“Volgens getuies op die toneel het ʼn 17-jarige seun en ʼn 16-jarige meisie probeer om die riviermond oor te steek toe hulle deur ʼn sterk stroom meegesleur is.”
Hengelaar sterf toe hy van rotse val
“Daar word vermoed hy het geval weens mediese redes.”
Graeme Smith ‘dankbaar’ ná ouers van skip gered word
“Ek was bang, ek het nog nooit iets so vreesaanjaend beleef nie.”
Twee kinders sterf in ongelukke
Twee kinders, onderskeidelik twee en 12 jaar oud, het Saterdag in twee verskillende padongelukke gesterf.
Geen beurtkrag vandag toegepas
Kragverbruikers hoef nie vandag hul beurtkragskedules dop te hou om die Sondagmiddagete gaar te kry nie, want daar gaan vir die eerste keer hierdie week geen beurtkrag wees nie.
Ramaphosa sê grondeise verander derduisende lewens
Ten spyte van die talle probleme het die proses van grondeise ʼn verskil gemaak in die lewens van honderde duisende Suid-Afrikaners wat van hul geboortereg ontneem is, het pres. Cyril Ramaphosa Saterdag gesê.
Boeremag-lid se vrou nader hof vir tydelike vrylating
Die vrou van een van die Boeremag-gevangenes gaan die hooggeregshof in Pretoria nader om te versoek dat haar man, skoonpa en swaer vrygelaat word.
Man tydens kaping doodgeskiet
“By ons aankoms op die toneel is ʼn kritiek beseerde man op die grond aangetref. Hy is in die bors geskiet.”
Bevindinge van Mueller-verslag gou bekend
Trump het sedert die ondersoek in Mei 2017 van stapel gestuur is, dit as ʼn “heksejag” bestempel en volgehou daar was geen sameswering met Rusland nie.
Dlamini-Zuma erken swakhede in die staatsdiens
Nkosazana Dlamini-Zuma, minister in die presidensie belas met monitering, het erken omvattende strukturele tekortkominge in die staatsdiens weerhou die staat dikwels daarvan om sy rekeninge betyds te vereffen.
Semenya kry steun van VN, uitspraak uitgestel
Caster Semenya se regsverteenwoordiger sê die Olimpiese kampioen is “optimisties” dat sy sal seëvier in haar appèl teen die IAAF wat nuwe regulasies wil bring om natuurlike hoë vlakke van testosteroon in vroueatlete te beheer.
Soveel kan in komende verkiesing stem
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het bekend gemaak hoeveel Suid-Afrikaners geregistreer is om in die komende verkiesing te stem.
Ramaphosa meen beurtkrag nie rede tot paniek
“Bewerings van sabotasie is gemaak en dit word ondersoek.
Sikloon Idai: ‘Ons moet onsself staal’
“Die situasie is eenvoudig verskriklik. Daar is geen ander manier om dit te beskryf nie.”
Inkomstediens wil staking afweer
“Dit is ʼn baie ruim aanbod, ver bo wat ander openbare instellings en die meeste ander nywerhede aanbied.”
Nog ʼn burgemeester vas vir moord
Nog ʼn burgemeester van KwaZulu-Natal is op aanklag van moord in hegtenis geneem.
Eskom gaan voort met beurtkrag
Eskom sal Saterdag weer beurtkrag toepas weens ʼn kapasiteitstekort.
Antonio beleef terugslag
“In hierdie tyd van beproewing het ons net weereens besef hoe dankbaar ons vir elke liewe persoon is wat met ‘n doel oor ons pad gestuur is.”
Ma eis groot bedrag ná onnie kind klap
Die ma van die oudleerling van die Sans Souci Girls’ High School in Kaapstad wat glo deur ʼn onderwyseres geklap is, eis nou ‘n groot bedrag in skadevergoeding.
Wees versigtig met Grondwet, maan kundige insette
Die eerste drie kennersmenings wat ingewin is deur die parlement se ad hoc-komitee oor die verandering van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding te vergemaklik, het gemaan tot groot omsigtigheid.