Ek sien die verlede en die toekoms van Afrikaans in haar oë. Ek verstaan presies, en voel lus om haar te salueer. Ek maak die deur vir haar oop, en terwyl hulle wegtrek wonder ek of daar nie so iets is soos ʼn Taalmisdaad teen die Mensdom nie.
Kom ons besin oor identiteitspolitiek
Die twee aanhalings aan die begin van dié artikel wys duidelik hoe die meerderheidsbeginsel kan ontaard as dit ’n allesoorheersende ideologie word.
#JongStemme: Jong Afrikaner, nou wat nou?
Die besluit is joune, jong Afrikaner. Sit terug en laat jou kultuur vergaan – of staan op en bou ʼn beter toekoms.
Dit gaan oor meer as grond
Afrikaners word daarvan beskuldig dat hulle “moeilik” is. As dit dan van ons waar is, laat ons ten minste moeilik wees oor die dinge wat saakmaak. Wanneer ons uit die staanspoor vir die behoud van die geestelike grondgebied stry, sal ons stryd teen grondonteiening, plaasmoorde, geweld, korrupsie, werkloosheid en moedertaalonderrig ook meer geloofwaardig wees.
’n Les uit Australië vir Trump en ander Westerse leiers
Indien Trump volgende jaar wil wen, moet hy eenvoudig die Amerikaners laat verstaan dat daar ’n ekonomiese risiko bestaan, sou hulle hom uitstem.
Verkiesing 2019 – wat het gebeur?
Die vraag vir die toekoms is of die DA daarin gaan slaag om hulle te behou en of daar ’n steeds groter uitvloei van minderheidskiesers na ander partye gaan wees.
Met verkiesing agter die rug, is dit skouer aan die wiel
Dit mag dalk net die geval wees dat president Ramaphosa, juis op hierdie oomblik in ons geskiedenis, geroep is vir hierdie taak. Dit is nie vir my om te sê nie, maar ek is geïnspireer om hom ten volle te ondersteun tot die beste van my vermoëns.
Die mite oor verdeling van opposisiestemme
Indien genoeg Suid-Afrikaners besef dat jou stem vir ’n kleiner party nie vermors word nie, gaan die klein partye kort voor lank nie klein partye bly nie.
’n Jakkals in die hoenderhok
Het Suid-Afrikaners verander van ’n volk wat trots is op ons vermoë om dinge te maak gebeur tot ’n nasie van geïntimideerde uitstellers? Is ons aan die slaap of bloot bang om ferm op te tree teen die aanslag van ’n vyand? Ja, ’n moderne vyand en skyn-vennoot in Brics, naamlik Brasilië.
Europese verkiesing ʼn groot uitdaging vir Britse politiek
Miljoene Britte is met goeie rede moeg vir die wyse waarop Brexit hanteer is en mense is gefrustreerd met die gevolge wat die Brexit-drama op hul land se beeld en ekonomie het.
ʼn Ope brief: ‘Júlle is aandadig’
Almal wat die afgelope verkiesing ANC-kiesers, -kaders en -kamerade was, dra by tot Suid-Afrika se dodelike agteruitgang – júlle ís aandadig.
Podlitiek: Noah in die sop en die verkiesingsflop
In vandag se episode van Podlitiek kyk Daniël Eloff, Ernst van Zyl en Paul Maritz ná afloop van die nasionale verkiesing van 8 Mei deur ʼn mikroskoop na wat presies gebeur het, watter tendense opgetel kon word, en wat hierdie stemgeleentheid verklap oor die stand van sake.
Moet ons met universiteite wegdoen?
Nogtans het Afrikaanssprekendes goeie nuus, ook vir Scruton. ʼn Eie Afrikaans universiteit – los van staatstrukture – floreer reeds in ons geweste. Maar bowenal is dit ook ʼn universiteit gegrond op uitgangspunte wat sonder twyfel Scruton se goedkeuring sal wegdra.
Die ANC se KOÖPtasie-wenresep
Die ANC se wenresep sedert 1994 was egter om die belangrikste tien magsbasisse se steun te koop met staatsmag en belastinggeld.
Afrikaner-identiteit – weet ons nog wie ons is?
Die Afrikaner moet opnuut in hierdie verwarrende tye seker maak dat die eienskappe wat ons onderskei, duidelik in ons saamgedra word. Daardie waardes wat ons by ons voorouers ontvang het en wat ons slyp en vorm tot nóg beter waardes om dit aan ons jeug oor te dra, is ‘n positiewe handeling. Dit is wie die Afrikaner is – dit is nie diskriminerend nie.
MT Steyn moet by Kovsies bly
Pogings om MT Steyn se standbeeld te verskuif, is die jongste stap in die Suid-Afrikaanse debat oor erfenistransformasie en dekolonialisasie wat veral sedert 2015 met die #RhodesMustFall-beweging gedurig opvlam.
Vuurwapenbeleid belangrik vir álmal
Konsepwetgewing sou selfverdediging as ’n beweegrede vir die besit van ’n vuurwapen verwyder. Indien slegs die polisie en die leër die reg het om vuurwapens te besit, sou die samelewing nie veiliger nie, maar meer kwesbaar wees.
As die jeug nie saamkom nie, is dit verniet
Oor die afgelope maande word ek baie met een spesifieke ding gekonfronteer: Emigrasie. Die tyd toe ek die hoeveelheid skool- of universiteitsvriende wat oorsee werk op my twee hande kon tel, is lankal verby.
Suid-Afrika benodig patriotte, nie apologete of afbrekers nie
Waar is diegene wat bereid is om persoonlike voordeel en behoeftes op te offer om te doen wat reg is vir hul land, hul gemeenskap en hul kinders se toekoms?
Podlitiek: Alles wat jy van die verkiesing moet weet en regering laat Airbnb sweet
In vandag se episode van Podlitiek kyk Daniël Eloff, Ernst van Zyl en Paul Maritz oudergewoonte deur die vergrootglas na Suid-Afrikaanse nuus en politiek, midde-in die stemtellery wat tans die nuus oorheers.