.