Sewe mense het Dinsdagoggend uit aanhouding by die Tzaneen-polisiestasie in Limpopo ontsnap.
Nuuskommentaar: Die ‘wit’ gevaar
Min mense het iets anders verwag, maar met pres. Jacob Zuma se Menseregtedagtoespraak in Durban het hy die land opnuut geen guns bewys nie – en nou bepaald deur wit mense veralgemeend as white supremacists voor te stel.
Oscar Pistorius se ‘vryheidbedrieër’ in hof
Die 33-jarige man wat hom as ʼn beampte van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) voorgedoen het en R250 000 omkoopgeld van Oscar Pistorius geëis het om sy moordsaak “te vernietig” en vryheid te waarborg, verskyn Dinsdag in die gespesialiseerde kommersiële misdaadhof in Pretoria.
E-tol: Sanral dagvaar nou motoriste
Die Nasionale Padagentskap (Sanral) het aangekondig dat hy tans Gauteng-motoriste dagvaar wat nie hul e-tolskuld betaal nie.
Soektog duur voort ná vrou in vloedwater verdwyn
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het by Gautengse nooddienste aangesluit om te help soek na ʼn 58-jarige vrou wat vermis is nadat haar motor Donderdagaand van ʼn laagwaterbrug in die noorde van Johannesburg meegesleur is.
Seun (9) sterf toe rivier hom meesleur
ʼn Negejarige seuntjie is dood nadat hy deur die Masekanerivier naby Letsitele in Limpopo meegesleur is.
Twee lyke op plaas gevind
Die Noordwes-polisie ondersoek ʼn dubbelmoord nadat die liggame van ʼn man en vrou op ʼn plaas naby Rustenburg gevind is.
Boer weer in hof oor ‘geweld teenoor swartes’
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Burgerlike Organisasie (Sanco) het geëis dat ʼn boer van Bronkhorstspruit, wat in hegtenis geneem is nadat hy na bewering geweld teenoor swart mense op Facebook aangehits het, nie op borgtog vrygelaat word nie.
Inbraak by Helen Suzman-stigting ‘buitengewoon’
Die Helen Suzman-stigting het Maandag gesê hy was die slagoffer van ʼn gewapende rooftog by sy kantoor in Parktown, Johannesburg.
Immigrante stroom na Griekeland ondanks EU-ooreenkoms
Owerhede in Griekeland het Maandag gesê immigrante en vlugtelinge betree steeds die land deur sy Egeïese eilande ondanks ʼn ooreenkoms tussen die Europese Unie en Turkye om die instroming te beheer.
Eddie Izzard voltooi 27 marathons in 27 dae in SA
Die komediant Eddie Izzard het Sondag in Pretoria die laaste paar kilometer gehardloop om die uitdaging, 27 marathons binne 27 dae, af te handel.
$200 miljoen-navorsingskip dalk ‘Boaty McBoatface’ gedoop
Die Natuurlike Omgewingsnavorsingsraad (NERC) het ʼn groot les geleer: moenie die internet vra om vir jou nuwe $200 miljoen-navorsingsvaartuig ʼn naam uit te dink nie.
Twee vroue vas oor moord
Twee vroue, onderskeidelik 21 en 24 jaar oud, sal na verwagting Maandag in die hof verskyn op aanklag van twee afsonderlike sake van moord.
Soektog na rowers wat kitsbank opblaas
Die polisie in Noordwes het ʼn soektog van stapel gestuur nadat ʼn groep swaar gewapende mans ʼn kitsbank by Impala-hostel in Freedom Park naby Phokeng opgeblaas het.
2 miljoen immigrante in Duitsland in 2015
Owerhede in Duitsland het Maandag bevestig dat die departement van statistiek 2 miljoen immigrante in 2015 in dié land geregistreer het.
Tegniese probleem met Ramaphosa-vliegtuig
Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het Maandag sy geskeduleerde besoek aan die Oos-Kaap gekanselleer weens ʼn tegniese probleem met die vliegtuig waarmee hy sou reis.
Drie sterf in Pinetown-ongeluk
Drie persone is dood en vier persone kritiek beseer in ʼn trompop botsing Maandagoggend op die M19 tussen Pinetown en Durban.
ANC gaan Gupta-bewerings ondersoek
Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het Sondagaand aan verslaggewers gesê die party sal “ernstige bewerings” oor die Gupta-familie en hul invloed op die party ondersoek.
Nuuskommentaar: Menseregte en die pokerkrasie
Met Zuma se politieke oorlewing die naweek is dit ook ’n terugslag op die pad na nierassigheid in die land.
Een familie kan nie 55 miljoen SA’ners beheer nie, sê Gordhan
Geen enkele familie moet die lot van alle Suid-Afrikaners bepaal nie, het Pravin Gordhan, minister van finansies, Sondag gesê.