ʼn Hele aantal van Suid-Afrika se vernaamste aanspraakmakers op medaljes by die Wêreldkampioenskappe wat Vrydagaand (20:00 SA tyd) in Londen begin, sal op die eerste dag reeds in uitdunne of kwalifiserende rondes betrokke wees.
Wayde en Caster draf Monaco-rekords kaf
ʼn Mens aanvaar dit feitlik as vanselfsprekend, maar Suid-Afrika se twee goue medaljewenners by verlede jaar se Olimpiese Spele, Wayde van Niekerk en Caster Semenya, lyk werklik onoorwinlik.
Vrou ryg medaljes in ná ma nier skenk
Suretha Campher (30) vertel sy het ses jaar gelede by die dood omgedraai toe sy, danksy haar ma, ʼn noodnieroorplanting kon kry. Nou het sy die medaljes behoorlik ingeryg tydens haar deelname aan vanjaar se World Transplant Games in Spanje.
Wayde draf SA 200 m-rekord in Jamaika kis
Wayde van Niekerk, Suid-Afrika se wêreldrekordhouer in die 400 m, het Saterdag die Suid-Afrikaanse 200 m-rekord by ʼn byeenkoms in Jamaika verbeter.
Luvo Mayonga skitter in Diamantliga, spring al hoe nader aan die SA rekord
Suid-Afrika se drie verspringers het Saterdag in die IAAF se diamantliga-byeenkoms in Sjanghai uitgeblink en Luvo Mayonga het die Diamantliga-rekord laat spat.
Twee van SA hardloop goud los in Diamantliga
Twee Suid-Afrikaanse atlete het Vrydag in Doha goud by die IAAF se eerste Diamant-ligabyeenkoms van die 2017-seisoen losgehardloop.
SA atlete spring, hardloop die wêreld aan die brand
Die fokus-items by die Senior Atletiekkampioenskappe die afgelope naweek in Potchefstroom voor ʼn volgepakte stadion het nie teleurgestel nie.
Aandag op SA se atletiekblitse by nasionale kampioenskappe
Die aandag sal die naweek by die senior Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskappe in Potchefstroom op die mans-naellopers gefokus wees.
Groentjie en ‘veteraan’ wen Twee Oseane-titels
Die Twee Oseane-ultramarathon se vernaamste titels is Saterdag deur ʼn groentjie en ʼn veteraan van 38 gewen.
Strawwe teenstand na Twee Oseane se wenstreep verwag
Nadat die onlangse Kaapstadse fietswedren weens ʼn stormsterk wind afgelas moes word, word daar ideale weer verwag vir sekerlik die mooiste ultra-padwedloop ter wêreld, die Twee Oseane, wat vroeg Saterdagoggend in Hoofstraat by Nuweland begin.
Wayde kry nou tóg sy kans om twee goues te wen
Die goue seun van Suid-Afrikaanse atletiek, Wayde van Niekerk, gaan wel sy kans kry om later vanjaar by die Wêreldkampioenskap in Londen ʼn goue medalje in die 200 m én die 400 m te wen.
Caster op randjie van Olimpiese rekord vir SA atleet
Caster Semenya, Suid-Afrika se goue medalje-wenner in die 800 m in Rio de Janeiro, kan binnekort ʼn nuwe ‘rekord’ as Suid-Afrikaanse Olimpiese medaljewenner agter haar naam skryf.
Nuwe elite-reeks om SA atlete met voorbereiding te help
Atletiek Suid-Afrika het bevestig dat ʼn nuwe elite-atletiekreeks van vier byeenkomste oor vier opeenvolgende naweke vanjaar sal plaasvind.
IAAF-atlete van die jaar aangewys
Die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) het Vrydagaand tydens ʼn gala-geleentheid by Monte Carlo in Monaco dit topatlete van 2016 aangewys.
Nuwe SA-rekord vir 100 km-wêreldkampioenskap
Die Suid-Afrikaanse langafstandatleet Bongumusa Mthembu het die afgelope naweek ʼn nuwe nasionale rekord by die 100 km-wêreldkampioenskap in Spanje opgestel.
SA atletiek en atlete beur sterk boontoe
Suid-Afrika se atletiek het vanjaar ʼn oplewing getoon wat verder strek as die medaljes wat die atlete op die Olimpiese Spele losgeslaan en het vir die land ʼn skitterende vyfde plek op die medaljelys vir atletiek besorg.
Drie silwer medaljes SA se skrale junior-oes
Die Suid-Afrikaanse atlete by die IAAF se o.20-Wêreldkampioenskappe in Bydgoszcz, Pole, het vanjaar net drie silwer medaljes gewen.
Van Niekerk dra landsvlag by Spele se openingseremonie
Suid-Afrika se wêreldkampioen in die 400 m, Wayde van Niekerk, is aangewys as die vlagdraer vir die Suid-Afrikaanse Olimpiese span tydens vanjaar se openingseremonie by die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro.
SA-atlete skitter op Afrika-kampioenskap
Die Afrika-kampioenskap wat Sondag op die Kingspark-baan in Durban ten einde geloop het, was ʼn triomf vir Suid-Afrika en sy atlete.
Geen droom té groot vir blinde atleet
Louzanne Coetzee, ʼn siggestremde M-student aan die Universiteit van die Vrystaat en oudhoofmeisie van die Pionierskool in Worcester, is vasbeslote om haar internasionale atletiekdrome te bewaarheid nadat sy verskeie internasionale kompetisies gewen en tien top-plekke behaal het.