Die metropolisie moes minstens een gespanne situasie ontlont toe ʼn struweling tussen die twee opponerende groepe, dié wat Omotoso ondersteun en dié wat teen seks- en geslagsgebaseerde misdade betoog, uitgebreek het.
Ramaphosa laat Jiba, Mrwebi ondersoek
Ramaphosa het gesê hul skorsing met volle betaling hangende die uitkoms van ʼn ondersoek na hul geskiktheid vir hul poste tree vandag in werking.
Foto’s: ‘Oorweldigende opkoms’ by staptog teen rasse-uitsluiting
“Soos ons deur die strate gestap het, het optoggangers slagspreuke geskree wat tussen die hoë geboue van Sandton weerklink het. Dit was byna ʼn emosionele belewenis.”
ANC, DA behou setels in tussenverkiesings
Altesaam 12 kandidate van ses politieke partye en een onafhanklike kandidaat het aan Woensdag se tussenverkiesings deelgeneem.
Stigting sê skole kan nie ‘jong kriminele huisves nie’
“Ons het die departement lankal gewaarsku oor die beleid om leerders net deur te sit. Die gewelddadige gedrag deur leerders wat al die vakke wou skryf, illustreer hoekom dit nodig is om die beleid te skrap.”
DA-hoofsweep, nog 4 bedank oor De Lille
De Lille, burgemeester van Kaapstad, het vroeër tydens die vergadering harde woorde gehad vir haar kritici en politieke teenstanders.
Johannesburg se skuldvooruitsig afgradeer
Die Stad het gesê hy het in ʼn poging om aandag te gee aan Moody’s se bekommernisse verskeie inisiatiewe van stapel gestuur, waaronder ʼn meer doeltreffende rekeningbestuurbeleid wat strook met wetlike voorskrifte en munisipale verordenings.
Mini-begroting ontleed: ‘Morsig, maar ook rede tot hoop’
Die syfers wat Tito Mboweni, minister van finansies, Woensdag in sy mediumtermynbegrotingsraamwerk genoem het, is skokkend, maar dit was die eerste eerlike begroting in ʼn lang tyd.
ANC eis Tshwane-bestuurder se kop
In sy aansoek vra die stadsbestuurder dat die ondersoek na die saak onregmatig verklaar word. Hy vra ook dat dit gestaak word.
Vermoorde was glo fluitjieblaser in omstrede Vrede-suiwelprojek
Die man wat Vrydag dood op die plaas Knelvlei buite Vrede in die Vrystaat aangetref is, was glo een van die fluitjieblasers wat die beweerde korrupsie in die opspraakwekkende Vrede-suiwelplaasprojek aan die lig gebring het.
Valke-beampte steel op misdaadtoneel
“Ons eenvoudige boodskap is: Wetstoepassingsbeamptes moet misdaad bestry en dit nie pleeg nie.”
Onduidelik of vrou weer sal kan loop ná hysbak val
“Dit is vir my ontsettend belangrik dat ek weet presies wat gebeur het en hoekom die hysbak geval het. Dit sal uitkom.”
Drie gevonnis twee jaar ná plaasaanval
Een van die aanvallers is langs die heining doodgeskiet, terwyl die ander drie op die vlug geslaan het.
Video: Polisiebeampte daag glo dronk by klaers op
In die video, wat wyd op sosiale media versprei word, is die beampte se dienspistool duidelik sigbaar aan sy sy.
Man vas ná brand vyf lewens eis
“Polisiebeamptes het die liggame van vyf mense – vier mans en ʼn vrou – op die misdaadtoneel aangetref.”
Vrou ondergaan operasie ná Potch-aanval: ‘Sy het baie pyn’
Dokters sal eers nadat die swelling van die operasie gesak het finaal kan sê of haar sig ten volle sal herstel.
Swembad kry voete by Gautengse fabriek
“ʼn Klomp mense het al gebel. Party beskuldig hul bure en ander sê hulle sal ons help om die swembad op te spoor – ons moet net eers vinnig vir hulle geld gee.”
Jong vrou aangerand, geskop op Noordwes-plaas
Dit was vermoedelik dieselfde mans wat die afgelope week bokke en skape op die plaas gesteel het en na wie buurtwaglede eergisteraand onsuksesvol in die omgewing gesoek het.
DA: ‘Ons kritiseer OB omdat sy nie haar werk doen’
Die DA het gesê hy hoop nie net die hof verklaar haar verslag oor die Vrede-suiwelprojek onwettig nie, maar hou die OB ook persoonlik aanspreeklik vir die koste daarvan.
Optoggangers vaar vandag strate in teen rasse-uitsluiting
Ongeveer 2 000 mense word vandag verwag by ʼn reuseoptog teen Sasol en algehele rasse-uitsluiting wat na verwagting groot verkeersontwrigting in die Sandtonse sakesentrum sal veroorsaak.