’n Peiling kort voor gister se algemene verkiesing in Brittanje het, anders as die voriges, aangedui dat die regerende Konserwatiewe Party maklik die verkiesing sou wen.
Luister: Wie gaan DA-leierskapstryd wen?
Die DA sal die naweek tydens sy kongres in Port Elizabeth ’n nuwe leier verkies.
Radiografis vas oor kaalfoto’s van seun
ʼn Radiografis van Johannesburg wat glo kaalfoto’s van homself aan ʼn negejarige seun oor WhatsApp en BBM gestuur het, het Donderdag in die stad se landdroshof verskyn op aanklag van kinderpornografie.
Nelspruit-boer erg met graaf aangerand
ʼn Boer en sy vrou is ernstig beseer nadat hulle Donderdagaand op hul plaas, Soetmelkvlei, naby Nelspruit oorval en erg met ʼn graaf aangerand is.
Afrikaans 90: Só lyk splinternuwe roos, ‘Afrikaans’
Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het Donderdagaand tydens ʼn skemerkonsert by die Gerard Moerdijk-huis in Pretoria ʼn nuwe roos, “Afrikaans”, bekend gestel.
Graafmoord: ‘Hy was ʼn liefdevolle mens’
Johan Coetzee (62), die boer van Bon Accord, noord van Pretoria, wat Woensdagoggend vermoedelik met ʼn graaf vermoor is, was ʼn liefdevolle mens wat ʼn hegte band met sy drie dogters en tien kleinkinders gehad het.
Sakeman wat glo vrou vermoor het, ‘wil landuit vlug’
Die Polokwane-landdroshof het Donderdag gehoor dat Rameez Patel, wat aangekla word van die moord op sy vrou, glo landuit wil vlug.
Nuuskommentaar: Goeiemôre! ’n Stomende kommetjie gaat met bies op Afrikaans
Afrikaans is ’n pragtige taal met ’n verskeidenheid dialekte wat dit verryk, maar dit is ook nou ’n taal wat wakker moet loop om nie voor sy 100ste amptelike herdenking uit die Grondwet “gesteel” te word nie.
SAL-vlieënier kry borgtog ná ‘padwoede-moord’
ʼn Vlieënier van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) wat daarvan beskuldig word dat hy Louis Janse van Rensburg (53) tydens ʼn vermeende padwoede-voorval doodgeskiet het, is op borgtog vrygelaat.
Nege veiligheidswagte vas oor wapens
Die polisie in KwaZulu-Natal het Vrydag gesê nege veiligheidswagte is in die provinsie in hegtenis geneem weens oortredings van die Wet op Vuurwapens.
Tieners het glo 8-jarige seun verkrag
Drie skoliere van Mpumalanga het Donderdag in die Nelspruit-streekshof verskyn in verband met die verkragting van ʼn agtjarige seun.
Foto’s: Bejaarde vakansieganger met helikopter gered
ʼn 79-jarige man van Krugersdorp is Donderdag by die Robberg-natuurreservaat in Plettenbergbaai in die Wes-Kaap met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem nadat hy tydens ʼn staptog geval en ʼn kopbesering opgedoen het.
Kaapstad-brande doelbewus gestig
Twee van die drie brande wat in Maart verwoesting gesaai het in die Kaapse Skiereiland is doelbewus gestig, en die derde een, die grootste van die drie, is moontlik per ongeluk deur ʼn paar haweloses begin.
Video: Wêreldberoemde balletproduksies in Jhb en Kaapstad te sien
Danksy Suid-Afrikaanse gehore se ondersteuning, het die wêreldberoemde St Petersburg-balletgeselskap nog twee ander klassieke balletproduksies by hulle program gevoeg.
Samwu distansieer homself van ‘chaotiese’ Kaapstad-optog
Die munisipalewerkersvakbond Samwu het Donderdag gesê die plundery van straatverkopers se stalletjies tydens ʼn optog deur die vakbond was die werk van “opportuniste en misdadigers”.
Noordwes-naamsverandering sal miljarde kos, sê DA
Die Demokratiese Alliansie het Donderdag gesê dit sal miljarde kos om die Noordwes-provinsie se naam te verander.
Fase 2-beurtkrag toegepas
Eskom het Donderdagmiddag van 17:00 fase 2-beurtkrag begin toepas.
Foto’s: R9 miljoen se vervalste goedere gevind
Die polisie in Bellville, Kaapstad, het Donderdagoggend op die middestad toegeslaan en beslag gelê op vervalste goedere ter waarde van minstens R9 miljoen.
DBV ‘hoopvol’ in soektog na bebloede honde op bakkie
Die Sandton Dierebeskermingsvereniging (DBV) het Donderdag gesê hy doen steeds alles in sy vermoë om die bebloede honde op te spoor wat Dinsdag agter op ’n bakkie in Johannesburg vervoer is en glo reeds landuit is.
Ouers soek antwoorde ná baba se raaiseldood by kleuterskool
“Ons gaan hom laat veras sodat ons sy assies vir die res van ons lewens by ons kan hou. Hy was ons wonderwerkkind. Hy was liefde.” Só het Gert Fourie (20) gesê nadat sy drie maande oue babaseuntjie Maandag by ʼn kleuterskool in Springs dood is nadat hy vermoedelik verstik het.