Die keur van die Suid-Afrikaanse reklamebedryf is Vrydagaand tydens die jaarlikse Pendoring-prysaand by Vodacom World in Midrand vereer.
Derde verdagte vas oor Levubu-plaasmoord
Die polisie in Limpopo het bevestig dat ʼn derde verdagte in hegtenis geneem is in verband met die moord op Hennie Bonnema, die boer wat verlede week Dinsdagaand op sy plaas in die Levubu-omgewing in Limpopo vermoor is.
Brand breek uit by Krugersdorp-tronk
Oortreders het Vrydag matrasse in die J-Max-gedeelte van die Krugersdorp korrektiewe sentrum in Gauteng aan die brand gesteek.
Polisie sê oor #FeesMustFall-betogings
ʼn Man wat duidelik op ʼn foto uitgeken kan word wat wyd op sosiale media versprei is terwyl hy die venster van ʼn polisievoertuig breek, is in hegtenis geneem.
Oppasser glo meesterbrein agter baba se ontvoering
Die oppasser van die 14-maande oue Siya Mlambo, wat Dinsdag tydens ʼn huisroof in Soweto ontvoer is, was glo die meesterbrein agter die ontvoering.
Twee vas oor Levubu-plaasmoord
Twee mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op Hennie Bonnema, die boer wat verlede week Dinsdagaand op sy plaas in die Levubu-omgewing in Limpopo vermoor is.
Petrolprys styg volgende week
Die departement van energie het Vrydag aangekondig dat die petrolprys Woensdag sal styg.
Gedenkbeurs in naam van TUT-student wat tydens optog sterf
ʼn Gedenkbeurs gaan beskikbaar gemaak word ter nagedagtenis aan die #FeesMustFall-studenteleier van die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) wat verlede week dood is nadat hy tydens ʼn optog in Pretoria deur ʼn motor raakgery is.
Baba wat tydens huisroof ontvoer is, gevind
Die 14-maande oue babaseuntjie wat Dinsdag tydens ʼn huisroof in Protea Glen in Soweto ontvoer is, is gevind.
Slegte nuus vir motoriste in November verwag
Motoriste kan hulle na verwagting staal vir nog ʼn aansienlike verhoging in brandstofpryse in November.
Pta-vrou se lyk gevind ná bure onraad vermoed
ʼn Bejaarde vrou se liggaam is Donderdagoggend in haar huis in Pretoria aangetref nadat haar bure onraad vermoed en die polisie ontbied het.
Jong man gevonnis vir verkragting van 71-jarige
ʼn 24-jarige man is vandeesweek in die Vryheid-streekhof in KwaZulu-Natal tot tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ʼn 71-jarige vrou.
Man sterf met kettingsaag
ʼn Man is in Limpopo dood in ʼn fratsongeluk met ʼn kettingsaag.
Pastoor-moord: Verhoor begin dán
Die verhoordatum in die moordsaak van pastoor Elsabe van Niekerk (55) van Pretoria is Vrydag amptelik in die stad se landdroshof vasgestel.
Nuuskommentaar: Almal het onbewuste neiging tot rassisme, maar …
Ras speel op die oog af wêreldwyd ’n al belangriker rol, en dit is volgens ’n Nederlandse filosoof omdat almal neurologies neig om te onderskei op gronde soos velkleur. Gelukkig kan ons dit beheer om aanvaarbare gedrag te laat seëvier.
91 beeste op Mpumalanga-plaas vergiftig
ʼn Boer van Mpumalanga het byna R1 miljoen skade gely nadat 91 van sy beeste vroeër vandeesweek op sy plaas buite Bethal vergiftig is.
11 vas ná plundering van winkels
Die plunderaars het glo deur die winkelsentrum se dak toegang tot die winkels gekry.
[Foto’s] Raadsvergadering eindig met skoot, bloed en glasstukke
’n Raadsvergadering van die Nelson Mandelabaai-metro het Donderdag geëindig met ʼn skoot wat afgevuur is en twee raadslede wat na ʼn hospitaal vervoer is.
SAID bekyk bewerings rakende Valke-ondersoek
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het gesê ʼn volledige ondersoek sal gedoen word na bewerings dat ʼn SAID-werknemer aangehou en hardhandig behandel is in die Valke se ondersoek na Pravin Gordhan, minister van finansies.
Baba ontvoer tydens huisroof
Met hul terugkeer na die huis het hulle die babaseuntjie ontvoer en met selfone en ander huishoudelike items gevlug