Nadat ʼn KwaZulu-Natalse vrou en haar seun, wat albei aanvanklik as vermis aangemeld is, se liggame in Januarie vanjaar in ʼn vars graf gevind is, is die vrou se broer Woensdag in hegtenis geneem in verband met die moorde.
AfriForum wil met polisieminister vergader
“Politieke uitsprake wat wettige grondeienaars toenemend soos die vyand of selfs gronddiewe uitbeeld, skep die klimaat vir ’n styging in plaasaanvalle.”
Voertuigverkope onder politieke druk
Daar was verskeie verrassings onder die Toptien-presteerders in Februariemaand.
Man dood by kragstasie aangetref
Hy het met sy gesig na bo gelê.
Ngubane ontduik vrae by Eskom-ondersoek
Ben Ngubane, voormalige voorsitter van Eskom, het Woensdag geweier om antwoorde te verskaf oor bewerings dat Lynne Brown, voormalige minister van openbare ondernemings, ingegryp het om die skorsing van die kragvoorsiener se voormalige waarnemende uitvoerende hoof, Matshela Koko, te verhoed.
Man (81) sterf 3 weke ná gru-plaasaanval
“Ek wil hê die wêreld moet weet watter aaklige plek dit dié is om in te woon. Niemand gee om oor ons nie en dit lyk nie of dinge gaan verbeter nie.”
Jong brandbestryder sterf ná ongeluk
“Hy sal onthou word vir sy entoesiasme en passie vir sy werk en sy liefde vir sy kollegas.”
‘Nie ons werk om Duduzane, Guptas te soek’
“Ons by die staatsveiligheidsagentskap kan nie by al die grense omgaan om te kyk of Duduzane uit die land uit is of nie.”
Ramaphosa gesels met Moody’s
Volgens die presidensie het Ramaphosa tydens dié gesprek herhaal dat grondhervorming binne ʼn wetlike raamwerk gedoen sal word wat nie ekonomiese groei raak nie.
Twaalf organisasies sê reeds nee vir grondonteiening
“Ons praat nie nou hier van ʼn blote herverdeling van grond nie, maar van ʼn nasionalisering van alle land.”
Staatskaping: Dié mense gaan dit ondersoek
Die lede van die kommissie van ondersoek na staatskaping is bekend gemaak en dit is ʼn gedugte span.
Vermiste tiener dood gevind; man vas
“Die verdagte is in hegtenis geneem en het die misdaadtoneel aan die polisie uitgewys. Die slagoffer se klere is ook gevind.”
Apleni slaan vure dood oor Gupta-familie
“Om die hele Gupta-familie in sy geheel te ontleed en op te som, het die departement gaan kyk na al die mense op die stelsel met die van Gupta. Ons het gevind daar is 39 mense wat nie burgerskap het nie, 13 wat wel burgerskap het, en 10 wat in Suid-Afrika gebore is. Dit gee ons ʼn totaal van 62.”
Minstens 5 mense met hondsdolheid gediagnoseer
Al die gevalle van hondsdolheid wat genoem is, was almal mense wat blootgestel is aan troetelhonde en -katte wat hondsdolheid gehad het.
Skoolhoof vas wat glo leerders verkrag
ʼn Skoolhoof van ʼn hoërskool in Mpumalanga sal Donderdag weer in die hof verskyn in verband met die beweerde verkragting van drie leerders by die skool.
Maak só as jy ʼn transitoroof sien
Die veiligheidsmaatskappy SBV, wat ook kontant-in-transito-dienste verskaf, het ʼn paar wenke verskaf oor wat jy kan doen indien jy ʼn transitorooftog sien.
Kaapstad se dag zero tot 2019 uitgestel
Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, het Woensdag gesê dag zero sal nie in 2018 in Kaapstad plaasvind nie en die krane sal nie opdroog nie.
Vakbond ontstoke oor Nedbank-poste wat weens ‘robotte’ gesny word
Die finansiële-werkersvakbond Sasbo het Woensdag Nedbank veroordeel ná ʼn aankondiging dat 3 000 poste gesny kan word as gevolg van robotika.
Gauteng-premier besorg oor voorgestelde tariefverhogings in Jhb
David Makhura, premier van Gauteng, het Woensdag sy kommer uitgespreek oor ʼn voorgestelde verhoging van eiendomsheffings in die Stad Johannesburg ná sy munisipale waardasies onlangs uitgereik is.
Gigaba ‘te siek’ om te sê of hy oor Guptas gejok het
LP’s het Woensdag Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, ʼn “patologiese leuenaar” genoem nadat hy versuim het om in die nasionale vergadering te verskyn en vrae te beantwoord oor die burgerskapstatus van die omstrede Gupta-familie.