Adane Gebre is die wenner van die Kaapstad-marathon nadat hy in die pylvak net te sterk vir Suid-Afrika se Stephen Mokoka was.
Kyk: SA vrou breek langafstandrekord
ʼn Langafstandatleet van Kaapstad het die eerste Suid-Afrikaanse vrou geword om een van die uitmergelendste wedlope ter wêreld te wen.
Soet en suur van Wêreldatletiekbyeenkoms
Vir die derde agtereenvolgende Wêreldbyeenkoms kon Suid-Afrika se atlete geen medalje wen nie – niks in 2019 in Doha nie en ook geen medaljes verlede jaar in Eugene, Oregon, nie.
Vlieënde Hollander: Bol se briljante eindpoging
Femke Bol het ʼn agterstand van amper 20 m uitgewis om die goue medalje vir Nederland se 4 x 400 m-aflosspan in te oes.
Aflos-blaps: Laat ons meer saamoefen, pleit Akani
Die Suid-Afrikaanse 4 x 100 m-span het Saterdagaand die aflosstokkie in die eindronde van dié item in Boedapest laat val.
Aflosspan laat medaljevlam nog brand
Suid-Afrika se 4 x 100 m-mansaflosspan sal vanaand om 21:40 in die eindronde van die item by die Wêreldkampioenskap in Boedapest aantree.
Wayde teleurgesteld ná sukkelvertoning
Wayde van Niekerk kon nie op sy goeie vertonings in aanloop tot die Wêreldkampioenskap voortbou nie en hy het Donderdag sewende in die eindronde van die 400 m-item in Boedapest geëindig.
Warrelwind-Warholm wen weer
Noorweë se Karsten Warholm het die eerste 400 m-hekkiesatleet geword om drie keer met die Wêreldkampioenskap-louere weg te stap.
Dit was broekskeur, maar Wayde veg voort
“Ek is nog deel van die aksie, maar sal geestelik en fisiek gereed moet wees sodat ek in die eindronde op alle suiers kan vuur.”
Wayde wil weer spiere bult
Sewe jaar nadat hy die 400 m-wêreldrekord na ʼn blitsige 43.03 sekondes verbeter het, wil Wayde van Niekerk wys dat hy steeds ʼn atletiekkrag is om mee rekening te hou.
Goud bruis in dié Parkie se are
“As ek eendag na my loopbaan terugkyk, wil ek trots wees daarop en met ʼn glimlag vir my hemelse Vader bedank.”
Pyn vir Akani, vreugde vir Wade
Die tweede dag van die Wêreldatletiekkampioenskap wat in Boedapest, Hongarye, gehou word, was weer met ʼn hele paar goue drade verweef, maar daar was ook verskeie hartseer verhale van blydskap en pyn.
Atletiek: Simbine vat vlam in Boedapest
Die Wêreldkampioenskap is nie ʼn plek vir sissies nie, want Simbine neem reeds Sondag (16:35) aan die halfeindronde van die 100 meter deel.
Hardloop is Adele Broodryk se energie-inspuiting
“Moet nooit opgee op jou drome nie; al raak jy beseer, al klim jy nie in posisie soos jy graag sou wou nie. Hou vas aan jou drome.”
Wát ʼn belewenis om in die Kruger te draf!
“Hie! Eina!” brul ek terwyl ek na die kramp in my regterbeen gryp. Die volgende oomblik wil ʼn mede-drawwer by my weet presies waar die “hiëna” is wat ek kwansuis gewaar het.
Goue Affie laat gewigstootrekord spat
Die 16-jarige Hencu Lamberts het met sy toppoging van 20,17 m die Statebond-rekord in Trinidad en Tobago verbeter.
Comrades sê jammer ná afsnytyd-konsternasie
“Die Comrades-vereniging wil kategories en onvoorwaardelik om verskoning vra aan die drawwers wat deur die afsnytye by Pinetown [68,86 km] en Sherwood [81,31 km] beïnvloed is.”
Kyk: Wayde se blitslopie in Pole
“Dit was my vinnigste poging van die afgelope sewe jaar en dié tyd wys dat 43 sekondes moontlik is.”
Para-atletiek: Só vaar span SA in Parys
Lig hoog die hoede vir die deursettingsvermoë en wilskrag van enige para-atleet, al is die medalje-oes maar skraal.
Nog medalje-hoop vir SA in Parys
Drie Suid-Afrikaners is vandag in aksie by die Wêreld-Para-Atletiekkampioenskap in Parys.