Die gewilde fantasie-dramareeks, Game of Thrones, het vanjaar die rekords laat spat met die meeste Emmys nóg vir ʼn fantasie-dramareeks.
Gewilde sangeres slaan rol in geliefde sepie los
“Sy speel die rol so fantasties, ons kon regtig nie iemand beter gekry het om die karakter te vertolk nie,” het Rosa-Marie Erasmus, 7de Laan se woordvoerder, oor die sangeres se karakter gesê.
Pretoria FM sprei vlerke na Namibië
Pretoria FM bereik binnekort ʼn volgende mylpaal wanneer uitsendings van hierdie Afrikaanse radiostasie via DStv se oudio-platform herlei word na Namibië.
Nuwe seisoen vir ‘Republiek van Zoid Afrika’ om die draai
Die vierde seisoen van die gewilde kykNET-geselsprogram, Republiek van Zoid Afrika, is van 11 Oktober in ʼn nuwe tydgleuf op die kassie te sien.
‘Boer soek ʼn vrou’-deelnemer sterf tragies
Johan van Zyl, ‘n bees-en-wildboer van Mokopane in Limpopo, wat in 2011 aan die vierde seisoen van kykNET se werklikheidsreeks Boer soek ’n vrou deelgeneem het, is die naweek ná ’n motorongeluk oorlede.
15 minute saam met M-Net se uitvoerende hoof
Yolisa Phahle (50), die vrou wat in 2014 as uitvoerende hoof van M-Net Suid-Afrika aangestel is, het vanjaar se Silwerskermfees in Kampsbaai bygewoon. Maroela Media het die geleentheid gekry om met dié indrukwekkende vrou oor haar werk en lewe te gesels.
Nóg ʼn gewilde program keer terug na die SAUK
Die nuus volg ná ʼn aankondiging in Augustus dat die Amerikaanse sepie, Days of our Lives, ook na die kassie terugkeer.
Waldo van der Waal van ‘La’t wiel’ praat motors
Ek het op ʼn keer op die Wonderboom-lugmagbasis se aanloopbaan so skuins oorkant 320 km/h met ʼn Ferrari F50 gehaal.
Video: ‘Boer soek ʼn vrou’ nou op ShowMax
Die gewilde TV-werklikheidsreeks Boer soek ʼn vrou se negende seisoen is om die draai met die skoonheid Minki van der Westhuizen as aanbieder, maar die aanlyn-televisiediens ShowMax het dit nou vir laatslapers moontlik gemaak om seisoen 7 én 8 te sien sonder die beslommernis van televisie-tydskedules.
Video: Kokkedoor se kind Kokkedoortjie
Hulle is skaars hoër as ‘n stoof, maar dosyne voornemende jong sjefs het behoorlik die kombuis laat stoom. Dit was tydens die oudisies vir kykNET se nuwe realiteitsreeks, Kokkedoortjie.
ShowMax geur Afrikaanse vermaak met braaispeserye
Met ShowMax kan jy al die lekkerste elemente van Suid-Afrika en sy mense beleef sonder om uit jou leunstoel in Australië, Nieu-Seeland of waar jy ook al is, op te staan. Daar is meer as 14 000 episodes van reekse en flieks wat jy kan geniet, ongeag jou smaakvoorkeur.
‘Days of our Lives’ terug, maar…
Days of our Lives sal na verwagting einde Augustus na SABC3 terugkeer, maar dié gewilde Amerikaanse sepie se nuwe tydgleuf het kykers warm onder die kraag.
‘Die wasgoedlyn’: ʼn musiekprogram ‘wat alles wys’
Die wasgoedlyn, ’n splinternuwe musiekprogram op kykNET, is van 11 Augustus op die kassie te sien.
Maties-koor sing Zoid en Van Coke se liedjie
Die Universiteit van Stellenbosch se koor het sosiale media aan die gons met sy weergawe van Karen Zoid en Francois van Coke se liedjie “Toe vind ek jou”.
[Video] Roerende oomblik toe ‘7de Laan’-span Paula groet
Die gewilde sepie 7de Laan, het Donderdagoggend ʼn video op sy amptelike Facebook-blad gedeel waarin mede-akteurs en die produksiespan die aktrise Diaan Lawrenson tydens haar laaste verfilming as hoofkarakter verras het met ʼn afskeidspartytjie.
Emmy-benoemings: ‘Game of Thrones’ kraai koning
Die reeks is al vir 106 Emmy-pryse benoem waarvan hulle 26 gewen het.
kykNET ‘klik’ oor nuwe pretprogram vir alle kinders
Klikkerland, ʼn splinternuwe televisiereeks wat fokus op gehalte, pret en opvoedkundige vermaak, is te sien op kykNET-kanaal 146 van Maandag tot Vrydag om 08:00.
Universiteitskore ding mee in ‘Varsity Sing’
Suid-Afrika se top-universiteitskore gaan van 14 Julie tot 13 Oktober in kykNET se jongste program, Varsity Sing, meeding vir die kroon as die beste universiteitskoor in SA.
Corli se troukoek span die kroon
Die spanning is eindelik verby! Die kranige entrepreneurbakker Corli Botha, vrou van die oud-rugbyspeler Gary Botha, is Donderdagaand op kykNET se werklikheidsreeks Koekedoor as die tweede wenner van dié gewilde reeks aangewys.
Jong bakkers kan slag wys in ‘Kokkedoortjie’
Kinders tussen nege en 13 met ʼn slag vir bak en brou het nou die geleentheid om in te skryf vir kykNET se jongste werklikheidsreeks, Kokkedoortjie.