Nuuskommentaar: Ongelyke debat oor Plan A versus Plan B en die BBB

Volgens berigte in ander media is daar “hewige kritiek” op die Solidariteit Beweging se Helpmekaarplan, wat algemeen as Plan B bekend geword het. Pas het dr. Christo van Rheede voorspraak gemaak vir Plan A, wat volgens hom die manifestasie van die Grondwet is, maar dadelik kritiek gekry omdat die ANC die vooruitsigte op die sukses daarvan verongeluk. Is die “hewige kritiek” nie maar die stemme van die Seunse Weenkoor nie? Die stemme ter steun, al is dit soms gekwalifiseerd, vir Plan B – wat ook, of juis, grondwetlik suiwer is – lyk oorweldigend en komende uit ’n wye ideologiese spektrum.

Nuuskommentaar: Moenie “komkommer” – misdaad is onder beheer sê minister

As die land se moordkoers ’n derde agtereenvolgende jaar bly styg, kan daar nie veel positiefs uit die jongste misdaadstatistiek afgelei word nie. Tog het die minister en nasionale kommissaris probeer om dit as deel van die ANC se “goeie storie” aan te bied. Maar nou ja, ook rillers kan literêre pryse losslaan omdat dit goeie stories is (wat die hare op ‘n mens se kop laat orent staan).