Die Nelson Mandela-stigting het Dinsdag geen doekies omgedraai nie en gesê dit is pynlik om toe te kyk “hoe die wiele van die voertuig van die staat afkom”.
Video: Krokodil val paartjie in hotel-swembad aan
Kringtelevisiebeeldmateriaal, wat onlangs deur die hotel beskikbaar gestel is, wys hoe dié krokodil die swembad bekruip voor hy aanval.
Voortvlugtende ‘polisiemoordenaar’ weer vas
Die voortvlugtende is Maandag by sy skuilplek in Eersterust, in Pretoria se Moot-omgewing, in hegtenis geneem.
Oscar Pistorius-swendelaar gevonnis
Die 33-jarige man wat omkoopgeld van Oscar Pistorius probeer eis het vir sy “vryheid”, is Maandag in die gespesialiseerde kommersiële misdaadhof in Pretoria gevonnis.
Fietse lei polisie tot nog lykies
Die drie fietse langs die dam het reddingswerkers ʼn aanduiding gegee dat daar nog kinders in die water moes wees.
Het oorsese konsertsale, operahuise blinker ligte?
Begin ʼn mens ʼn lys maak van Suid-Afrikaanse musici wat nie net in die buiteland woon nie, maar ook daar gereken word as instrumentaliste, pianiste en sangers, besef jy vinnig in hoeveel lande Suid-Afrikaans gebore kunstenaars hulle gevestig het. En soms wonder ʼn mens of die poeletjie hier te lande nie al kleiner word nie.
Seun (12) verdrink tydens skooluitstappie
ʼn Skooluitstappie het Maandag ʼn tragiese nadraai gehad nadat ʼn laerskoolseun van King William’s Town in die Oos-Kaap in die see by Glen Eden verdrink het.
Zuma-aansoek oor staatskaping-verslag aangehoor
“Die interdikte is niks meer as noukeurig berekende pogings om sake te vertraag en die onvermydelike vrystelling van die verslag so lank moontlik uit te rek nie.”
Nuuskommentaar: Keuse tussen bietjie beter of nog slegter
Daar lê heelwat kenmerke van de facto-eenpartydenke in die “volksopstand” wat pas beleef is om aanklagte teen min. Pravin Gordhan geskrap te kry.
Brandslagoffer Sean: ‘Dit voel soos ʼn nagmerrie’
Mé-Lissa Smith, ma van die tienerseun van Pretoria wat verlede maand erg gebrand het in ʼn fratsongeluk met petrol, sê “dit voel nog al die pad soos ʼn nagmerrie”.
Jong man sterf in vliegongeluk
“Hulle het rook gesien en die polisie ontbied.”
Baba in winkelsentrum ontvoer
ʼn Tienermeisie is in hegtenis geneem nadat ʼn baba in ʼn winkelsentrum ontvoer is.
Bottels kokaïen, miljoene rande op lughawens gevind
ʼn Man, wat R3.9 miljoen van Suid-Afrika na Dubai probeer smokkel het, is Saterdag op die King Shaka internasionale lughawe in Durban in hegtenis geneem.
Panayiotou-moordsaak: Skokfoto’s in hof gewys
Christopher Panayiotou, die man wat aangekla word van sy vrou, Jayde, se moord, het Maandag geen reaksie getoon toe grusame foto’s van haar bebloede liggaam in die hooggeregshof in Port Elizabeth gewys is nie.
Werker sterf toe sloot inval
ʼn Munisipale werker is Maandagoggend in Welkom in die Vrystaat dood nadat ʼn gedeelte van ʼn sloot bo-op hom ineengestort het.
Pa, seun en dogter in hof oor reuse wapenvonds
ʼn Man het Maandag saam met sy seun en dogter in die Goodwood-distrikshof verskyn nadat ʼn reuse hoeveelheid onwettige vuurwapens en ammunisie Vrydag in ʼn ondergrondse bunker op die Kaapse Vlakte gevind is.
Talle eis Abrahams se kop moet rol
Verskeie politieke partye en organisasies het Maandag geëis dat adv. Shaun Abrahams, hoof van die NVG, geskors moet word, hangende ʼn ondersoek na sy bevoegdheid vir sy amp.
Protesoptogte in Pta: Vermy hierdie strate
Die Tshwane-metropolisie het Pretorianers gewaarsku twee verskillende optogte deur politieke partye word Woensdag in die stad gehou.
Stappers maak gru-vonds in Bainskloofpas
Die geraamtes van twee mense is Saterdag langs die Bainskloofpas naby Wellington in die Wes-Kaap gevind.
Nog ʼn minister hof toe oor staatskaping-verslag
Nog ʼn minister gaan om ʼn hofinterdik aansoek doen om te verhoed dat Thuli Madonsela se finale staatskaping-verslag bekendgemaak word.