Jean Kleyn, wat in 2019 vyf toetse vir Ierland gespeel het, kan danksy ʼn verandering in regulasies deur Wêreldrugby vanjaar die Springbokke verteenwoordig.
Wimbledon: Djokovic, Swiatek wen; klimaataktiviste slaan toe
Novak Djokovic en Iga Swiatek het Woensdag hul Wimbledon-veldtogte suksesvol voortgesit terwyl klimaatbetogers en reën vertragings by die All England Club veroorsaak het.
SA se vrouesokkerspan op pad na NS ná geslagsloondispuut
Suid-Afrika se 2023-Vrouewêreldbeker-groep sal Woensdag na Nieu-Seeland reis nadat ’n dispuut oor geslagsloongapings met die nasionale vereniging opgelos is.
Ox lank op kantlyn
Steven Kitshoff sal Saterdag Nche se plek in die voorry saam met Frans Malherbe en Bongi Mbonambi inneem.
Verkorte Rugbykampioenskap skop af met Wêreldbeker wat wink
Spanne van die Suidelike Halfrond sal nou hul wedstrydplanne wil verfyn voor die Wêreldbeker-skouspel wat in September in Frankryk begin.
Kolisi (besering en al) lei Bokke se vooraf-span na Nieu-Seeland
Dié wedstryd in Auckland gaan ʼn groot invloed op die rugbykampioenskap hê met die Suidelike Halfrond-toernooi wat vanjaar tot een ronde verminder is weens die Wêreldbeker-toernooi in Frankryk.
Wimbledon: Alcaraz, Rybakina seëvier
Die wêreld se no. 1-tennisspeler, Carlos Alcaraz, en die verdedigende vrouekampioen, Elena Rybakina, het hul eerste Wimbledon-wedstryde gewen terwyl reën groot ontwrigting veroorsaak het.
Junior Bokke veg terug vir plek in halfeindronde
Die Junior Springbokke het hul plek in die halfeindronde van die o. 20-Wêreldtoernooi verseker nadat hulle ʼn puik tweede helfte-vertoning gelewer het om Argentinië te klop.
Le Roux, Van der Merwe sluit by Bulle aan
“Ons sal beslis baat by ʼn speler met meer as 83 wedstryde vir die nasionale span agter sy naam.”
Kommer oor Nche se fiksheid
Nche se gereedheid vir Saterdag se openingswedstryd teen Australië is in die weegskaal nadat hy ʼn borsbesering opgedoen het.
Só lyk nuwe Bok-truie
Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het Dinsdag die Bokke se nuwe herbedinkte hooftrui, asook die gewaagde alternatiewe trui bekend gemaak.
Vermeulen voorbok in Wallaby-stryd
Die voormalige Ierse internasionale slot Jean Kleyn sal die eerste keer vir die Bokke uitdraf terwyl losskakel Manie Libbok en die losvoorspeler Marco van Staden ook in die beginspan is.
Djokovic op koers wyl Gauff, Williams struikel
Carlos Alcaraz begin Dinsdag met sy veldtog vir ’n eerste Wimbledon-titel.
Marioné skryf SA rekord agter haar naam
Intussen het Suid-Afrikaanse atlete ook geskitter by die afgelope naweek se Diamantliga-reeks in Swede.
Spesiale huldeblyk vir Federer by Wimbledon
Die agtmalige Wimbledon-kampioen sal die geleentheid kry om te besin oor sommige van sy grootste mylpale en oorwinnings nadat hy in September sy uittrede aangekondig het.
Kuitspierbesering boender Lyon uit reeks om die As
“In dié stadium lyk dit nie baie goed nie. Dis ʼn beduidende skeur aan die kuitspier en sal die einde van sy deelname aan die reeks beteken.”
Wimbledon: Kyrgios onttrek; Djokovic begin sy opmars
Djokovic kraai sedert 2018 koning op Wimbledon en het in die afgelope tien jaar nog nie op die hoofbaan verloor sedert hy in die eindstryd teen Andy Murray vasgeval het nie.
Smith terug in Junior Bok-beginspan vir Argentinië-wedstryd
Die losskakel Jean Smith, die Junior Springbokke se voorste puntemaker in die o. 20-Wêreldtoernooi, is terug in die beginspan vir Dinsdag se wedstryd teen Argentinië in die Athlone-stadion in Kaapstad.
Gholf: Langer oud, maar baie ver van koud
Die 65-jarige Bernhard Langer van Wes-Duitsland het die gholfrekordboeke Sondagaand by SentryWorld in Wisconson herskryf toe hy die oudste speler geword het wat die Amerikaanse Ope vir seniors kon wen, maar hy sê hy is nog lank nie klaar nie.
SA se WB-vrouesokkerspan weier om in opwarming te speel
Banyana Banyana, Suid-Afrika se nasionale vrouesokkerspan, het Sondag geweier om ʼn Wêreldbeker-opwarmingwedstryd teen Botswana te speel en het talle eise in die aanloop tot die Wêreldbeker-toernooi in Australië en Nieu-Seeland.