Skote het Woensdagmiddag by die M1-Noord Grayston-afrit in Johannesburg geklap toe die polisie en vermeende rowers glo in ʼn skietgeveg betrokke geraak het.
Verkiesingsdatum bekend
Pres. Jacob Zuma het Woensdag die datum vir vanjaar se munisipale verkiesing bekend gemaak.
FNB sluit Gupta-maatskappy se bankrekeninge
ʼn Maatskappy wat aan die Gupta-familie behoort, het bevestig FNB het die maatskappy se bankrekeninge gesluit, kort nadat ʼn ander bank vroeër vandeesweek dieselfde gedoen het.
OVK maan kiesers
Die onafhanklike verkiesingskommissie (OVK) het Woensdag lede van die publiek gemaan om nie die naweek se landwye kieserregistrasie te belemmer nie.
Schalk terug by skool ná bus hom tref
Presies 74 dae nadat ʼn snelbus Schalk Viljoen (16) voor sy skool in Pretoria raakgery het en hy by die dood omgedraai het, kon hy Dinsdag sy skoolloopbaan hervat.
Glykabel-val: ‘Nog lank nie die einde nie’
Enkele dae nadat Carmen Botha, die tiener van Centurion wat 15 meter ver van ʼn glykabel af geval het, na ʼn rehabilitasiehospitaal oorgeplaas is, is sy weer terug in die waakeenheid van ʼn Johannesburgse privaathospitaal.
Man se verbrande lyk in veld gevind
Die Gautengse polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om te help om die identiteit van ʼn wit man, wie se verbrande liggaam in ʼn veld naby die R21-snelweg gevind is, vas te stel.
Zuma-ampswoning beskadig
Pres. Jacob Zuma se ampswoning in Durban, KwaZulu-Natal, is tydelik as ongeskik vir menslike bewoning verklaar.
‘Ontvoerde’ studente-aktivis in hegtenis geneem
Vusi Mahlangu, die studente-aktivis wat na bewering ontvoer is, is Dinsdag in hegtenis geneem.
Pasgebore baba in veld gelos
ʼn Pasgebore babadogtertjie is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal, nadat sy in ʼn veld in Johannesburg gelos is.
Nuwe veilige WhatsApp-boodskappe
WhatsApp-gebruikers het Dinsdag ʼn kennisgewing op dié boodskapdiens ontvang dat alle boodskappe en WhatsApp-oproepe nou beveilig word.
Groblersdal-plaasmoord: ‘My pa is ʼn held’
“My pa het as ʼn held gesterf. Hy het sy lewe gegee om drie ander mense se lewens te spaar. En dit is hoe ek hom altyd sal onthou.”
Vyf vas oor renosterhoring
Vyf mans wat glo probeer het om ʼn renosterhoring aan ʼn lid van die Valke te verkoop, sal Woensdag in die Carolina-landdroshof in Mpumalanga verskyn.
Burgery wil Zuma nou self pos
Corruption Watch, die Treatment Action Campaign (TAC), kerkgroepe en vakbonde gaan Woensdag planne bekend maak om pres. Jacob Zuma uit sy amp te laat onthef.
[Video] Reusegewas van koedoe verwyder
ʼn Koedoebul van ʼn plaas buite Tzaneen in Limpopo kan nou aansienlik ligter loop, nadat ʼn gewas van byna 15kg van sy kop verwyder is.
Fedsas ondersteun nuwe skolebeleid
Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) het vandeesweek in ʼn verklaring gesê die nuwe beleid, wat standaarde stel vir skoolhoofde in Suid-Afrika, wat op 18 Maart vanjaar in die Staatskoerant gepubliseer is, is ʼn positiewe mylpaal vir onderwys in die land.
[Foto’s] Man sterf toe motor deur Pta-huis ploeg
ʼn Bejaarde man is Dinsdagaand dood nadat die Mini Cooper waarin hy gery het, in ʼn huis in Pretoria ingeploeg het.
Nuuskommentaar: Jan van Riebeeck en die dag toe al die land se probleme begin het
Is dit verkeerd dat sommige mense vandag Jan van Riebeeck se aankoms in die Kaap op die een of ander wyse herdenk? Volgens pres. Zuma se uitsprake, het die land se probleme immers begin die dag toe Van Riebeeck in die Kaap voet aan wal gesit het. Bog soos wat dit is, dui dit egter op ʼn komplekse situasie in ʼn heterogene land.
Ma, kind sterf saam
ʼn Ma en haar kind is Dinsdag saam in ʼn beweerde tref-en-trap-voorval buite Potchefstroom in Noordwes dood.
[Foto’s] Geweld by Amcu-staking in Mpumalanga
Geweld het Dinsdag tydens ʼn staking van Amcu-werkers by Wonderfontein-steenkoolmyn in Mpumalanga, wat nou al drie weke lank duur, uitgebreek.