Die hooggeregshof in Pretoria sal op 11 Maart aanstaande jaar die DA se aansoek aanhoor dat die voortgesette kabinetslidmaatskap van ministers Malusi Gigaba en Bathabile Dlamini onwettig is.
Drie kinders in Port Elizabeth doodgeskiet
Deacon van Rooyen (16) en Ruaan Willemse (8) is noodlottig gewond en nog vyf mense, tussen 17 en 36 jaar, het skietwonde opgedoen.
Chemie-vraestel ‘billik met vrae wat uitdaag’
Die tweede wetenskapvraestel was regverdig, maar het ook heelwat vrae bevat wat meer dinkwerk van matrikulante sou geverg het. Leerders het landwyd Maandagoggend gesit om die chemievraestel te skryf.
Pretrit met ambulans eindig noodlottig
“Wanneer ons diensverskaffers aanstel om ons ambulanse en patrollievoertuie te herstel en in stand te hou, vertrou ons dat hulle hulself volgens die hoogste standaarde van professionaliteit en sorgsaamheid sal gedra …”
Storm oor bekende liedjieskrywer glo nie liedjies lewer
Die duiwel is los in die vermaakbedryf nadat bewerings aan die lig gekom het dat verskeie kunstenaars glo derduisende rande vir liedjies aan die bekroonde liedjieskrywer, Johan Oberholzer, betaal het wat hy na bewering nooit gelewer het nie.
Egpaar wreed op kleinhoewe aangerand
Veral die 66-jarige man het kwaai deurgeloop toe die drie hom met ʼn stomp voorwerp geslaan het.
Een dood, 13 beseer toe taxi rol
Paramedici het nog 13 mense op die toneel ondersoek. Vyf was in ʼn kritieke toestand, terwyl agt se beserings van gering tot matig gewissel het.
Brande woed voort in Suid-Kaap, nóg inwoners ontruim
Die brande wat die afgelope week op verskeie plekke in die omgewing van Rheenendal, De Vlugt, George en Karatara gewoed het, het al meer as 80 000 hektaar verwoes. Enkele diere het brandwonde aan hul pote opgedoen waar hulle op kooltjies getrap het.
Vlakfontein-beskuldigdes bly in aanhouding
Enerst Mabaso (27) en Fita Khupe (61) word daarvan beskuldig dat hulle die sewe familielede in die township suid van Johannesburg vermoor en daarna hul oorskot onder hopies grond in die huis en in ʼn buitekamer weggesteek het.
Momberg se appèlsaak moet wag tot 2019
“Ons glo die vonnis is te swaar. Die skuldigbevinding moet omgekeer word.”
SA onderwyser sterf in Viëtnam
Jooste en Luker “was soos bloedbroers. Benjamin was soos ʼn kind in my huis.”
Baba sterf toe hy in boorgat val
Soek-en-reddingspanne asook lede van die gemeenskap het sedert Saterdag onverpoos gegrawe om die seuntjie se liggaam te vind.
Sindikaatlede kry 60 jaar vir gewapende rooftogte
Die sindikaat het minstens 12 gewapende rooftogte op Springs, Devon en Kinross uitgevoer.
Gigaba weier om te bedank
Malusi Gigaba, die beleërde minister van binnelandse sake, sê hy sal net bedank as pres. Cyril Ramaphosa vra hy moet.
Onweerswolke pak saam vir Floyd Shivambu
Die EFF is besig om sy grofgeskut gereed te kry ter verdediging van sy onderleier, Floyd Shivambu, in die parlement se etiekkomitee.
Departement wil SAL ‘stabiliseer en kostes verminder’
Die ministerie van openbare ondernemings het Sondag gesê sy onmiddellike prioriteit is om die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) finansieel te stabiliseer en deur middel van kostevermindering en kommersiële reoriëntasie seker te maak die lugredery is finansieel volhoubaar.
Drie kinders verkool in huisbrand
Drie kinders het Vrydagaand in ʼn huis in Brakpan in Gauteng verkool toe ʼn brand in hul ouerhuis ontstaan het.
Paartjie in PE geskiet
Mark Stallenberg (39) is dood en sy vriendin (28) ernstig beseer toe hulle Sondagmiddag in sy huis in Helenvale in Port Elizabeth aangeval is.
Laat vir afslaan, toe ry hy 218 km/h
ʼn 35-jarige man is Sondagoggend vroeg in hegtenis geneem toe hy met ʼn wit Porsche Boxster teen 218 km/h op die N3 in Gauteng gery het.
Man verdrink by La Lucia
ʼn 25-jarige man het Sondagmiddag vermoedelik by La Lucia-strand, noord van Durban in KwaZulu-Natal, verdrink.