Walter Meyer, wat verlede jaar Desember vermoor is, was een van die land se bekendste landskapskilders en sy kunswerke is al in New York, Londen en München uitgestal.
Natasha Mans: Familie stel privaatspeurder aan
Dít was vermoedelik die laaste keer dat Mans lewend gesien is.
Vyf dood ná kritiek oor vrou se kookvernuf
Die vrou het aan die polisie gesê haar skoonfamilie het haar oor die afgelope twee jaar verbaal “gemartel” en geviktimiseer.
Wes-Kaapse boer steeds agter tralies
“Die landdros het aangedui dat hy weer die getuienis van die ondersoekbeampte in die saak wil aanhoor.”
Transitorooftog in Pta afgeweer
ʼn Groep swaargewapende rowers moes Donderdagaand met leë hande op die vlug slaan nadat ʼn poging om ʼn geldwa in Pretoria te beroof, suksesvol afgeweer is.
De Lille kap terug in vuil Kaapse politieke geveg
Die Kaapse burgemeester het in ‘n snydende ope brief haar sterkste opponent in die DA, Natasha Mazzone, die stryd aangesê.
ANC kap na DA oor Dag Zero
“Hoe moeilik kon dit wees om die mense lank voor die tyd te laat weet dat die damvlakke kritiek laag is? Dis nie moeilik om na ses damme om te sien nie.”
Soektog na vermiste sielkundige eindig tragies
Diane Nelson se geliefdes het haar die afgelope naweek by die Claremont-polisiestasie as vermis aangemeld.
Vonnisverrigtinge hervat van vrou wat bejaarde onthoof
WAARSKUWING: Die besonderhede in die berig is uiters grafies van aard en kan sensitiewe lesers ontstel.
Foto’s: Vyf dood nadat skieter in nuuskantoor losbrand
“Daar is niks meer vreesaanjaend as om te hoor hoe verskeie mense geskiet word terwyl jy onder jou lessenaar wegkruip en dan hoor hoe die skieter herlaai nie.”
Nuuskommentaar: Plaasmoorde wéér beklemtoon
’n Nuwe boek, Kill the Boer, is luidens berigte besig om skerp onder kritiek deur te loop op sosiale media. Dui dit op paniek dat die harde feite in die boek landbou-kritici se retoriek nou as vals gaan uitwys?
Water-regrukplan: ‘Dit skep burokrasie, nie oplossings”
“Die regte mense met die regte vaardighede is nodig om die proses te dryf, nie noodwendig méér mense nie.”
Doodsklok lui glo vir ‘Afro Voice’
Die personeel is aangeraai om by die huis te bly tot en met verdere kennisgewing.
Minister ontbind SABS-raad
“Die SABS het nie daarin geslaag om ingevolge hul mandaat te presteer nie. Ek het vertroue verloor in die raad se vermoë om die instellings doeltreffend te bestuur.”
Publiek gewaarsku oor tender-slenter
Sy het gesê die raadslid het bewus geword van die slenter toe mense wat hy ken hom genader het en gevra het oor die tenders wat verkoop word.
Talle sterf toe brand deur mark woed
Sommige van die oorledenes het doodgebrand, terwyl ander gesterf het weens die rook wat hulle ingeasem het terwyl hulle probeer het om hul eiendom te red.
Hofstryd oor De Lille-‘bewyse’ eers later aangehoor
De Lille wil die bevindinge van die verslag betwis en voer daarom aan dat sy die bewyse nodig het wat in die Steenhuisen-verslag gebruik is en daartoe gelei het dat die DA haar van wangedrag aangekla het.
Uitspraak gelewer in Kampsbaai-moordsaak
Saldanha het Donderdag gevra dat mense wat sensitief is vir ʼn grafiese beskrywing van die misdaadtoneel en die toestand waarin Alban se liggaam aangetref is, die hof moet verlaat.
Klasaksie teen Sibanye ingestel ná talle sterftes
Van die 45 sterftes in die Suid-Afrikaanse mynbedryf vanjaar, het 21 by Sibanye-myne plaasgevind.
Eskom: Vakbonde praat met lede oor jongste aanbod
Die vakbonde het gesê hulle kon nie vroeër met hul lede gaan praat oor Eskom se vorige aanbod nie, aangesien hul lede vasbeslote is om ʼn 9%-loonverhoging te kry.