Meer as 2 300 bevorderings van oudlede van die ANC se ontbinde gewapende vleuel, Umkhonto we Sizwe (MK), bo die rang van kaptein is die afgelope vyf jaar deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag van krag gemaak.
Nóg skokonthullings oor Bosasa gehoor
Die kommissie van ondersoek na staatskaping het gehoor hoe ʼn ingewikkelde stelsel by dié maatskappy gewerk het om na bewering geld te “was” en omkooptransaksies te doen deur ʼn reeks fiktiewe maatskappye, kontanttjeks en valse fakture te gebruik om regeringstenders te bekom.
Belastingbetalers dok steeds op vir Zuma se gelag
Asof al die onthullings oor staatskaping onder sy bewind nie genoeg is nie, het dit nou ook aan die lig gekom dat oudpres. Jacob Zuma en sy vroue die afgelope jaar sowat ʼn miljoen rand van die belastingbetaler ontvang het vir onder meer vervoer-, reis- en verblyfkoste.
Burgemeester lê die tuig neer
Hy het gesê hy sal sy bedanking in die eerste twee weke van Februarie afhandel, maar het onderneem om inwoners van die metro se behoeftes intussen steeds voorop te stel.
Lang herstelpad vir tiener ná spoegkobra haar pik
Anthea se gesin huur nou ʼn suigmasjien teen sowat R1 500 per dag waarmee sy drie maande lank behandel moet word.
Kontrak vir e-tol glo verleng
“Eerder as dat hulle eerlik is, het ons gesien hoe Makhura en die ANC op die emosies van die inwoners van Gauteng speel deur te beweer dat e-tol nie ʼn plek in die provinsie het nie en dat dit geskrap sal word.”
Gr. 7 op skoolterrein met mes doodgesteek
“Ek hoop die Here sal hulle in dié moeilike tyd vertroos.”
Jong man steeds in hospitaal ná slangbyt
Tydens die jongste operasie is sy been toegemaak waar die pofadder hom gepik het en vel van hoërop teen sy been oorgeplant.
SA’ner se lyk in Mosambiek gevind
“Ons sal aanhou soek en die reddingspanne sal op die eiland bly tot ons hulle opspoor.”
Video: Skending van DA-reklamebord ‘sal nie waarheid wegsteek’
“Dit gaan oor die nagedagtenis van al die baie Suid-Afrikaners wat slagoffers van ʼn onverskillige, gevoellose en wrede regering geword het.”
Minister ontken Bosasa-bewerings
Dit kom nadat Aneglo Agrizzi die week by die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping getuig het dat daar aan hom gesê is dat verskeie ministers direkteure was van Dyambu wat sy naam in 2000 na Bosasa verander het.
2 vas vir ontvoering waar bitcoin-losprys geëis is
In Mei verlede jaar is ʼn 13-jarige seun ontvoer terwyl hy buite sy ouerhuis in Witbank gespeel het en die ontvoerders het bitcoin as losprys vir sy vrylating geëis.
‘Skokkende aanvalle op skole wys wetsontwerp is dringend nodig’
Die gewelddadige betogings by Laerskool Schweizer-Reneke en Hoërskool Stilfontein dui daarop dat aanvalle op skole gaan toeneem en dat wetgewing nodig is om sodanige optrede onwettig te maak en te kriminaliseer.
Vroulike treindrywer en veiligheidswag aangeval
Ontstoke pendelaars, wat ontevrede was met stadige Metrorail-treine, het vandeesweek in twee afsonderlike voorvalle in Gauteng twee enkelma’s van die vakbond Untu aangeval.
R2 miljoen se gesteelde geld teruggevind
Twee verdagtes, onderskeidelik 30 en 40 jaar oud, is Woensdagaand naby Louis Trichardt in Limpopo in hegtenis geneem en polisiebeamptes het beslag gelê op R2,6 miljoen kontant.
Werkers op Bethlehem-plaas vasgebind
Die polisie in die Vrystaat is op soek na ses persone wat werkers op ʼn plaas, 30 km buite Bethlehem, vasgebind het voordat hulle huise op die plaas geplunder het.
Grey Kollege: SAOU verwelkom hof se uitspraak
Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) het ʼn uitspraak in die hooggeregshof in Bloemfontein verwelkom waar die beheerliggaam van Grey Kollege se aansoek om verlof tot appèl afgekeur is.
Repokoers bly onveranderd
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het Donderdag die repokoers onveranderd gelaat op 6.75%.
Egpaar, nog twee vas vir korrupsie van R57 miljoen
David Brandsma was in dié tyd ʼn werknemer van Boxer Superstores en het glo sy vrou, ʼn direkteur van To Be Sales 5 BK, gehelp om die produkte teen oordrewe pryse by die ander twee firmas te bekom en toe gereël dat “kommissie” in sy bankrekening betaal word.
Polisie slaan toe op ANC-hoë se huis
Die eenheid het beslag gelê op eiendom van Mabuyakhulu in ʼn klopjag wat verband hou met beweerde bedrog van R28 miljoen voortvloeiend uit ʼn jazzfees wat in 2012 in Durban gehou sou word, maar nooit plaasgevind het nie.