Die buurman kon deur die venster Wilfred Ernsting se liggaam op die vloer sien lê en hy het die polisie ontbied. Ernsting se hande en bene was vasgebind en daar was bloed oor die hele slaapkamer.
Een dood, talle beseer na voertuig rol; N1 gesluit
Minstens een persoon is dood en talle beseer toe ʼn minibus-taxi op die N1-Suid in Midrand, noord van Johannesburg, gerol het.
Wes-Kaapse ouers moet nou spring vir volgende jaar
Die Wes-Kaapse departement van onderwys het die sperdatum vir nuwe inskrywings by skole in dié provinsie vir 2018 bekend gemaak.
Soektog na meisie (6) eindig tragies
Die sesjarige meisie van Ladybrand wat Sondagmiddag verdwyn het, se liggaam is Maandagoggend gevind.
‘Spesiale reünie’ vir jong man, hond in hospitaal
“Ons is dankbaar aan Aurora wat toelaat dat Hilux se besoeke deel vorm van Boetie se terapie.”
Psigiatriese sterftes: Komitee ondersoek premier se rol
“Tydens die komitee se vergadering het ek uitgewys dat die hoof van die Gautengse departement van gesondheid ʼn kommerwekkende bewering in die gesondheidsombudsman se verslag maak.”
OB gaan skenking van Mandela-standbeeld ondersoek
“Die spandabelrige vermorsing is verder gevoer deurdat ʼn afvaardiging van die stadsraad self gereis het om die bronsbeeld te onthul.”
Duisende rande se dwelms in trok gevind
Vier mans is in hegtenis geneem nadat die polisie se Sentraal-Karoo-honde-eenheid dwelms ter waarde van meer as R350 000 in ʼn vragmotor in Beaufort-Wes gevind het.
20 vas tydens Noordwes-betoging
Minstens 20 mense is in hegtenis geneem tydens ʼn gewelddadige betoging in Itsoseng naby Lichtenburg in Noordwes.
Cope ontevrede oor ‘uitermatige sekuriteit’ vir staatsrede
“Ons het slegte herinneringe aan die onderduimse, onwettige blokkering van kommunikasie wat tydens die vorige staatsrede plaasgevind het.”
Jaar ná Lily-mynramp: ‘Ons doen alles wat ons kan’
ʼn Volle jaar nadat ʼn skeepshouer met drie mynwerkers daarin in ʼn reuse-sinkgat verdwyn het toe ʼn gedeelte van die Lily-myn naby Barberton, Mpumalanga, ineengestort het, is die opsporing van die skeepshouer steeds ʼn prioriteit, het die minister van minerale hulpbronne Sondag gesê.
Vissermanne ná ure in water gered
Vier vissermanne moes Sondag ure lank aan die romp van hul omgeslane boot vasklou voordat hulle uiteindelik uit die see by die Macassar-strand in Kaapstad gered is.
Man deur rivier meegesleur
Polisieduikers en reddingswerkers is tans besig om na ʼn 30-jarige man te soek wat vroeër vandag deur water van die Kliprivier in Meyerton suid van Johannesburg meegesleur is.
Vyf vas ná wrede aanval op Noordwes-egpaar
“Die verdagtes het die eetkamervenster stukkend geslaan om toegang tot die huis te verkry. Daarna het hulle die deur oopgemaak en die liggaam van die man in die huis ingesleep.”
OB ‘het geen kwade gevoelens’ jeens Madonsela
“Adv. Busi Mkhwebane beplan om saam met haar span voort te bou op die vorige suksesse en om die kantoor na nuwe hoogtes te lei. Al waarvoor sy vra is ʼn halwe kans om haarself te bewys.”
Vrae oor burgemeester se R1 miljoen-motor
Die DA het Sondag gesê hy is verstom dat die burgemeester van die Matlosana-munisipaliteit in Noordwes, Maetu Kgaile, glo ʼn splinternuwe motor van R1 miljoen wil hê nadat haar Mercedes Benz, wat net ses maande oud is, in ʼn ongeluk betrokke was.
Gerrie Nel: Saggeaarde bulhond wat korrupsie wil vasvat
Hy braai nie graag self vleis nie, maar hy skroom nie om dié wat hulle aan die verkeerde kant van die gereg bevind, oor die kole te haal nie.
Man tydens rooftog in Pta-meenthuis geskiet
ʼn Man is in ʼn kritieke toestand in ʼn hospitaal opgeneem nadat hy Sondag in die vroeë oggendure deur gewapende rowers in sy meenthuis in Pretoria geskiet is.
Tien vas oor ‘gesteelde’ koperkabels
Tien verdagtes is in Klerksdorp in Noordwes in hegtenis geneem nadat beweerde gesteelde koperkabels ter waarde van R250 000 in hul besit gevind is.
‘Joost is ons Superman’
Joost van der Westhuizen is steeds in ʼn kritieke toestand in die waakeenheid van die Fourways Life-hospitaal in Johannesburg.