Beteken dit die veelrassige reënboogdroom van die ANC was net ’n oppervlakkige siening van die ANC wat onder druk verdwyn? Gaan Ramaphosa dit ná die verkiesing probeer herstel of is die Malema-tipe swart nasionalistiese benadering ons voorland?
‘Bird Island’ – dié hoofstuk moet nou afgesluit word
As daar een groot waarheid hieruit te leer is, is dit dat geen stelling op ’n openbare platform sonder die nodige feite wat dit staaf, gemaak mag word nie.
President Ramaphosa se boomparadoks
Pres. Ramaphosa, jong Suid-Afrikaners, veral jong wit Suid-Afrikaners, na wie daar spesifiek verwys is, gaan soek nie na groener weivelde uit arrogansie of gierigheid nie. Nee, hulle gaan omdat hulle nie op die plaaslike weiveld toegelaat word nie.
Die fyn lyn tussen godsdiensvryheid en menseregte
Tot voor hierdie uitspraak het die howe hulle egter deurgaans daarvan weerhou om by kerke se leerstellige verskille betrokke te raak. So het die konstitusionele hof byvoorbeeld beslis dat mense die reg en ook grondwetlike beskerming geniet om geloofsoortuigings te handhaaf wat selfs “bisar, onlogies en irrasioneel” is.
Ramaphosa moet besin oor hoekom jong wit mense SA verlaat
Ramaphosa moet eerder besin oor wat gedoen kan word sodat jongmense kan glo dat daar vir hulle en hul kinders ’n toekoms is, dat hul lewensgehalte sal verbeter en dat hulle geleenthede sal kry om professioneel te ontwikkel en tot die opbou van die land by te dra.
Netanyahu wen die verkiesing in Israel
Die hoop dat daar vrede tussen Israel en die Palestyne en ander Arabiese buurstate gaan kom, het met die verkiesing verder vervaag. Dit is egter te begrype dat die kiesers ontnugter is, as ʼn mens kyk na die prestasierekord van sulke vredespogings.
#JongStemme: Verkiesingsapatie
Lank voordat die Polisiekarre gesing het “brand Suid-Afrika” het Langenhoven geskryf “my land se voete brand”. Maar die jongmens van 2019 se vuur blyk geblus te wees deur apatie. Ons ouers was betower deur die krag van ʼn kruisie, maar by ons is die afwesigheid van hartstog teenoor die stembus duidelik.
Podlitiek: Die taal van propaganda met Ansie Maritz
Indien jy nog altyd gewonder het wat die boodskap ágter die boodskap tydens verkiesingsveldtogte, op verkiesingsplakkate, en met bemarkingsveldtogte was, dan is hierdie episode van Podlitiek se onderhoudreeks die volgende logiese stap op jou kennistog.
Podlitiek val met die stoel in die huis …
In die eerste episode met Van Zyl agter die mikrofoon, kyk die span na die onlangse gevegte tussen die EFF, BLF en die Land Party by ’n Houtbaai-verkiesingsdebat, Alexandra wat vingers in alle rigtings oor swak dienslewering wys en, laastens, word daar in diepte gekyk na die ANC voor die verkiesing van 8 Mei 2019.
Onder die Bome: Rolprente, ontsnapping en ’n laaste gedagte oor Plato
In die laaste episode in hierdie filosofiese podsendingreeks, praat podsender Daniel du Plessis met Hans Pretorius van die Chairefoon-inisiatief oor rolprente, en hoe rolprente ons denke beide weerspieël en impakteer.
Einde van integrasieprojek in Europa
Hoewel Europa en die EU nog lank nie uit mekaar gaan spat en in konflik gaan verval nie, is dit toenemend duidelik dat die toekoms van Europa deur ’n nuwe soort realisme gekenmerk gaan word en dat groter integrasie onwaarskynlik is.
Geen einde aan die Brexit-sirkus
Wat ook al met Brexit gebeur, dit lyk of Theresa May se dae as premier getel kan wees. Sy is net daar omdat niemand anders haar swak besluite as gevolg van ’n totale gebrek aan visie en leierskap wil oorneem nie.
Misdaad, die ondier wat gryns en wag
Teen die tyd dat hierdie rubriek verskyn, is die jongste van my gereelde besoeke aan Suid-Afrika al weer amper verby. Ek deel ’n paar waarnemings met die lesers.
Navo word 70: Groot suksesse en groot uitdagings
As ’n mens terugkyk, dan kan gesê word dat sonder Navo en sonder ’n VSA wat bereid was om ter wille van Europa se veiligheid groot uitgawes aan te gaan, die Sowjetunie waarskynlik sy veroweringstog tot in Wes-Europa sou voortgesit het.
Malema se ondeurdagte skiet-aksie ontwikkel in ’n aansteeklike virus
Indien ’n persoon dus handel soos Malema en sy navolgers, kan daar tot nege jaar tronkstraf opgelê word vir die bogemelde klagtes alleen op skuldigbevinding.
‘Conscious Caracal’: ’n Eerste onderhoud met Ernst van Zyl oor Twitter
In hierdie onderhoudepisode gesels Daniël Eloff en Paul Maritz van Podlitiek met Ernst van Zyl. Hierdie is ’n eksklusiewe en eerste onderhoud met Van Zyl sedert hy homself bekendgemaak het op sy Twitter-profiel.
Moet ons tevrede wees met die minimum standaard?
Slegs meriete en verdienste sal die Suid-Afrikaanse samelewing, onder meer die staatsdiens, verhef tot ʼn aanvaarbare standaard van uitnemendheid waar ons behoort te wees.
Wat behoort jou besigheidstrategie te wees ná die begroting
De-ontwikkeling bied darem ook geleenthede, soos geleenthede vir ondernemings om in te tree waar die staat se dienste misluk.
Verkiesingsuitslae as barometer in ’n snelveranderende wêreld
Behalwe vir Suid-Afrikaners wat volgende maand na die stembus gaan, is die 2019-kalender volgepak met interessante verkiesings. Die belangrikste van die drie was die plaaslike verkiesing in Turkye.
Waarom elke boer en sy span vir die DA moet stem
Ek het navorsing gedoen, spesifikasies, werksverrigting en dieselverbruik vergelyk voordat ek rasioneel besluit het watter vervaardiger my besigheid gaan kry. En ek gaan dieselfde proses volg met my stem in hierdie jaar se verkiesing.