Buiten die verwagte verhoging in November, moet Suid-Afrikaners ook voorbereid wees op verdere petrolprysverhogings voor Kersfees.
Legendariese boksafrigter sterf
Een van Suid-Afrika se beste boksafrigters, Willie Lock, is in die ouderdom van 84 oorlede.
‘Dubbele standaarde in regspraak skep rassepolarisasie’
Volgens die VF Plus is daar talle onlangse hofuitsprake wat duidelik die dubbele standaarde met strafoplegging uitwys.
JF Kennedy-sluipmoord: Dokumente vrygestel
Die Amerikaanse Nasionale Argiewe het ʼn gedeelte van die dokumente aan die publiek vrygestel wat verband hou met die sluipmoord van pres. John F Kennedy in 1963, alhoewel sommige van die dokumente steeds deur die Withuis teruggehou word vir veiligheidshersiening.
Nog geen vergoeding vir veerboot-slagoffers
ʼn Kanadese toeris, wat beserings opgedoen het toe ʼn veerboot van Robbeneiland probleme ervaar het, het tot dusver nog nie enige vergoeding ontvang nie.
‘Terreur-tweeling’: Grondwetlikheid onder die loep
Die grondwetlikheid van terreurdade was Vrydag steeds ʼn kwessie in die Johannesburgse hooggeregshof tydens die hofsaak van Brandon-Lee en Tony-Lee Thulsie.
Bejaarde paartjie in Pinetown aangeval
ʼn Bejaarde paartjie van Pinetown in KwaZulu-Natal is Vrydagoggend in hul huis oorval.
Ontsnapping: Een voortvlugtige aangekeer
Die polisie in Limpopo het een van die ses gevaarlike gevangenes aangekeer wat Donderdagaand uit die Kutama Sinthumule-gevangenis in Louis Trichardt ontsnap het.
Gesondheidshoof onder skoot by Esidimeni-verhoor
Dumi Masondo, geskorste voorsitter van die Gautengse Hersieningsraad vir Geestesgesondheid, moes moeilike vrae beantwoord by die Life Esidimeni-arbitrasieverhoor.
[Foto’s] Plaasmoord: Jong boer roerend gegroet
Die NG Kerk Verkeerdevlei was vandag stampvol met meer as 300 familielede, vriende en ondersteuners teen plaasmoorde wat dié merkwaardige jongman kom groet het.
[Foto’s] Dieretuin spog met talle nuwe babas
Die ooievaar het by die Nasionale Dieretuin in Pretoria gaan kuier en talle babadiertjies is in Oktober daar verwelkom.
Man sterf ook ná Limpopo plaasaanval
Cecil Peterson (82), die man wat kritiek gewond is nadat hy en sy vrou, Pat, in September op hul plaas tussen Modimolle (Nylstroom) en Bela-Bela (Warmbad) aangeval is, is oorlede.
Boer se moordenaar gevonnis
Freddie Tolman (52) se gesin is verlig dat een van sy moordenaars gevonnis is, maar het nog baie onbeantwoorde vrae.
‘Wiskunde-vraestel makliker as rekordeksamen’
“Ek reken die vraestel het genoeg uitdagings vir die leerders gebied wat gewoonlik 90% in die vak behaal, terwyl daar steeds vrae was wat leerders sou kon beantwoord wat dalk nie so sterk is in die vak nie.”
Doodskis-saak: Hof sê oor appèl
Die verdediging het ʼn aansoek om verlof tot appèl ingedien nadat Oosthuyzen en Jackson vroeër onderskeidelik tot effektief 11 jaar tronkstraf en 14 jaar tronkstraf gevonnis is.
Voortrekkers by Pta-raadsvergadering uitgejou
“Dit is jammer dat jeuglede aan die soort rassisme blootgestel is, maar dit is nie net negatief nie. Hulle het gister eerstehands ervaar wat is die gevolge van kulturele disrespek en rasse-onverdraagsaamheid.”
Minder Coke teen dieselfde prys
Talle sosialemediagebruikers het die maatskappy vandeesweek daarvan beskuldig dat hy dié verandering sonder enige behoorlike advertensie gedoen het en boonop ook dat hy gebruikers “uitbuit” deur die prys dieselfde te hou.
Ouers sit met talle vrae nou dat pakslae onwettig is
Kenners verduidelik die maatskaplike en wetlike aspekte rondom die hofuitspraak dat ouers wat hul kinders pakslae gegee voortaan soos misdadigers vir aanranding verhoor sal word.
Een dood, drie gewond in skietgeveg in Wes-Kaap
Beeldmateriaal van ‘n skietery tussen bendelede word op verskeie platforms op sosiale media versprei.
Dié 10 stede om te besoek in 2018
Hierdie plekke móét jy sien.