“Toe hulle besef iemand het hulle gesien, het hulle omgedraai, die oorledene opgetel en hom agter op die bakkie gelaai. Hulle het ook die ooggetuie gekonfronteer en hom gevra of hy gesien het wat gebeur het.”
Hofstryd kom oor sportkwotas
“Dit is skreiend dat die ANC sulke strawwe rassekwotas afdwing. Dit is egter nie verrassend nie. Vir die ANC is plaaslike rassewetgewing en internasionale ooreenkomste maar net lippetaal.”
‘Sluipmoorde’-saak: ‘Geen bewyse van beplande staatsgreep’
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Dinsdag gesê daar is geen bewyse dat die man wat daarvan beskuldig word dat hy beplan het om verskeie regeringsbeamptes en ander prominente Suid-Afrikaners te vermoor, deel was van ʼn beplande staatsgreep nie.
Vier sterf in gru-botsings
Die provinsiale polisiewoordvoerder het gesê ʼn saak van strafbare manslag word ondersoek.
Coligny-moordsaak: Twee vra borgtog
Pieter Doorewaard en Phillip Schutte, die twee mans wat beskuldig word van die moord op ʼn 16-jarige seun, se aansoek om borgtog is vandag in die Coligny-landdroshof aangehoor.
Parys-boere: Nuwe hofaansoek gebring
Die ses beskuldigdes in die opspraakwekkende Parys-moordsaak het Dinsdag op die eerste dag van die verhoor net vlugtig in die hof verskyn.
Polisiebeampte sedert Sondag vermis
Die polisie in die Oos-Kaap ondersoek die verdwyning van ʼn polisiebeampte.
Beraders na hoërskool gestuur waar Pta-juffrou sterf
Die Gautengse departement van onderwys het ʼn span beraders na die Pretoriase hoërskool gestuur waar ʼn 60-jarige onderwyseres Dinsdag ineengestort en gesterf het.
‘‘Isidingo’ word misbruik om anti-wit rassisme te bevorder’
Die burgerregte-organisasie AfriForum het Dinsdag sy kommer uitgespreek oor die openbare reaksie wat gevolg het op ʼn onlangse episode van Isidingo op SABC3 waarin wit-op-swart rassisme uitgebeeld is.
[Foto’s] 1 dood, 1 gewond en 2 vas ná gewapende roof
ʼn Sekuriteitswag van ʼn private sekuriteitsmaatskappy het eiehandig een verdagte doodgeskiet, een gewond en twee in hegtenis geneem nadat hy toevallig ʼn gewapende roof by ʼn restaurant gesien het toe hy op pad was na ʼn kliënt.
Afrikaanse skrywer sê hoekom hy selfmoord pleeg
In ʼn verklaring wat Karel Schoeman, die Afrikaanse skrywer van Bloemfontein wat Dinsdagoggend sy eie lewe geneem het, aan sy prokureur gestuur het, skryf hy onder meer oor die rede agter sy besluit en ook hóé hy sy eie lewe wil neem.
Gauteng-aansoeke verloop glad
Volgens die Gautengse departement van onderwys is 32 000 graad 1- en graad 8-leerlinge al Dinsdag suksesvol via aanlyn aansoeke ingeskryf.
Pta-onnie stort voor klas ineen, sterf
ʼn Onderwyser aan ʼn Pretoriase hoërskool het Dinsdagoggend voor leerders in ʼn klaskamer ineengestort en gesterf.
13 in Wes-Kaap huis geskiet, 3 dood
“Die voorval is inderdaad vreemd. Die polisie is besig om alle moontlikhede te ondersoek.”
Geliefde Afrikaanse skrywer pleeg glo selfmoord
Volgens sy prokureur het hy ʼn tyd gelede ʼn verklaring van die skrywer ontvang waarin hy vertroulik bekendgemaak het hy wil selfmoord pleeg. Hy het glo die moontlikheid van “verhongering” oorweeg, maar “ʼn sin in die verklaring blyk dat hy ʼn ander uitweg gevind het”.
[Foto’s] Elf dragtige koeie opgekap
“Van die koeie wie se kele nie afgesny is nie en wat lewend opgekap is, se tonge was middeldeur gebyt. Hierdie koeie is mak, as jy nou naby hulle kom skrik hulle vir jou; ons het ʼn hele span mense nodig om hulle in die kraal in te jaag.”
Vyfde eksminister bedank
Rejoice Mabudafhasi, voormalige adjunkminister van kuns en kultuur, het ook as ANC-LP bedank.
Vyf vas wat kluis in kerk wou opblaas
Die verdagtes was onder die indruk dat daar kontant en Krugerrande in dié kluis was.
Parys-boere: Verhoor begin
Die verhoor van die ses mans wat aangekla word van die moorde op twee vermeende plaasaanvallers sal vandag in die hooggeregshof in Parys in die Vrystaat begin.
Spoedvrate jaag oor ‘laat’-redes
Vyf spoedvrate is Maandag deur die Ekurhuleni-metropolisie aan die Oos-Rand aangekeer nadat hulle in digte mis die spoedgrens op ʼn snelweg oorskry het.