Christo van der Merwe, die biologiese pa van Poppie van der Merwe, het gesê hy soek geregtigheid vir sy “blouoog-dogtertjie wat deur die wêreld in steek gelaat is”.
Simba Mhere-ongeluk: Getuie se geloofwaardigheid bevraagteken
Die staat het Maandag die geloofwaardigheid van ʼn ongelukstoneel-rekonstruksiedeskundige bevraagteken in die verhoor van Preshalin Naidoo (24) wat betrokke was in die ongeluk waarin Simba Mhere, die Top Billing-aanbieder, gesterf het.
Nóg ʼn boer op plaas doodgeskiet
“Daar is ʼn oop kluis in die huis gevind, maar dit is nog onduidelik of enige iets gesteel is.”
Man (43) sterf, seun in hospitaal ná huisbraak
Volgens die polisie is die gesin in hulle slaap oorval. Die man se 14-jarige seun was glo ook betrokke toe ʼn stoeiery tussen die gesin en die verdagtes ontstaan het.
Tien dood ná skietery op snelweg
Tien mense is dood ná ʼn skietery Dinsdagoggend op die N11-snelweg naby Ladysmith in KwaZulu-Natal.
Vermiste sakeman se onthoofde lyk gevind
Gary Peckham en Hundra Wallendorf het Maandag in die hof verskyn in verband met die moord.
Nuuskommentaar: Plaasaanvalle – ‘Keer terug na God’
Terwyl die Swart Maandag-optogte teen plaasaanvalle gehou is, is talle sosialemediaboodskappe uitgestuur waarin ’n beroep gedoen word om na God terug te keer. Dikwels is daar niks fout met hierdie boodskappe nie, maar dié wat gemeenskappe tot ’n tipe fatalisme oproep, is nie iets wat die land en sy mense nou nodig het nie.
Seun (10) saam met oupa toe rowers toeslaan
“Die man het probeer om sy skoktoestel te gryp en soos hy omgedraai het, het een van die verdagtes hom drie keer geskiet.”
Esidimeni: Mahlangu gedagvaar om te getuig
Mahlangu word wyd blameer vir die mislukte oorplasing van meer as 3 000 psigiatriese pasiënte van Life Esidimeni na ongelisensieerde NRO’s wat tot die dood van minstens 141 van dié pasiënte gelei het.
Poppie-saak: Juffrou raak emosioneel in getuiebank
“Sy het my met daai selfde gesiggie aangekyk as hoe sy daar op die foto staan en gesê haar ma het haar met ʼn vuis geslaan.”
Kutama-ontsnapping: Twee vas wat verdagtes skuiling gee
ʼn 32-jarige man en ʼn 20-jarige vrou is in hegtenis geneem nadat hulle glo skuiling gebied het aan vier van die verdagtes wat vroeër uit aanhouding by ʼn maksimumsekuriteitgevangenis ontsnap het.
Oud-raadslid gevonnis ná sameswering om premier se dood
ʼn Voormalige munsipale raadslid van Mahikeng is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis nadat sy skuldig bevind is aan sameswering om Supra Mahumapelo, premier van die Noordwes, dood te maak.
ANC veroordeel ‘rassistiese gedrag’ tydens Swart Maandag-veldtog
Die regerende party het gesê die “rasse-karakterisering van misdade en die stook van rassehaat” was duidelik weens onder meer elemente soos “die arrogante en aanstootlike uitbeelding van die apartheidsvlag”.
Jhb-vrou (32) kritiek ná sy ure onder grond om lewe veg
ʼn 32-jarige vrou van Benoni aan die Oos-Rand is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal gehaas nadat sy sowat drie uur lank in ʼn sloot onder grond begrawe was.
Reusebeloning uitgeloof ná plaasvoorman se moord
“In die laaste ure wat hy geleef het, was daar niemand om hom by te staan en vertroosting te bied nie. Niemand om net vir hom te sê, byt vas, of, die Here kom haal jou nie. Hy was alleen.”
[Video] Oomblik toe vragmotor in Swart Maandag-optog inploeg
‘n Kajuitkamera het die angswekkende oomblik vasgevang toe ʼn vragmotor in talle motors en vragmotors ingeploeg het tydens ʼn Swart Maandag-optog op die N4 in Mpumalanga.
[Video] PE-boere maak ook stem dik teen plaasmoorde
“Mense kan sê hoekom kry [plaasmoorde] so baie aandag, maar ons kan dan ook sê ʼn spesiale eenheid is op die been gebring om die vlaag politieke moorde in KwaZulu-Natal te ondersoek.”
Swart Maandag-optogte veroordeel
“Wit boere is rassistiese, wrede gronddiewe wat nie ons simpatie verdien nie.”
Man in hof ná wrede moord op bejaardes
Die egpaar is einde September wreed in hul huis aangeval. Die man is tydens die aanval dood en die vrou later in die hospitaal.
Oscar bekroonde akteur sê jammer na aantyging
Die akteur, wat reeds twee Oscar-toekennings gewen het, het ook intussen erken hy is gay.