Indien die huidige oorverhaling op petrol vir die komende week voortduur, sal die prys van petrol op 2 Maart daal.
Minister wil glo swyg oor gesteelde vuurwapens-syfer
AfriForum het Donderdag gesê hy gaan voort met twee hofaansoeke om die volledige syfers van gesteelde vuurwapens wat tussen 2009 en 2014 in die staat se besit was, openbaar te maak.
Man, vrou in Krugersdorp geskiet
ʼn Man is dood en ʼn vrou, met wie hy vermoedelik getroud was, is gewond in ʼn skietvoorval Donderdagoggend by ʼn huis in Krugersdorp in Gauteng.
Rouxville-aanval: Boervrou sterk aan
Cecilia Cilliers, die vrou wat op 21 Januarie ʼn plaasaanval naby Rouxville in die Vrystaat oorleef het, se toestand verbeter by die dag. Haar eggenoot, dr. Bennie Cilliers, is tydens die aanval doodgeskiet.
Nuuskommentaar: Het ons ʼn staatsgreep beleef?
Namate die tyd verloop sedert die Nene-insident, lyk dit al hoe meer of iemand agter die skerm “Zuma se toutjies trek”, maar ook met genoeg uitskieters wat lyk of Zuma wel nog genoeg speelruimte het om die land oneindige skade te berokken.
Nóg ʼn voortvlugtige aangekeer
Nóg een van die vier gevaarlike verdagtes wat onlangs uit ʼn bewegende vangwa in Noordwes ontsnap het, is aangekeer.
Lily-myn: Reddingspoging dalk met 2 weke vertraag
Vantage Goldfields het Woensdagaand gesê dit kan moontlik nog twee weke duur voor die reddingspoging vir vasgekeerde Lily-mynwerkers in Barberton, Mpumalanga hervat.
DA verhoed nuwe Noordwes-nommerplate
Die Demokratiese Alliansie het Woensdag gesê hy het verhoed dat nommerplate in Noordwes van NW na BB vir Bokone Bophirima verander word.
Pta-fietsryers in tref-en-trap beseer
Twee fietsryers van Pretoria is Woensdag beseer nadat ʼn bus hulle glo op die hoek van Eeufeesweg en Christina de Witrylaan by Fonteinedal in Groenkloof, Pretoria, getref het.
Nóg 50 000 mense onder broodlyn weens droogte
Die Wêreldbank het Woensdag gesê die droogte wat groot dele van Suid-Afrika in sy greep het, het ʼn verdere 50 000 mense tot onder die broodlyn gedruk.
UK: ‘Meerderheid koshuisstudente ís swart’
Die Universiteit van Kaapstad (UK) het Maandag bewerings deur die RhodesMustFall-beweging (RMF) ontken dat daar teen swart studente gediskrimineer word ten opsigte van verblyfplasings.
Geskorste Valke-baas weer aangekla
Genl.maj. Johan Booysen, die geskorste hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, is weer aangekla van presies dieselfde aanklagte wat twee jaar gelede deur die hooggeregshof in Durban uitgegooi is.
DA-hoofsweep uit Sona-debat gegooi
Die debat oor pres. Jacob Zuma se staatsrede is Woensdag byna verdaag nadat die voorsitter van die vergadering, Raseriti Tau, die DA gevra het om die nasionale vergadering te verlaat.
Veiligheidsbeampte van Lily-myn neem eie lewe
Die polisie het Woensdag bevestig dat die veiligheidsbeampte van die Lily-myn naby Barberton in Mpumalanga selfmoord gepleeg het.
Aanvallers skiet boer met sy eie vuurwapen
ʼn Boer van die Edenburg-distrik in die Vrystaat is Woensdagoggend deur twee booswigte, wat hom op sy plaas ingewag het, geskiet.
Vrou sterf in ongeluk op pad na skool
ʼn Vrou is Woensdagoggend dood toe die motor waarin sy drie kinders na ʼn skool in KwaZulu-Natal geneem het, in ʼn ongeluk betrokke was.
Man op Pta-kleinhoewe geskiet
Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord nadat ʼn man Dinsdagaand op ʼn kleinhoewe in Tiegerpoort, oos van Pretoria geskiet is.
Name bekend van skolier, motoris wat in gru-botsing sterf
Die name is bekend gemaak van die skoolseun en ʼn volwasse man wat Dinsdagmiddag in ʼn gru-botsing naby Jacobsdal in die Vrystaat gesterf het.
Gauteng: Verhoging in e-toltariewe aangekondig
Die Outomobiel Assosiasie (AA) het Woensdag in ʼn verklaring motoriste in Gauteng gewaarsku dat die e-toltariewe op 1 Maart met ongeveer 5% sal verhoog op paaie wat deel vorm van die Gautengse hoofwegprojek (GFIP).
Vermiste kinders: statistieke lyk al hoe beter
Volgens statistieke wat die organisasie Missing Children South Africa verlede maand bekendgemaak het, was daar in 2015 ʼn aansienlike daling in die aanmelding van vermiste persone.