“Moenie toelaat dat die leuen aanhou om die rigting te bepaal nie.”
Herrie oor Nazi-plakkate by US
ʼn Storm het op sosiale media losgebars oor plakkate wat ontwerp is om soos historiese Nazi-propogandaplakkate te lyk, wat op die kampus van die Universiteit Stellenbosch (US) opgeplak is.
Masels: Inentingsveldtog van stapel gestuur
Dit volg ná daar 17 bevestigde gevalle in Gauteng voorgekom het.
12 vas wat verdagtes glo help ontsnap
ʼn Dramatiese toneel het hom Dinsdag voor die landdroshof in Barberton, Mpumalanga, afgespeel toe ʼn groep mense ʼn polisievangwa omgegooi en ses verdagtes help ontsnap het.
Limpopo-ongeluk: Leerlingonnie ‘was sonskynmens’
“Lenisè was ʼn sonskynmens wat haar lewe voluit geleef het. Daar was nie een mens met wie sy te doen gekry het in wie se hart sy nie voetspore agtergelaat het nie.”
Staking dreig by Tuks
“Indien hierdie kwessies nie binne die volgende paar dae opgelos word nie, sal werkers geen ander keuse hê as om op ʼn volskaalse staking te gaan nie.”
Plaaswerker gevonnis vir meisie (9) se verkragting
Die landdros het gesê sy sidder om te dink wat die dogtertjie moes deurgaan toe hy haar verkrag het. Sy het gesê gemeenskappe is “siek en sat” vir geweld teen vroue en kinders en verwag van die hof om oortreders op gepaste wyse te straf.
Homo naledi se ouderdom bekend gemaak
Wetenskaplikes het Dinsdag bekend gemaak die nuwe fossielvonds, Homo naledi, het saam met vroeë bewoners van Afrika, die Homo sapiens – wat die direkte voorouers van die moderne mens is, gewoon.
Nuwe regulasie vir bakkies
Nuwe verkeersregulasie vir bakkies tree Donderdag in werking.
‘Eerste oorwinning in stryd teen sportkwotas’
Thulas Nxesi, die nuutverkose minister van sport, het vandag aangekondig dat die verbod wat op sportfederasies (SA Rugby, Krieket SA en Netbal SA) gelê is om internasionale toernooie aan te bied weens die feit dat hulle nie voldoende transformeer nie, opgehef is.
Massaklag teen rassisme by MRK ingedien
Die klag, wat deel vorm van die #StopRassisme-veldtog, fokus op die MRK se eensydige hantering van rassisme in Suid-Afrika.
Spanning in Coligny: Snelweg versper
Die Noordwes-polisie moes Dinsdagmiddag van traangas gebruik maak om betogers uit mekaar te dryf wat die N14-snelweg versper het.
Vier ontsnapte Kruger-leeus weer gevang
Vier van die vyf jong leeumannetjies wat vermoedelik uit die Krugerwildtuin ontsnap het, is Dinsdagmiddag weer gevang.
Bejaarde (83) waarsku ander ná 2 rooftogte in 2 dae
“Ek het albei kere om hulp geskree, en daar was talle mense, maar niemand het op my krete gereageer nie. Niemand het ná die tweede rooftog eens kom hoor of ek oukei is nie.”
SA’ner vas wat Everest sonder permit klim
“By die basiskamp is ek so erg geteister dat ek eerlikwaar gedink het ek gaan net daar gestenig word. Ek oordryf nie eens nie. Ek is soos ʼn moordenaar behandel.”
[Foto’s] Oorsaak van haaie se dood bekend
Drie witdoodhaaie het die afgelope week onder verdagte omstandighede aan die kus in die Wes-Kaap uitgespoel. Al drie haaie se lewers was weg.
Akteur wat Jaguar glo dronkbestuur, verskyn in hof
Die akteur en radiopersoonlikheid wat oor die naweek in Pretoria in hegtenis geneem is nadat hy glo onder die invloed van alkohol bestuur het, het Dinsdag in dié stad se landdroshof verskyn.
Afrikaanse sangeres ‘ontsteld, ontsenu’ ná misdaadvoorval
“Hy kon haar geskiet het, so dit kon erger gewees het. Ons is dankbaar dat sy nog vir ons en die kinders hier kan wees.”
Baba-ontvoeringsdrama: Ma, minnaar terug in hof
ʼn Volskaalse soektog is op 10 Maart na baba Siwaphiwe van stapel gestuur nadat haar ma se motor, met haar daarin, as “gekaap” aangemeld is. Haar ma het beweer sy en haar agtjarige seun is tydens die kaping uit die voertuig gegooi, waarna die kapers met die baba weggejaag het.
Kapers gefnuik, gemeenskap loof bouers
“Dit is voorwaar lekker om te sien hoe Suid-Afrikaners teen misdaad kan saamstaan – julle is ware kampioene.”