Hierdie week gesels die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger in Wiele2Wiele oor Jaguar se klein E-pace-sportnutvoertuig en die Mitsubishi Triton- bakkie. Groot geeste in die motorsportwêreld, Fernando Alonso en Marc Coma, het ook die afgelope naweek vir Toyota Gazoo Racing aan die nasionale Lichtenburg 400 veldren deelgeneem.
Warmer Macan en nuwe Cayenne-bakstyl nou beskikbaar
Porsche het nou hul aanbieding in die nuwe koepee-sportnutsvoertuigsegment versterk met die bekendstelling van die nuwe Cayenne S Coupé.
Geskiedenis gee ʼn tegnologieles
Ek onthou die ou hotplate Skyline wat ons hier in Suid-Afrika gekry het in die vorm van die tweedeur- Skyline 2.8 GTX, skryf Brendon Staniforth.
Toyota en Lexus nou ‘slimmotors’
Toyota word die eerste vervaardiger in die wêreld om dit as standaard op sy hele reeks voertuie te bied.
Audi se buksie is mooi en luuks
Ek hoor mense dan vra: Hoekom wil mens só ʼn klein tjor hê?
Luister: Wiele2Wiele rits rond in Volvo XC60
Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Audi se vars nuwe A1, gaan ry met Volvo se XC60 en die Mahindra XUV300, praat oor “thumpers” motorfietse en Chris Beukes van TSU Group Holdings vertel hoe hulle UTCC uitdaging jou bestuursvernuf kan toets.
Verbruikersake: Oppas vir insleepdienste
Mense wat in motorongelukke betrokke is, is gewoonlik daarna so geskok dat hulle nie helder kan dink nie. En dit is net dan wanneer die insleepdienste toeslaan en jou vinnig laat teken om jou motor weg te sleep. Ina Opperman verduidelik waarvoor jy moet ligloop en wat jou regte is.
Luister: Wiele2Wiele gesels oor ikoniese Nissan
Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Nissan se ikoniese GT-R 50th Anniversary Edition, gaan ry met die Honda Civic, gee interessante feite oor batterye en gesels oor die nuwe Southern Africa Dakar Group‑webtuiste.
Audi se gewildste model nóú terug
Die eerste Q3 wat Audi in Suid-Afrika bekendgestel het, het in die duisende verkoop – 1,1 miljoen oor die hele wêreld en 9 700 in Suid-Afrika.
Gebruikte voertuie: Vermy só dat jy ingedoen word
“Misdadigers is altyd op die uitkyk om ʼn vinnige rand of twee te maak en hulle is baie bevoeg daarin om mense ʼn rat voor die oë te draai met die aankoop van ʼn voertuig.”
Die BMW X4: ’n Koepee-sportnuts?
Kom ons koop ʼn lekker groot sportnutsvoertuig. Daar is baie plek, ʼn groot kattebak en goeie ruimte vir agterste passasiers. Nee wag. Kom ons koop die een met stomp boude, minder kopruimte agter en ʼn kleiner kattebak, want dit lyk mooi!
Eerste motor? Jy hoef nie verder te Su(soek)ki
Dit is nodig om te sê dat ek nie veel van motors weet nie. Ek weet egter wel dat ek nie ʼn paaiement op ʼn motor wil uitgee wat nié vir my lekker ry nie.
Nóg ʼn markleier vir Toyota
Ons het ʼn geruime tyd terug die bekendstelling van die Toyota RAV4 bygewoon. Ek was aanvanklik beïndruk, maar wou eers sien hoe die nuwe RAV4 hom gedra in die dag-tot-dag‑roetine…
Concours dié naweek by Steyn City
Concours is beslis ʼn belewenis vir enige motorliefhebber wie se passie pragtige motors, oorspronklik of fantasties gerestoureer, is.
Luister: Wiele2Wiele kuier by motorfees
Hierdie week het Wiele2Wiele ‘n fees by die Festival of Motoring saam met Volkswagen en Audi, praat oor AutoTrader se nuwe bedryfsverslag, en die dames word bederf by die Gumtree Women in Auto-konferensie.
Triumph Scrambler XE: Tuis op enige pad
Die Triumph Scrambler XE is, wat my betref, seker die naaste wat jy gaan kom aan ’n ware dubbeldoelfiets. Nie net lyk hy soos hy moet nie, maar beskik ook oor die vermoë om te kan ry net waar jy wil.
Gewilde motorskou dié naweek by Kyalami
Dié naweek is dit hemel op aarde vir petrolkoppe! Verskeie vervaardigers sit hul beste voet voor om hul nuwe voertuie ten toon te stel.
Luister: Wiele2Wiele gesels oor Volvo se luukse XC90
Hierdie week gesels die Wiele2Wiele-span oor Volvo se luukse XC90 sportnutsvoertuig, spaar brandstof met die Suzuki Ciaz en gee hulle ouderdom weg met Opel se Corsa GSI. Ironman 4×4 SA gee ook raad oor hoe om die boendoes aan te pak.
Gewilde ‘Spirit of Amarok’-kompetisie in Vrystaat gehou
Al het Volkswagen se Amarok nie ʼn reusemarkaandeel nie, is die Amarok ʼn fantastiese bakkie, en die V6 beslis die beste enjin in ʼn dubbelkajuit in Suid-Afrika.
Bekendstelling: KTM se 2020 EXC Enduro- reeks
Ek dink ek verstaan nou hoekom mense naweke in die bos gaan baljaar met hul veldfietse. As veldry jou ding is, het KTM beslis ’n fiets wat jou sak, lengte en ryvoorkeur sal pas!