Soos water reining, reinig die bloed van die Seun ons van alle ongeregtigheid.
Luister in 3 minute: Reserwebank se leningskema skop af
In vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen, ʼn ontleder by Sakeliga, die afskop van die Reserwebank se leningskema, die druk wat toeneem om die inperking te verlig en Sakeliga se litigasie teen onregmatige toepassing van permitte wat ʼn volgende fase betree.
Podlitiek: Gareth praat hard, kleredragreëls benard en Obamagate-ondersoek op pad
In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor Gareth Cliff se harde woorde, die regering se pedantiese reëls oor kleredrag en ‘Obamagate’.
Luister: Griekwagebed – Psalm 42
Luister: Psalm 42, ‘n Griekwagebed, voorgelees deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Innie Skylte vannie Jirre” geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.
ToekomsVenster: Jesaja vertel van Jesus wat soos ’n takkie uitspruit
Bome herinner aan die genade van God. Dit herinner aan die vrug wat ʼn gewortelde bestaan lewer. Dit herinner aan die vrede wat by God gevind kan word. Dit herinner in die besonder aan die prys wat die Seun van God betaal het sodat ons kan lewe.
Wolkskool op radio: Hulpbronne vir Afrikaans as vak
Jana Terblanche is hoof van GeRAT, die Afrikaansvakvereniging van die SOS, en sy gaan vanmiddag kinders, ouers en onderwysers op die belangrikheid en beskikbaarheid van Afrikaanse hulpbronne wys. Om dit maklik te maak en in 15 minute oor te dra, gebruik sy die akroniem BRON om hierdie konsep te verduidelik.
Boekvoorlesing: Oopmond
Vir die volgende drie minute kan jy jou skoolwerk opsyskuif en na ʼn voorlesing van “Oopmond” luister. Dié jeugroman deur Jan Vermeulen was in 2017 die wenner van Lapa Uitgewers se jeugromankompetisie.
Luister: Griekwagebed – Die Jirre spannie jimmel
Luister: ‘n Griekwagebed, “Die Jirre spannie jimmel”, Voorgelees deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Karos orie dyne” geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.
Wolkskool op die radio: Hoekom wetenskap?
Watter vakke sluit wetenskap in en wat maak dit spesifiek besonders? Volgens Celeste Labuschagne, ʼn Wolkskool-dosent, is natuurwetenskappe, lewens- en fisiese wetenskappe die een vak wat jou kinders besonder nader aan die skepping bring – van ʼn mikroskopiese vlak tot by die hemelruim.
ToekomsVenster: Simbole wat aan God herinner
Die ganse werklikheid verkondig dat God bestaan en dat Hy oor alles troon.
Luister: Wiele2Wiele gesels oor Lamborghini se virtuele bekendstelling
Hierdie week sien die span van Wiele2Wiele die nuwe Huracán Evo RWD Spyder in hul eie motorhuis nadat Lamborghini die voertuig virtueel deur middel van verhoogde realiteit (augmented reality) bekend gestel het.
ToekomsVenster: Simbole van genade
Mag die Here ons nuut bewus maak van hoe groot sy genade is.
Wolkskool op die radio: Waar kom wiskunde vandaan?
Johan Koekemoer, hoof van die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers, bespreek die debat tussen Sokrates en Plato rondom die vraag: Word wiskunde geskep of ontdek.
Boekvoorlesing: Storie met ’n angel
In “Storie met ʼn angel” het oom Willempie Donskop al sy dae met ʼn spul lastige muskiete. Boonop word hy die volgende oggend in ʼn ander wêreld wakker. Luister hier na Johny Klein se aanbieding van Thomas Deacon se kortverhaal.
Boekvoorlesing: Vroue van die Bybel 2
“Kyk op, kyk rond en besef dat hierdie lewe nie net oor jou en jou eie behoeftes gaan nie,” sê Esté Geldenhuys, skrywer van “Vroue van die Bybel 2”. Luister hier ʼn spesiale voorlesing en Moedersdag-boodskap.
Luister: Griekwagebed – Die jammerhartige skeerder
Kom luister saam na ‘n Griekwagebed, voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Karos orie dyne” geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.
ToekomsVenster: ’n Geel vlag vir hulp
Reik vandag uit.
Boekvoorlesing: Luistervink
Met “Luistervink” maak Madré Marais haar debuut as kortverhaalskrywer. Luister hier na ’n voorlesing van “Soengroet”.
Luister: Griekwagebed – Pryslied
“Vedag prysag ekkie Jirre hie in my siel,
my hart dans van blygeit hom eige riel!”
Kom luister saam na ‘n pryslied van Maria, voorgelees deur Veronica Geldenhuys.
ToekomsVenster: Rompslomp
Rompslomp maak dat ʼn mens nie aan die gang kan kom met dit wat regtig van belang is nie. Die vraag is in watter mate ons eie persoonlike rompslomp ons verhinder om God se bedoeling met ons lewens te bereik.