Dirk Steenkamp (71), ʼn gesiene sakeman en boer van Vredefort, is Sondagoggend vermoor. Sy roudiens is Donderdag, op wat sy 72ste verjaarsdag sou wees, gehou.
Simba Mhere-ongeluk: Naidoo eers dán gevonnis
Preshalin Naidoo, die man wat betrokke was in die motorongeluk waarin Simba Mhere, die Top Billing-aanbieder dood is, is vroeër skuldig bevind aan strafbare manslag.
Nóg ʼn ANC-LP bedank
Fikile Mbalula, voormalige minister van polisie, het as ANC-LP bedank.
Geliefde sakeman sterf in fratsongeluk
“My pa was een van die beste mense wat ek ooit geken het.”
Listeriose: Nog sterftes aangemeld
Talle van die slagoffers was baba’s en jong kinders.
Familielid kom op vrou se liggaam af
Die 59-jarige vrou van Upington het alleen gewoon.
Wes-Kaap: ‘DA het waterkrisis geskep’
ʼn NVP-LP het die DA- munisipale regering daarvan beskuldig dat hy deelneem aan die apartheidsregering se pogings om te verseker dat water altyd aan die rykes beskikbaar was.
Ouerbetrokkenheid kan ʼn skool se sukses bepaal
“Ons hoor soveel klagtes van ouers wat nie kans sien om hul kinders na die skool in hul onmiddellike omgewing te stuur nie omdat gehalte-onderrig nie beskikbaar is nie. Openbare skole behoort egter aan skoolgemeenskappe en daarom moet ouers en rolspelers dus ingryp indien die skool in hul omgewing nie na wense presteer nie.”
Saica kap terug ná Malema se bewerings
Die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (Saica) het bewerings deur die EFF dat die instituut gekaap is ontken en gesê hy het die R1,2 miljoen-donasie wat hy ontvang het van Trillian Capital Partners, ʼn maatskappy wat bande met die omstrede Gupta-familie het, terugbetaal.
Moordenaar-verkragter sit lank ná skrikbewind
In ʼn ander geval het hy ʼn vrou verkrag terwyl haar sesjarige dogter langs haar gelê het.
Listeriose: Minister wil slagoffers in regstappe bystaan
LP’s het Donderdag vurig gereageer op lede van die DA se uitsprake en hulle daarvan beskuldig dat hulle maatskappye wat deur wit mense besit word wil beskerm.
Vrystaat-munisipaliteite: Jongste oor kragonderbrekings
Eskom het ʼn ooreenkoms aangegaan met een van die Vrystaatse munisipaliteite wat sedert verlede maand onder kragonderbrekings gebuk gaan.
Twee lyke in rivier naby Piet Retief gekry
“Die polisie het die liggaam van ʼn man met ʼn tou om sy nek sowel as die naakte liggaam van ʼn vrou uit die water gehaal.”
‘MRK versuim om teen Julius Malema-haatspraak op te tree’
“Veral rondom die uiters sensitiewe grondkwessie maak Malema gereeld in parlementêre debatte die uitlating dat wittes swartes vermoor, en hul grond gesteel het.”
Pasgebore baba in asblik gevind
“Hy was in ʼn kritieke toestand en sy liggaamstemperatuur was baie laag.”
Meerderheid kiesers optimisties oor Ramaphosa
Die meerderheid van Suid-Afrikaanse kiesers glo die land sal floreer onder die nuwe president Cyril Ramaphosa, aldus ‘n meningsopname.
Vrywillige bekendmaking haal R3,3 miljard-teiken
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Donderdag gesê hy het, deur sy vrywillige bekendmakingsprogram met belastingbetalers wat meer as R3,3 miljard skuld, betalingsooreenkomste aangegaan.
Grayston-brug: Nuwe inspekteur vir ondersoek
‘n Nuwe toesighoudende inspekteur is aangestel vir die ondersoek oor die ineenstorting van die Grayston- voetganger en fietsrybrug in Oktober 2015.
Valke ondersoek moord op voormalige Kaapstad-raadslid
Die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) in Kaapstad, het ʼn beroep op die publiek gedoen vir enige inligting in verband met die moord op Depoutche Elese, ʼn voormalige ANC-wyksraadslid.
Mahumapelo verwelkom Valke-klopjag by sy kantoor
Supra Mahumapelo, premier van Noordwes, het Donderdag ʼn klopjag deur die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) by sy kantoor verwelkom.